%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> /XObject << /I1 14 0 R /I2 15 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text /ImageC ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20250701065652+00'00') /ModDate (D:20250701065652+00'00') /Title (Report 07-2025) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 12 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 4032 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 262.736 521.469 483.998 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 263.111 520.719 483.248 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 278.486 m 550.984 278.486 l 550.984 279.236 l 61.016 279.236 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(DIE WOLK IS OPPAD)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 664.909 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(January 01,1970)] TJ ET BT 173.588 664.909 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 188.096 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 637.420 Td /F4 9.0 Tf [(Binne die volgende paar maande gaan Matie-studente e-pos kan stuur soos nooit )] TJ ET BT 61.016 626.431 Td /F4 9.0 Tf [(tevore.)] TJ ET BT 61.016 606.442 Td /F4 9.0 Tf [(As jy `n gereelde Twitter-gebruiker is of soms in die Neelsie of Biblioteek ronddwaal, het )] TJ ET BT 61.016 595.453 Td /F4 9.0 Tf [(jy waarskynlik al kennisgewings opgemerk wat verwys na die "cloud". Moenie )] TJ ET BT 61.016 584.464 Td /F4 9.0 Tf [(bekommerd wees nie - ons verwys nie na die ontwykende son en tipiese Kaapse weer )] TJ ET BT 61.016 573.475 Td /F4 9.0 Tf [(nie.Inteendeel, hierdie wolk bring goeie nuus.)] TJ ET BT 61.016 553.486 Td /F4 9.0 Tf [(Studentegetalle het oor die afgelope paar jare met rasse skrede toegeneem en )] TJ ET BT 61.016 542.497 Td /F4 9.0 Tf [(daarmee saam die behoefte vir meer e-pos stoorspasie. Tot hede is alle studente se e-)] TJ ET BT 61.016 531.508 Td /F4 9.0 Tf [(pos gehuisves op die universiteit se bedieners, maar spasie is besig om uit te loop. Die )] TJ ET BT 61.016 520.519 Td /F4 9.0 Tf [(dae van e-pos op plaaslike bedieners huisves, is iets van die verlede.)] TJ ET BT 61.016 500.530 Td /F4 9.0 Tf [(Sedert verlede jaar ondersoek Informasietegnologie moontlike oplossings vir die )] TJ ET BT 61.016 489.541 Td /F4 9.0 Tf [(probleem en die gevolgtrekking is gemaak dat Office 365 die beste keuse vir studente e-posse