Skoonste Kaap September 1983

Die plek: Kaappunt; die tyd: agtuur; “Een …. twee …. drie …. VUUR!” Nee, dis nie een of ander Midde-Afrika vuurpeleton nie, maar die benoude aansporing vir ‘n paar meer brawe manne wat die vraatsige kees van ons eerste oggendbrood probeer verwilder -terwyl die dames veilig en droog (dit was mistig) in die bus sit en toekyk. Dié onwelkome lid van die Beukes-familie is gelukkig voordat ál die broodjies verwoes kon word, verwilder en na “wat die oog nie sien nie ….” is daar tentatief broodjies uitgesoek en kon ons begin opstap na die beroemde Punt van Afrika. Read More

Kougaberge 1983

Die vakansie het al so op sy hurke gaan sit en gereed maak om op sy rug te gaan lê toe ons klompe Brawe Trotseerders van Koue tradisioneel-stiptelik sowat ‘n uur en ‘n half laat uit Stellenbosch vertrek. Oor die wenslikheid van die winter-uitstappie van ons – so reg na al die storms in die Kaap – is heelwat gedebateer en almal van ons is nie ewe vol vertroue hier weg nie. Die winter-sonnetjie het gelukkig besluit om sy kop uit te steek en ek het selfs begin kans sien om my serp te laat agterbly. Read More

George – Knysna Gala 1982

Dat ék met ‘n BTK-aangeleentheid betyds vertrek, sal seker nooit gebeur nie! Ten spyte van vooraf dreigemente soos: “Ons ry; al is die bestuurder nie daar nie”, het ons nog ‘n rustige driekwart uur laat weggekom. Ou toeriste hoef mos nie betyds in te pak nie! (laasgenoemde ‘n skimp op Gustav Sahlertz, as hy dit nog nie besef het nie.) Read More

Wildekustoer Julie 1982

09 – 18 Julie 1982

Vrydag/ Saterdag:
As gevolg van die gebruiklike betroubaarheid van die plaaslike openbare vervoermaatskappy, vertrek die toer in ekstra BTK-tyd vanaf Stellenbosch. Sommige oorywerige eerste toeriste was reeds twaalfuur gestewel en gespoor, reg om te gaan, terwyl Ronél Wiid-nie-hoe-latie-bus-vertrekkie haar gebruiklike wyle na die ander arriveer. Ons vertrek toe darem net twee ure laat. Read More