BTK Berghut!

Die Berghut ‘n werklikheid!

Na jare se afwagting is die kontrakte vir die bou van die berghut in Junie 2011 onderteken. Na meer as drie jaar se onderhandelinge met trustees van die See Eike Trust en die “Wortelgat Outreach Trust” (WOT) is daar ooreengekom vir die bou van ‘n berghut wat vir beide partye se gebruik sal wees. Read More

Gee die hond wind! Die BTK gaan Weskus toe!

Ja mense, vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd besoek die BTK weer die salige Weskus. ‘n 5 Dag lange stap word September gestap. Daar word kuslangs gestap van die Groenriviersmond tot by die mond van die Soutrivier. Dis nou die ongerepte Weskus suid van Hondeklipbaai en noord van Brand se Baai en Lutzville. Read More

Oranjerivier 2011 verkorte skets

Op Sondag 10 Julie, gans te vroeg om oggend genoem te word, het ‘n klomp deur-die-slaap dog opgewonde studente aan die Universiteit van Stellenbosch die lang pad van Stellenbosch na Raap-en-Skraap (of Haak-en-Steek soos dit later sou heet) kampterrein aan die Oranjerivier aangedurf. Die pad is kort gemaak deur ‘n paar treffers oor die draadloos. Tog moet mens wonder of die stap dan so hard gaan wees aangesien daar redelik gehammer word op die lirieke: “Every day I’m shuffling!” Read More

Oranjerivier Julie 2011

DAG 0 10/07/2011

Die lang Junie-vakansie staan einde se kant toe en dis weer tyd vir vroeg opstaan, maar niemand staan ooit so vroeg op nie selfs nie eers in die kwartaal nie! Dis 4:15 en daar is alreeds lewe by die Neelsie se parkeerterrein. Die manne word opgekommandeerom die bus te laai en kort voor lank suiker die bus vol studente by die Neelsie se parkeerterrein uit oppad Oranjerivier toe. Die eerste been van die rit word in stilte afgehandel terwyl almal vir oulaas laat probeer slaap. Na die son op is is daar egter geen genade nie en dit klink of jy jouself tans in een van Stellenbosch se kuierplekke bevind. Read More

Drakensberge Junie 2011

Dinsdag, 7 Junie

03:30 die oggend kom ongeveer 40 opgewonde, maar tog baie deur die mis, studente bymekaar op die Neelsie se parkeerarea. Bekendes groet mekaar en nuwelinge word voorgestel. Almal vertel watter warm klere hulle het en probeer vasstel of dit genoeg is. Party is minder gepla en praat net oor hulle laaste eksamenvraestel. Ander vergelyk weer die verskillende weervoorspellings wat hulle gehoor het en jy kan nie help om te wonder: Is ons regtig so mal soos wat almal al van die inskrywings af sê? Nee man, ons is braaf en avontuurlustig, ne? Read More