is. MS Office en Microsoft )] TJ ET BT 61.016 478.552 Td /F4 9.0 Tf [(bedryfstelsels word reeds gebruik in studente rekenaargebruiksareas en sal gevolglik maklik kan integreer met bestaande )] TJ ET BT 61.016 467.563 Td /F4 9.0 Tf [(tegnologie.)] TJ ET BT 61.016 447.574 Td /F4 9.0 Tf [(Met die wolkpos-projek betree Universiteit Stellenbosch `n nuwe fase van e-pos en hoewel personeel dieselfde pad gaan )] TJ ET BT 61.016 436.585 Td /F4 9.0 Tf [(stap, is die grootste behoefte tans om eers alle studente se e-pos te skuif.)] TJ ET BT 61.016 416.596 Td /F4 9.0 Tf [(Die teikendatum vir die migrasie is Oktober. Ons sal studente egter deurlopend op hoogte hou van verwikkelinge deur )] TJ ET BT 61.016 405.607 Td /F4 9.0 Tf [(middel van Twitter.)] TJ ET BT 61.016 385.618 Td /F4 9.0 Tf [(`n Webblad sal beskikbaar gestel word waar studente self kan migreer en die wolk-platform toets. Studente kan dus self )] TJ ET BT 61.016 374.629 Td /F4 9.0 Tf [(kies wanneer hulle wil migreer.Diegene wat teen die Desember nog nie self migreer het nie, sal outomaties teen die einde )] TJ ET BT 61.016 363.640 Td /F4 9.0 Tf [(van die jaar deur IT geskuif word na die)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 221.090 363.640 Td /F4 9.0 Tf [(Office 365.)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 221.090 362.489 m 264.614 362.489 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 343.651 Td /F4 9.0 Tf [(Maar hoekom sukkelmet min spasie as jy `n volle 50GB tot jou beskikking kan h? Office 365 bied ook ander voordele )] TJ ET BT 61.016 332.662 Td /F4 9.0 Tf [(soos stoorspasie op OneDrive en aanlyntoegang tot Microsoft toepassings soos Word, Excel, ens.)] TJ ET BT 61.016 312.673 Td /F4 9.0 Tf [(As jy meer wil weet oor die Wolkpos-projek, volg ons op Twitter by @ITStellenUni of #theitcloud.)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 292.684 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Konnektiwiteit,E-pos,Studente | Tagged:Wolk Stoorspasie,E-pos,The It Cloud | With 0 comments)] TJ ET q 137.250 0 0 137.250 413.734 508.961 cm /I2 Do Q endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 13 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 221.0897 362.8072 264.6137 371.9647 ] >> endobj 13 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://www.wikiwand.com/en/Office_365) >> endobj 14 0 obj << /Type /XObject /Subtype /Image /Width 