Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Opleiding

Excel-kursusse vir personeel

Dinsdag, Junie 4th, 2019

Die volgende drie-dag Excel-kursusse is nou eksklusief beskikbaar vir US-personeel: 

1, 2, 3 July  (Stellietech) Launchlab, STB

29, 30 31 July (Stellietech) Launchlab, STB

12,13,14 August (Stellietech) Gerga, TYG

Om te registreer vir hierdie kursusse, gaan na die Sun-e-hr portal en kliek op SUN EMPLOYEE SELF-SERVICE => Training and Development => Course Catalogue => Information Technology

Meer inligting oor die kursus. Enige ander navrae kan gerig word aan itkursus@sun.ac.za

 

Gratis aanlyn Microsoft-opleiding

Woensdag, Februarie 28th, 2018

Ons wil graag personeel herinner daaraan dat gratis aanlynopleiding beskikbaar is via die Microsoft-portaal.

Die volgende opsies vir opleiding is beskikbaar:

OneDrive Excel
Word OneNote
PowerPoint Microsoft Teams
SharePoint Access
Yammer Planner
Outlook Visio

Indien jy hierdie selfhelp opleiding gidse en video’s wil gebruik, kan jy toegang kry d.m.v. die Office ondersteuningswebwerf.  

 

Onderrig en leer met MATLAB en Simulink

Woensdag, Februarie 21st, 2018

Wat kan jy vandag met MATLAB doen?

Universiteit Stellenbosch het ʼn Total Academic Headcount (TAH) lisensie vir MATLAB, Simulink en ander byvoegprodukte. Jy kan hierdie produkte gebruik vir onderrig, navorsing en leer. Die lisensie laat individue toe om die produkte op US batetoerusting, sowel as op persoonlike toestelle, te installeer. 

Kry toegang tot die produkte: http://rga.sun.ac.za/firga/matlab.html

SUNLearn mobiele toepassing nou beskikbaar

Woensdag, April 26th, 2017

Informasietegnologie het sopas `n nuwe SUNLearn mobiele toepassing ontwikkel en dit kan nou afgelaai word. Die toepassing is beskikbaar vir Android-, sowel as iOS-toestelle. Jy kan dit ook aflaai deur die QR-kode aan die regterkant te skandeer met jou foon.  

SUNLearn is Universiteit Stellenbosch se kragtige, oopbron platform vir gemengde leer en onderrig.  Die stelsel is maklik om te leer en kan deur beide personeel en studente gebruik word. `n Volledige gebruikersgids is ook beskikbaar. 

Die SUNLearn mobiele toepassing kan gebruik word om:

– die inhoud van jou kursusse na te gaan, selfs wanneer jy nie aanlyn is nie, 
– intydse kennisgewings van boodskappe of gebeure te ontvang,
– vinnig ander persone in jou kursusgroep op te spoor en te kontak,
– grafika, oudio, video en ander leêrs op te laai vanaf jou mobiele toestel,
– jou kursuspunte te sien, ens.

Volledige funksies kan hier gesien word.

Studente wat die stelsel vir die eerste keer gebruik, sal by die Student training skakel verskeie hulpbronne, videos en selfhelpgidse vind. Onthou dat die SUNLearn mobiele toepassing jou nie enige data gaan kos as jy op kampus d.m.v. Maties WiFi of die netwerk daarop aanteken nie. Jy het dus ook nie nodig om Inetkey oop te maak nie. 

Die SUNLearn ondersteuningspan kan bereik word by learn@sun.ac.za of 021-808 2222.

Argivering – nie net vir biblioteekarisse nie

Vrydag, Augustus 21st, 2015

Argivering. Dit klink nie besonder prettig nie, né?

Ongelukkig kan ons elektroniese posbusse nie altyd byhou by die massa e-posse waarmee hulle daagliks gebombardeer word nie – veral daai groot video leêrs en prentjies … 

As jy nie gereeld huis skoonmaak en onnodige of groot e-posse uitvee nie, gaan jy kort voor lank sonder enige spasie sit. Dis op hierdie punt wat argivering sy staal wys.

In hierdie kort artikeltjie sal ons vir jou wys hoe maklik dit is om argiewe op jou rekenaar te skep en onderhou.

  1. HOE OM JOU EIE ARGIEF-LEêR TE SKEP

archiving-1

Maak MS Outlook oop

  • Kies die Home oortjie
  • Gebruik die afrol-spyskaart langs New Items
  • Kliek op More Items
  • Kies Outlook data file

archiving-2

Hierdie aksies sal `n leêr vir jou nuwe argief skep.

Belangrik:

  • Kies die regte benaming sodat daar nie verwarring is wanneer jy later nuwe argiewe skep nie. 
  • Moenie `n wagwoord op die argief plaas nie. Dit veroorsaak onnodige verwarring en verlies van e-pos wanneer jy `n nuwe rekenaar kry of data herwin moet word. 

Dit moet ook onder  “My Documents\Outlook Files” gestoor word.

Wanneer jy op OK kliek, sal jy teruggeneem word na die Outlook Home skerm.

Soos hier onder aangedui (wanneer die posbus oopgevou is), sal jy jou nuwe Outlook-argief sien.

archiving 3

2. NOU VIR DIE ARGIVERING

Kliek op File in die linkerkantse, boonste hoek. 
Onder Info sal jy Cleanup Tools sien.
Wanneer jy op die opsie kliek, sal jy Archive as die derde opsie sien.

archiving-4

Die volgende sigbare een lyk soos die een hier onder. 

archiving 5

Die belangrikste ding wat jy moet onthou is dat jy nagaan dat die regte argief-leêr gekies word vir argivering.

Om dit na te gaan, kliek op die browse-knoppie en maak seker dit wys na die korrekte leêr in “My Documents\Outlook Files”

Tweedens:

  • Kies `n datum – alle e-posse voor die ingevoerde datum sal geargiveer word na jou leêr. Dit mag `n tydjie neem as jy nog nooit voorheen geargiveer het nie. 

Thirdly:

  • Kies jou posbus (nie net dele daarvan nie, maar gebruik die oopgevoude sig soos in die voorbeeld) en kliek op OK.

Jy het nou jou eerste suksesvolle argief geskep.  Argiveer gerus jou e-posse eerder as om dit uit te vee – dis soms belangrik om rekords te behou. 

WENKE:

  • BAIE BELANGRIK – geen wagwoord op jou argief-leêr nie.
  • Hou argiewe klein – byvoorbeeld jaar-vir-jaar. Dit voorkom dat argiewe te groot raak en jou rekenaar stadig maak.  
  • Deur op bogenoemde wyse te argiveer bly jou leêrstruktuur altyd dieselfde en is dit makliker om heen en weer te soek na e-posse van vorige jare. 

Vir meer informasie op ander Outlook-funksies, gaan kyk gerus op ons selfhelp webwerf.

 

© 2013-2022 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.