%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20250528231710+00'00') /ModDate (D:20250528231710+00'00') /Title (Report 05-2025) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 12 0 R 14 0 R 16 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 4504 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 244.736 521.469 501.998 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 245.111 520.719 501.248 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 260.486 m 550.984 260.486 l 550.984 261.236 l 61.016 261.236 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(HOË INTERNETGEBRUIK PROBLEMATIES)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 664.909 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(January 01,1970)] TJ ET BT 173.588 664.909 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 188.096 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 637.420 Td /F4 9.0 Tf [(Die dienstoonbank is die afgelope twee weke oorval met navrae oor hoë internetrekeninge.)] TJ ET BT 61.016 617.431 Td /F4 9.0 Tf [(Tydens een insident is buitengewone hoë internetverkeer by `n personeellid se rekening opgemerk. Met nadere )] TJ ET BT 61.016 606.442 Td /F4 9.0 Tf [(ondersoek het dit geblyk dat iemand gesien het hoe hy sy wagwoord intik en dit daarna gebruik het om onwettig reekse )] TJ ET BT 61.016 595.453 Td /F4 9.0 Tf [(daarmee af te laai. )] TJ ET BT 61.016 575.464 Td /F4 9.0 Tf [(Informasietegnologie kan gebruikers nie beskerm teen gevalle soos hierdie nie. Dit bly uitsluitlik jou verantwoordelikheid )] TJ ET BT 61.016 564.475 Td /F4 9.0 Tf [(om jou wagwoord veilig te hou.)] TJ ET BT 61.016 544.486 Td /F4 9.0 Tf [(Daar is steeds personeel wat hul gebruikersname en wagwoorde met ander deel of dit sigbaar op `n stukkie papier op hul )] TJ ET BT 61.016 533.497 Td /F4 9.0 Tf [(lessenaar tentoonstel.)] TJ ET BT 61.016 513.508 Td /F4 9.0 Tf [(Dis net so belangrik om jou netwerk-wagwoord veilig te hou as jou bankkaart se PIN-nommer en jy sal sekerlik nie jou PIN-)] TJ ET BT 61.016 502.519 Td /F4 9.0 Tf [(nommer vir iemand gee nie?)] TJ ET BT 61.016 482.530 Td /F4 9.0 Tf [(Met jou netwerk-wagwoord kan iemand nie net toegang kry tot jou internet nie, maar ook tot e-posse wat jou bankdetail en )] TJ ET BT 61.016 471.541 Td /F4 9.0 Tf [(persoonlike informasie bevat, sowel as jou menslike hulpbronne inligting - insluitend jou salarisinligting! Die risiko bly )] TJ ET BT 61.016 460.552 Td /F4 9.0 Tf [(dieselfde.)] TJ ET BT 61.016 440.563 Td /F4 9.0 Tf [(Maak seker dat jy `n goeie, sterk wagwoord het. )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 254.597 440.563 Td /F4 9.0 Tf [(Microsoft)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 254.597 439.412 m 291.101 439.412 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 291.101 440.563 Td /F4 9.0 Tf [( het goeie riglyne daarvoor. )] TJ ET BT 61.016 420.574 Td /F4 9.0 Tf [(Bo en behalwe goeie wagwoordpraktyk, moet jy onthou om altyd jou Inetkey toe te maak as jy weg is van jou rekenaar of )] TJ ET BT 61.016 409.585 Td /F4 9.0 Tf [(jou rekenaar te sluit. \(ctrl+alt+del\) As dit oop bly, kan enigiemand dit gebruik en daar is geen manier vir IT om te bepaal )] TJ ET BT 61.016 398.596 Td /F4 9.0 Tf [(wie jou internet gebruik het as jy die een was wat dit ontsluit het met jou wagwoord nie. )] TJ ET BT 61.016 378.607 Td /F4 9.0 Tf [(Gaan gereeld jou internetgebruik na sodat jy nie aan die einde van die maande `n verrassing kry nie. Jou internetbalans )] TJ ET BT 61.016 367.618 Td /F4 9.0 Tf [(verskyn op die Interkey aantekenblokkie en kan ook nagegaan word by )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 346.667 367.618 Td /F4 9.0 Tf [(www.sun.ac.za/useradm.)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 346.667 366.467 m 447.197 366.467 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 347.629 Td /F4 9.0 Tf [(Hou in gedagte dat die spoed van die universiteitnetwerk en jou ADSL-lyn by die huis nie dieselfde is nie. Jy mag dink dat )] TJ ET BT 61.016 336.640 Td /F4 9.0 Tf [(dieselfde hoeveelheid tyd op die US-netwerk jou dieselfde gaan kos as by die huis. Die universiteitnetwerk is baie vinniger )] TJ ET BT 61.016 325.651 Td /F4 9.0 Tf [(en jy gaan meer data vinniger gebruik.)] TJ ET BT 61.016 305.662 Td /F4 9.0 Tf [(As jy `n ongewone toename in jou internetgebruik opmerk, kan jy `n navraag rig aan IT teen die koste van R200-00. )] TJ ET BT 61.016 294.673 Td /F4 9.0 Tf [(Verdere inligting oor internetgebruik op die US-netwerk kan in ons )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 326.129 294.673 Td /F4 9.0 Tf [(dienskatalogus)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 326.129 293.522 m 386.159 293.522 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 386.159 294.673 Td /F4 9.0 Tf [( gekry word.)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 274.684 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Internet | | With 2 comments)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 13 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 254.5967 439.7302 291.1007 448.8877 ] >> endobj 13 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://windows.microsoft.com/en-za/windows-vista/tips-for-creating-a-strong-password) >> endobj 14 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 15 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 346.6667 366.7852 447.1967 375.9427 ] >> endobj 15 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://www.sun.ac.za/useradm.) >> endobj 16 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 17 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 326.1287 293.8402 386.1587 302.9977 ] >> endobj 17 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://www0.sun.ac.za/itservices/help/internet.htm) >> endobj xref 0 18 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000305 00000 n 0000000334 00000 n 0000000472 00000 n 0000000568 00000 n 0000005124 00000 n 0000005236 00000 n 0000005351 00000 n 0000005471 00000 n 0000005579 00000 n 0000005707 00000 n 0000005843 00000 n 0000005971 00000 n 0000006052 00000 n 0000006180 00000 n trailer << /Size 18 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 6282 %%EOF Internet « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Internet