300 /Height 300 /Filter /FlateDecode /DecodeParms << /Predictor 15 /Colors 1 /Columns 300 /BitsPerComponent 8>> /ColorSpace /DeviceGray /BitsPerComponent 8 /Length 4254>> stream xDd_1F22V2$I$IF$JV$Id%+++YY+IZId%+#+Y#cs{73u?Vs=s{ι `0 `0 `0 `0 `0 C˘lUG'v4Wy@`( q!Ckh{]Q*yf}]y' rwT~ z{HlmRϋ2a"y& Qw@%|Γ.J\ֵh_ͺWnI#ۖ#0q+Y@gu RȪ]%⒐n= z;beG&E!8k{XTs 5r<~S=Z; I(O6G5Q%!9vZK3'' w%88?29ljaZm׆k)ڟ/xi37̹ -HRE4o:>&ɐ # d9&Y)Kûg)~GԽc ~M~W썚=\ZTt%ϭsEHg1:vEEO;V9d/ojli(Ǝ)8ezEdLᬥ5ש DŽhwqh[Ky2Θ:N=@'TŽKr<Ӌê/%0:[>룉,b⥢ک?Ir.-DzaR+N9D >')őw ? ON8&ؙ:jRU1{Bi˾癉*o$|V?ͤ חn#-įnuճ;3UsBǜ*jj!HŀwVB[$߃})SiP̆$-Zz05G%:Xުwe2_ =b;m+LE 3?Ӽ&׳=LUm^Mm!)>)'mYO`bk׷ ߷An[vy)IA|c蹲iXL4Pn7ߗ$,t8|nMB=fO{DoI4T9;x+Pe[|307⬶ KMoٕlloh',4|CE4vofl1V\k)wZ`jyۅ|dNJ҈8Vo v|sh44)5Pzl^"J[D{V@Y.#8Kqqv(FVF+0_Ҏ,p>oSVM˰ԧtt_p&S%!^Ո ^pMsvbw2dåqjt(4!%)iP+> Z!}A E`sŌNi,.@VQbA=#qB5Y@:8SHԼ$̪]b/An`b`C~ѷ2kRcTBT) yZ/{RS=*U=':Z?T+0d=BEUR@,١ݲ, ~54^&5PWK]m]tZG贄FD vRi( C PRbBX7lAGNSJC(E~:fq0QÉ4 <`jM7^dBe mGEf[o?qSo>Ҍt#tἐF:,Yj1,dw.z*9t >L4T+ N|AŚBҔH+&y+9iQ_: < GlMʤҚ#CQ:bg)&V. &}9l*AV`i ,S-# J{=>/5AhkauuI~VZl`*xX̱o]I6Ge$0Rp=/wƯUc$S&gEEuZ%UӁ{Y0=?$vU &@?_.jlD\j+;dʄl5y]ݚUSB\Bw-4|])~!*@s44#%Љ7i0o"p!{w|\s(u*"$ְ_V t7^y+VPEԂ]+] jȘ@\|gXܣ9VcU,.n80~O@+ҧ+J%u/|Ց&*iyɠFeתȣITC_Z#`XugչJS95u{~IrCЫ)Aޛw&2ãVn ֽljGQfgʑr@d" .RG93 | bKGPPlY=rwU~ѻ68.ui{Nj[82*z"Sw'jŠn;Z09YVSABUO)aDC;jٔJC3 U@~W^DA1$wG }1Tؒv2[(wG@)"_0}޺i@n[p3 z?PgŞ^#T u3a%XGj530Z_i@]>nHӏjj~gI>1 I5;"P6k:yid^(X[ cP0/¿AC*&7dgj^ZոĿ20 /;47i7A9ۘ5_W'wոڮU#06Є^Ն͜ZingO$lb͉ջ b_mOSj6p(VPB6 ?Ywjb7ݸ/%Kr= QW&2-Ņ%kqChZ\: yK%o0IPjTfX{YIw8rî.q5\ቧ;)Ř%Ώ7fߴ66(C>|s]GWR#}NZwuQB).wM8Z؉cI \[D7Lk;ifҎ6'S4)S׈hl~ffK$v}(α!rm4t!!&Wr;)!iZ7N:Ҙ/=*G(x#}@CT4kg;{WlΰйkMi^wP8)_nB, W'k3o`,suNL1˟M iu֖)`0 `0 `0 `0 `0 `^ endstream endobj 15 0 obj << /Type /XObject /Subtype /Image /Width 300 /Height 300 /SMask 14 0 R /Filter /FlateDecode /DecodeParms << /Predictor 15 /Colors 3 /Columns 300 /BitsPerComponent 8>> /ColorSpace /DeviceRGB /BitsPerComponent 8 /Length 285>> stream x  Om7'  endstream endobj xref 0 16 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000343 00000 n 0000000380 00000 n 0000000518 00000 n 0000000600 00000 n 0000004684 00000 n 0000004796 00000 n 0000004911 00000 n 0000005031 00000 n 0000005139 00000 n 0000005267 00000 n 0000005356 00000 n 0000009856 00000 n trailer << /Size 16 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 10399 %%EOF wolk stoorspasie « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

