Die groot dag breek toe uiteindelik aan en Vrydag, 12 Julie, vergader ons by die Neelsie. Kort na sesuur die oggend is ons gereed om te vertrek, maar wag, hier kort iemand – Kobus Stoeder natuurlik. Hy moes eers wakker gebel word!
Ons het nog nie behoorlik reggeskuif en ons sit gekry nie toe die voorwiel van die bus besluit hy sien nie kans vir die lang pad wat voorlê nie. Net daar kort duskant die Paarl moes ons toe maar die bus ontruim en buite in die yskoue windjie staan en wag. Daar is die ys sommer ook gebreek en so in die wag het ons mekaar begin leer ken. Met die hulp van die noodtelefoon en Mastertreads is ons toe nege-uur eers weer reg om die tog voort te sit. Read More