Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Algemeen

Aandag alle teësinnige ontwerpers

Maandag, April 24th, 2017

Of jy ʼn aspirerende, teësinnige of professionele ontwerper is, soms moet jy `n pamflet, plakkaat, advertensie of vorm van grafika saamflans.

Canva ʼn Australiese maatskappy, is in 2012 begin om gebruikers in staat te stel om maklik grafika te ontwerp, vir watter doel ookal. 

Die gewildheid van die webwerf het vinnig toegeneem en binne die eerste jaar is 750,000 gebruikers registreer. Op die oomblik het Canva meer as 10 miljoen gebruikers in 179 lande en word dit geag as een van die maklikste grafiese ontwerpplatforms tans beskikbaar.

Die grootste uitdaging met grafiese ontwerp, is om die sagteware onder die knie te kry — gewoonlik ʼn tydrowende proses. Sagteware soos Adobe Photoshop is duur en  ingewikkeld. Canva skakel die leerproses uit en verwag nie dat jy ʼn kundige ontwerper moet wees om dit te kan gebruik nie. Hoe kry hulle dit reg?

Eerstens vereenvoudig Canva die ontwerpproses deur ʼn intuïtiewe sleep-en-los proses te gebruik wat dit maklik maak om elemente by te voeg, verwyder of redigeer. Verder is daar 11 template beskikbaar of jy kan jou dokument van nuuts af ontwerp. Dit bied ook 8000 gratis en betaal-uitlegopsies.

Laastens is daar ʼn gratis funksie vir fotoredigering, ʼn kleurpalet-genereerder en ʼn databasis met meer as `n miljoen foto’s, grafika en lettertipes. Van die grafika is slegs beskikbaar in die Premium-pakket en kos $1 per foto, maar jy kan ook maklik jou eie grafika oplaai en gebruik.

Al hierdie bronne kan gebruik word vir beide web- en printmedia ontwerp en grafika. Canva is gratis vir individue, maar bied ook ʼn ‘Team’ opsie teen $12.45/maand.

BRONNE:
www.wikipedia.org
http://www.pcworld.com
https://www.cnet.com
http://socialconceptsconsulting.com
http://sociallysorted.com.au
https://beautifulpixels.com
http://createyourlaptoplife.com
http://executivesecretary.com/canva-a-design-tool-for-the-non-designer/

ServiceNow is gereed vir gebruik

Vrydag, April 21st, 2017

Informasietegnologie (IT) het onlangs ʼn nuwe versoek- en insidentrapporteringstelsel, ServiceNow, implementeer vir US-personeel en -studente.

Die eerste stap was om alle personeel te registreer op die stelsel. Indien jy nog nie registreer het nie, gaan asb. na www.sun.ac.za/infoteg, kliek op die Register for ServiceNow opsie en teken aan. Sodra jy aangeteken het, is jy outomaties registreer.

ServiceNow is nou gereed vir gebruik. Ons wil jou graag aanmoedig om sover moontlik die Self Service opsie te gebruik om jou tyd te bespaar en IT-diens te verbeter. Jy kan Self Service gebruik om:

1. IT-verwante insidente of versoeke te rapporteer,
2. die vordering van jou versoeke na te gaan,
3. kwotasies vir IT hardeware en verwante items en
4. IT-verwante inligting te kry.

FAQS

1. Wie moet registreer vir ServiceNow?
Alle personeel en studente wat van hierdie kragtige hulpmiddel gebruik wil maak.
2. Hoe registreer ek?
Volg hierdie skakel en teken aan met jou US gebruikersnaam en wagwoord.
3. Hoe meld ek ʼn insident aan? Kliek hier.
4. Hoe meld ek ʼn versoek aan? Kliek hier.
5. Hoe volg ek my insidente en versoeke op? Kliek hier.

Indien jy steeds vrae het nadat jy registreer het, kontak asseblief die IT Dienstoonbank by 021 808 4367.

Waar jy ookal swerf, eduroam

Woensdag, April 5th, 2017

eduroam (education roaming) is `n sekure, wêreldwye toegangsbeheerde swerwingsdiens ontwikkel vir die internasionale navorsing- en onderriggemeenskap. 

Gebruikers kan tussen kampusse rondbeweeg en ander deelnemende instellings tuis of oorsee besoek en onmiddellike, veilige netwerktoegang verkry – sonder om te reël vir die gebruik van besoekersrekeninge of addisionele wagwoorde. Die besoekende gebruiker word verifieer met dieselfde inligting (gebruikersnaam en wagwoord) wat  hulle by hulle plaaslike instelling waarby hulle geaffileer is, gebruik.

Besoekers wat registreer is by eduroam sal aan alle WiFi-punte regoor die betrokke kampus kan verbind. 

Meer inligting oor die gebruik en aktivering van eduroam-diens is beskikbaar op ons dienskatalogus. Addisionele inligting is ook beskikbaar op www. eduroam.org en http://eduroam.ac.za.

Registreer vir ServiceNow

Woensdag, April 5th, 2017

Informasietegnologie (IT) implementeer binnekort ServiceNow, ʼn nuwe versoekrapporteringstelsel vir alle US-personeel en -studente. Dis egter nodig dat jy eers ʼn eenvoudige proses volg om te registreer. Gaan na www.sun.ac.za/infoteg en kliek op die Register for ServiceNow opsie.

ServiceNow is ʼn eenstopdiens waar jy kan tred hou met alle IT-verwante versoeke. Met hierdie multifunksionele platform kan ons dienste aan kliënte meer vaartbelyn uitgevoer word en ons ook meer effektief optree.

Binne sekondes kan jy, of iemand namens jou, jou versoek aanlyn plaas. Jy kan versoeke aanteken, IT-dienste aanvra, jou versoekstatus nagaan en ʼn kennisdatabasis raadpleeg. Al hierdie funksies is beskikbaar vanaf enige toestel, enige tyd, met behulp van ʼn webgebaseerde IT selfdiensportaal of Android en iOS toepassings.

Neem kennis dat hierdie slegs die prosedure vir registrasie is. Sodra jy aangeteken het, kan jy weer die webblad toemaak. Ons vra dat jy sal probeer om nog nie versoeke aan te teken nie, aangesien ons eers vir almal ʼn kans wil gee om te registreer voordat ons die stelsel lewendig maak. Wanneer die registrasieproses van gebruikers voltooi is, sal ons jou per e-pos en nuusbrief in kennis stel en kan jy die stelsel begin gebruik.

Vir enige navrae of terugvoer, kontak gerus die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of help@sun.ac.za

(English) Alternative facts, fake news or lies?

Woensdag, Maart 1st, 2017

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.