wolk stoorspasie

OneDrive: 5TB net vir jou

Maandag, Julie 31st, 2017

Sedert Junie vanjaar het alle personeel volledige toegang tot die aanlyn Office65-toepassings. Buiten Outlook e-pos, toegang tot die MS-toepassings (byvoorbeeld Word, Excel, PowerPoint, ens.) en die aflaaibare Office 2016 programmatuur, is daar een voordeel wat uitstaan bo die res – OneDrive. 

OneDrive gee vir elke personeellid en student 5TB se wolkstoorspasie. Dit beteken dat jy nou oorgenoeg spasie het om jou dokumente te stoor. Jou data sal ook beskikbaar wees vanaf enige plek, enige tyd en met enige toestel wat aan die internet verbind is. 

Wat is die voordele van wolkdienste?

  • Meer stoorspasie beskikbaar – tot 5TB op OneDrive en 50GB op Outlook.
  • Jou data is beskikbaar vanaf enige plek, enige tyd en op enige toestel. Jy sal altyd toegang tot jou data hê as jy `ʼn internetverbinding het. 
  • Jou inligting word veilig gestoor, selfs al verloor jy een van jou toestelle. 

Wat is die nadele van wolkdienste? 

  • Raak vertroud met kopiereg-regulasies. Maak seker jy weet wat jy aanlyn mag stoor en deel. US kopiereg-ooreenkomste sluit nie die stoor en deel van dokumente wat beskerm word onder kopiereg op OneDrive for businessSharePoint online of enige ander publieke stoorspasies in nie.
  • Jy is volledig verantwoordelik vir jou eie inligting.  Wees versigtig vir wie jy regte en toegang gee, aangesien dit jou inligting in gevaar mag stel as dit sigbaar is vir ander mense. 
  • Jy is verantwoordelik vir die sinkronisasie tussen aanlyn en plaaslike data. Sinkronisasie tussen aanlyn en plaaslike data moet korrek opgestel word en op `ʼn gereelde basis uitgevoer word. 
  • Hou in gedagte dat die gebruik van wolkdienste terwyl jy op kampus is, nie enigiets sal kos nie, maar as jy tuis werk sal jou eie datakostes gehef word. 
  • Dit is baie belangrik dat jy jou privaat gebruikersname, wagwoorde en inligting apart hou van jou amptelike werk om te voorkom dat jou data deurmekaar raak. 
  • Digitale identifikasie is kwesbaar as jy toegang tot die wolk het vanaf enige rekenaar. Moenie rekenaars of toestelle wat jy nie vertrou nie, toelaat om jou wolkdienste te gebruik nie. 

Wat as ek OneDrive personal, Dropbox of ander wolkopsies gebruik? 

Jy kan aanhou om dit te gebruik, maar dis baie belangrik dat jy hierdie opsies slegs vir persoonlike data gebruik.

OneDrive for business en SharePoint online is beskikbaar onder die US MS lisensieooreenkoms vir stoor en deel van institusionele data. Stoor en deel van institusionele data word nie toegelaat op Dropbox, OneDrive personal of enige ander wolkstoorspasie nie. 

Hoe kry ek toegang tot my OneDrive spasie?

Alle personeel het reeds outomaties toegang tot OneDrive. Jy hoef net op Office365 aan te teken met jou e-posadres en wagwoord. Dis ook beskikbaar op die portaal deur op die Office365 skakel te kliek of Office365 in die soekveld in te tik.

BELANGRIK:

  • Wanneer jy wolkgebaseerde dienste gebruik, is dit geweldig belangrik dat jy jou privaat-gebruikersname en werk-gebruikersname, wagwoorde en data apart van mekaar gehou word. Moet nooit dieselfde gebruikersnaam vir jou privaat en werk-eposrekeninge, -stoorspasie en -toepassings gebruik nie.
  • US kopiereg-ooreenkomste sluit nie die stoor en deel van dokumente beskerm onder kopiereg op OneDrive for businessSharePoint online of enige ander publieke stoorspasies in nie.

Indien jy enige navrae het, laat weet ons asseblief deur `n versoek aan te meld op ServiceNow of ons Dienstoonbank te kontak by 808 4367. Vir meer inligting oor die Office365 pakket, raadpleeg asseblief ons FAQs of kyk na die Office365 opleidingsvideos.

Die wolk is oppad

Vrydag, September 26th, 2014

24726-cloud-outline-vector

Binne die volgende paar maande gaan Matie-studente e-pos kan stuur soos nooit tevore.

As jy `n gereelde Twitter-gebruiker is of soms in die Neelsie of Biblioteek ronddwaal, het jy waarskynlik al kennisgewings opgemerk wat verwys na die “cloud”. Moenie bekommerd wees nie – ons verwys nie na die ontwykende son en tipiese Kaapse weer nie. Inteendeel, hierdie wolk bring goeie nuus.

Studentegetalle het oor die afgelope paar jare met rasse skrede toegeneem en daarmee saam die behoefte vir meer e-pos stoorspasie. Tot hede is alle studente se e-pos gehuisves op die universiteit se bedieners, maar spasie is besig om uit te loop. Die dae van e-pos op plaaslike bedieners huisves, is iets van die verlede.

Sedert verlede jaar ondersoek Informasietegnologie moontlike oplossings vir die probleem en die gevolgtrekking is gemaak dat Office 365 die beste keuse vir studente e-posse is. MS Office en Microsoft bedryfstelsels word reeds gebruik in studente rekenaargebruiksareas en sal gevolglik maklik kan integreer met bestaande tegnologie.