Vaste internetfooi nou ingesluit by netwerktoegang

Maandag, Februarie 8th, 2021

Aan die einde van 2019 het die US Raad saam met die jaarlikse begroting, ook ʼn nuwe internetmodel goedgekeur. Hierdie besluit het gelei tot die uitfasering van Inetkey – die programmatuur wat gebruik is om rekord te hou van internetverbruik en die verhaling van kostes. Alhoewel Inetkey steeds nodig was vir toegang tot die Internet is studente nie meer gedebiteer vir internetverbruik nie. Verhaling van personeel se internetverbruik is ook tydelik opgeskort tydens 2020.

Die konsep van “gratis” internet was egter net van toepassing op studente om te verseker dat hulle toegang het tot die nodige bronne om hulle studies effektief te kan voltooi. Internettoegang vir personeel moet steeds deur die toepaslike departemente en afdelings betaal word. Die Finansies-komitee het besluit op die heffing van ʼn jaarlikse fooi en op R674.00 (R57.83 per maand) vir 2021. 

Vanaf 2021 sal die jaarlikse internetfooi ingesluit word by die netwerkregistrasiefooi wat die heraktivering van gebruikersname insluit. Alle personeel se gebruikersname verval aan die einde van Maart en moet jaarliks aanlyn heraktiveer word. 

Tans is die jaarlikse koste van die ʼn gebruikersnaam op die netwerk as volg:

Internetfooi: R674.00
Netwerk/gebruikersnaam fooi: R287.00

Totaal: R961.00

Neem kennis dat die internetfooi slegs gehef word vir die “primêre gebruikersnaam”. Indien jy meer as een gebruikersnaam aan jou US-nommer gekoppel het, sal die internetfooi slegs eenmaal gehef word. (Byvoorbeeld in die geval van generiese departementele gebruikersname.)

Vir navrae oor die heraktivering van gebruikersname , teken asseblief ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal of raadpleeg die dienskatalogus.

Navrae in verband met die internetfooi kan gerig word aan  Afdeling Finansies. 

Heraktiveer jou gebruikersnaam voor 1 April

Maandag, Februarie 8th, 2021

Alle personeel se netwerktoegang en gebruikersname verval outomaties einde Maart, tensy jy dit heraktiveer.

Om te verseker dat jy ononderbroke toegang tot IT-dienste (byvoorbeeld e-pos, internet, SUN-e-HR) het, stel ons voor dat jy dit so gou as moontlik afhandel. Neem in ag dat die kostepuntbestuurder eers jou aansoek moet goedkeur voordat jou toegang heraktiveer is. Laat dus voldoende tyd toe dat die proses afgehandel kan word sodat jou diens nie onderbreek word nie. 

Jy sal ʼn e-pos van helpinfo@sun.ac.za ontvang wat aandui dat jou gebruikersnaam (“engagement”) gaan verval. Drie waarskuwings word gestuur voor einde Maart. Alternatiewelik kan jy ook  direk na die heraktiveringsblad gaan wanneer jy verkies.

Sodra jy aangeteken is op die heraktiveringsblad, kan jy kies watter dienste jy wil heraktiveer. Bo-aan die bladsy, kry jy die geleentheid om die EKB (Elektroniese Kommunikasiebeleid) te lees. Ons beveel aan dat jy dit eers lees sodat jy jouself kan vereenselwig met die voorwaardes wat verbonde is aan jou netwerkgebruik. 

Kies die dienste waarvoor jy wil heraktiveer:

 

Heraktivering van internet-gebruikersname is nie meer nodig nie en kan geignoreer word.

Maak seker dat die korrekte kostepunt en projek (indien van toepassing) ingevul is.

Kliek Accept and Reactivate.

Die webblad sal aandui dat jou versoek ontvang is en dat jy ʼn e-pos sal kry wanneer dit goedgekeur is. Jy sal ook dadelik ʼn e-pos kry om te bevestig dat jou versoek ontvang is. 

Die useradm webwerf sal aandui dat die aansoek nog goedgekeur moet word deur die kostepuntbestuurder. Sodra dit goedgekeur is, sal die toegang geskuif word na einde Maart volgende jaar.

Indien bogenoemde stappe suksesvol voltooi het en jy nogsteeds e-posse ontvang vanaf helpinfo@sun.ac.za  oor heraktivering, kontak asb. die IT Dienstoonbank by  021 808 4367 of stuur ʼn e-pos aan help@sun.ac.za. Die rede hiervoor mag die status van jou rol by die universiteit wees. 

Internet aftyd weens firewall opgradering

Donderdag, Februarie 4th, 2021

Gedurende die naweek van 19 Februarie word die verouderde firewall wat tot op hede gebruik is vir toegang vanaf kampus na die internet vervang met splinternuwe tegnologie. 

Weens die vervanging van die kampusnetwerk firewall sal die internet vanaf Saterdag, 20 Februarie 2021 om 10:00 tot Sondag, 21 Feb 2021 om 12:00 nie beskikbaar wees nie. Hierdie opgradering vind plaas tydens die geskeduleerde, kwartaalikse onderhoudsnaweek.

Vervolgens sal geen internetverkeer na of van kampus moontlik wees nie. Dit sluit VPN-toegang tot die US intranet en alle dienste wat op die netwerk gehuisves word in.  

Na die vervanging gaan Inetkey nie meer nodig wees vir internettoegang nie. 

 

 

FortiClient VPN vervang met Citrix

Dinsdag, Februarie 2nd, 2021

Heelwat personeel gebruik reeds vir `n geruime tyd die FortiClient VPN om toegang te kry tot die Universiteit se interne dienste, byvoorbeeld

  • TeraTerm
  • SSH of remote desktop na jou werkrekenaar of bediener vir toegang tot spesialisprogrammatuur of -bronne.
  • Drive mapping (G: H: en P:) en ander dienste asof jy in jou kantoor is. 