Met die wolkpos-projek betree Universiteit Stellenbosch `n nuwe fase van e-pos en hoewel personeel dieselfde pad gaan stap, is die grootste behoefte tans om eers alle studente se e-pos te skuif.

Die teikendatum vir die migrasie is Oktober. Ons sal studente egter deurlopend op hoogte hou van verwikkelinge deur middel van Twitter.

`n Webblad sal beskikbaar gestel word waar studente self kan migreer en die wolk-platform toets. Studente kan dus self kies wanneer hulle wil migreer. Diegene wat teen die Desember nog nie self migreer het nie, sal outomaties teen die einde van die jaar deur IT geskuif word na die Office 365.

Maar hoekom sukkel met min spasie as jy `n volle 50GB tot jou beskikking kan hê? Office 365 bied ook ander voordele soos stoorspasie op OneDrive en aanlyntoegang tot Microsoft toepassings soos Word, Excel, ens.

As jy meer wil weet oor die Wolkpos-projek, volg ons op Twitter by @ITStellenUni of #theitcloud.

Te veel data? Bêre dit op `n wolk

Vrydag, April 12th, 2013

Verlede jaar het ons julle meer vertel van “cloud storage”, wat dit behels en wat die opsies is as jy jou inligting erens op `n wolkie wil bêre. (lees die artikels hier) As jy nog nie die groot virtuele stap geneem het nie, het ons vandag meer inligting vir jou – die keer spesifiek oor Microsoft se Skydrive.

Wat is SkyDrive?

SkyDrive is a leêr huisvestingsdiens wat aan gebruikers die geleentheid gee om leêrs op te laai en sinkroniseer na `n wolkbergingsfasiliteit en daarna toegang daartoe te verkry deur middel van `n webblaaier of jou plaaslike toestel.

Wat bied SkyDrive my?

Die diens bied 7 GB gratis stoorspasie en ekstra spasie is te koop beskikbaar. Leêrs van tot 300 MB kan opgelaai word deur die webblaaier met `n sleep-en-los-proses of tot  2 GB deur middel van die SkyDrive gebruikskoppelvak-toepassing (desktop app) vir Microsoft Windows en OS X.

Met die SkyDrive gebruikskoppelvlak-toepassing vir Windows of Mac, is jou leêrs aanlyn of van lyn af beskikbaar en word dit outomaties oor alle toestelle opgedateer. Jy kan ook toegang tot SkyDrive verkry deur `n splinternuwe toepassing vir Androi v2.3 of die opgedateerde toepassing vir Windows Phone, iPhone, en iPad te gebruik.

Die Office toepassingss (Word, Excel, etc.) laat jou toe om jou dokumente by verstek na die SkyDrive gids op jou plaaslike rekenaar te stoor. Met die hulp van SkyDrive word daardie leêrs gesinkroniseer met jou dokumente in jou SkyDrive wolkstoorspasie – en gevolglik het jy toegang van enige plek en kan jy jou dokumente aanlyn redigeer met die webweergawe van Microsoft Office.

Aanlyn samewerking word aansienlik vergemaklik met nuwe Office Web toepassings, insluitende Excel vorms, mede-outeurskap in PowerPoint en ingebedde Word-dokumente. As jy dokumente deel met ander mense wil deel, word `n skakel outomaties aan hulle gegee waarmee hulle deur hul eie SkyDrive-rekening toegang tot die dokumente kan kry. Hulle kan veranderinge aanbring aan die dokumente terwyl jy ook daaraan werk en jy kan die veranderinge  sien soos dit verander word. Wanneer jy dus die dokument wil stoor, sal jy die opdaterings van die ander persoon ontvang. Indien daar enige konflikte is, sal jy daarvan in kennis gestel word en die geleentheid kry om dit aan te pas. Jy kan ook die geskiedenis van al die vorige weergawes nagaan.