FortiClient is egter gebou op verouderde tegnologie en is sedert einde Februarie nie meer die verstek VPN (Virtual Private Network) diens nie.

Informasietegnologie het die nuwe diens beskikbaar gemaak vir personeel en studente. Citrix Gateway sal jou toegang gee tot interne, Universiteitsgebaseerde toepassings via die Internet. Hierdie diens, sowel as die Universiteit, word sodoende beskerm deur veelfaktorbekragtiging vir die verifikasie van identiteit en vereis ook dat `n toestel moet voldoen aan spesifieke vereistes voordat dit op die US-netwerk toegelaat word.

Windows-gebruikers:

Indien jy `n Windows-gebruiker is, stel ons voor dat jy so gou moontlik FortiClient met die Citrix Gateway programmatuur vervang.

Linux-gebruikers:

Ongelukkig kan Linux-gebruikers Citrix op slegs die volgende weergawes gebruik: 

  • Ubuntu LTS 14.04 LTS en 16.04 LTS. (32-bit en 64-bit)  

Indien jy enige ander Linux-weergawes gebruik, moet jy ongelukkig steeds FortiClient gebruik totdat `n alternatief beskikbaar is. Instruksies vir die installasie van FortiNet is hier beskikbaar. 

Apple-gebruikers:

Gebruikers met Apple-toestelle soos MacBooks en iMacs kan `n versoek aanteken op die ICT Partner Portal vir hulp met installasies.

Hoe kry ek die Citrix Gateway-programmatuur?

Studente en permanente personeel wat Windows gebruik kan migreer na die Citrix VPN-diens deur via hulle webblaaier te gaan na https://securevpn.sun.ac.za en die instruksies te volg.

SunID-gebruikers moet asb. `n versoek aanteken op die ICT Partner Portal en die Remote Access-opsie heel bo kies. Sodra `n tegnikus jou gekontak het en al die inligting is verskaf, kan jy migreer na die SU VPN MSP-dien deur na https://suvpnmsp.sun.ac.za te gaan en die instruksies op die skerm te volg.

Alternatiewelik kan jy `n versoek aanteken om hulp aan te vra met die opstelling van VPN op die ICT Partner Portal

 

 

 

 

WiFi-toegang op kampus

Dinsdag, November 17th, 2020

Sedert die begin van die jaar is MatiesWiFi nie meer op kampus beskikbaar nie en sal alle gebruikers moet oorskakel na eduroam.  

Die motivering agter die verandering is om vir sekuriteitsredes weg te beweeg van `n minder veilige WiFi-opsie (MatiesWiFi) na WiFi waar jou data en identiteit enkripteer en beveilig word (eduroam).

Toegang tot eduroam as jou toestel geregistreer is

Indien jou toestel alreeds op US WiFi netwerk vir MatiesWiFi of Secure geregistreer is, sal dit outomaties aan eduroam kan koppel. Gebruik jou volle gebruikersnaam (xxxx@sun.ac.za ) en wagwoord om aan te teken. In plaas van MatiesWiFi of Secure kies net die Eduroam netwerk op jou toestel se WiFi-verstellings. Indien jy toegang tot die internet via eduroam benodig, moet jy steeds Inetkey oopmaak.

Volledige instruksies is hier beskikbaar.

Toegang tot eduroam as jou toestel nie geregistreer is nie

Indien jou toestel nie geregistreer is vir die US WiFi-netwerk nie, gebruik asb. Registerme om te registreer. Elke toestel moet apart geregistreer word, maar jy kan tot 5 toestelle op die US WiFi-netwerk registreer.

Neem kennis dat hierdie aanwysings net van toepassing is vir die registrasie van jou toestel op die eduroam WiFi-netwerk. Enige ander netwerkregistrasies kan op ons ICT Partner Portal aangevra word. 

Meer inligting oor WiFi op kampus.

 

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.