Indien jy enige dokumente uitvee van SkyDrive, laat die diens jou toe om die aksie te herroep en die verwyderde dokument te herstel na sy oorspronklike leêr uit die Recycle bin. Alle items in die Recycle bin word vir `n minimum van 3 dae gestoor en `n maksimum van 30 dae.

SkyDrive is ten volle geintegreer met sosiale netwerke soos Facebook, Twitter en LinkedIn om aan gebruikers die geleentheid te gee om vinnig leêrs met hulle kontakte te deel op hierdie netwerke. Dit ondersteun ook geo-ligging data vir fotos wat opgelaai word en sal outomaties `n kaart wys indien `n ligging gemerk word. SkyDrive laat ook gebruikers toe om persone te merk op fotos deur middel van die webkoppelvlak of deur die Windows fotogallery. 

Addisioneel tot bogemoemde funksies kan jy ook leêrs sorteer, leêr uitlegte verander, foto skyfievertonings kyk en video stroom. Al hierdie funksionaliteit op een plek, veilig in die wolke.

[SOURCE: Wikipedia]

 

(more…)

Elke wolk het `n silwer randjie

Vrydag, Augustus 31st, 2012

Moenie `n fout maak nie, die beweging na “cloud computing” is `n groot verskynsel, maar voordat jy al jou sensitiewe en akademiese inligting alles die wye wêreld instuur, is dit belangrik dat jy moet weet wat die voor-en nadele, asook die risikos is.

VOORDELE

Die grootste voordeel van “cloud”-berging is die vermoë om toegang tot jou data of sagteware te hê vanaf enige plek, enige tyd en op enige toestel. Jy hoef nie meer jou skootrekenaar, flitsskyf of eksterne hardeskyf rond te dra sodat jy al jou inligting naby het nie.

Aangesien jou data gestoor word op `n sentrale plek en toeganklik is via die internet, is dit makliker om dokumente te deel  en kollegas kan saam aan dieselfde dokument werk sonder om dit met e-pos heen en weer te stuur. As jou dokumente ook op een plek gestoor is, is dit net soveel makliker om te kry waarvoor jy soek. Google Docs stoor byvoorbeeld jou dokumente in chronologiese volgorde en gee jou ook die opsie om hulle in leêrs te sorteer.

Jy hoef ook nie bekommerd te wees oor die veiligheid van jou inligting nie – as jou kantoor afbrand of jou geyser bars en jou studeerkamer verspoel, sal al jou data nog veilig erens ver weg gebêre wees.

Ook vir maatskappye, is daar minder oorhoofse uitgawes. Die maatskappy betaal slegs vir die diens gelewer en spaar op onderhoud, gebruikerslisensies en uitgawes soos elektrisiteit en rakspasie.

NADELE

Soos ons gesien het, is daar `n hele paar voordele verbonde aan databerging op die “cloud”, maar ongelukkig is daar ook een groot nadeel. Dit werk net as daar internettoegang, omdat dit afhanklik is van internettoegang. As Telkom of Mweb dus probleme ondervind, is die “cloud” en jou data onbereikbaar. Werkverrigting hang ook af van die internetspoed en die hoeveelheid mense wat toegang het daartoe.

Selfs al bespaar maatskappye oorhoofse kostes met die gebruik van `n  “cloud” , kan gebruikskostes maatskappye `n lelike knou gee as dit nie gemonitor en reg bestuur word nie. Wees baie versigtig as jy leêrs deel met ander mense. As jy `n 500 MB leêr met drie ander mense deel, sal dit drie keer sinkroniseer – maw `n koste van 1500MB se data. As jy dit sinkroniseer met jou rekenaar, iPad en iPhone betaal jy elke keer en as jy 3G (wat tussen 15c en R1-00 per MB kan kos) gebruik, kan dit `n aardige bedraggie word. Probeer om jou internetverbruik noukeurig na te gaan as jy van “clouds” gebruikmaar – anders mag jy dalk aan die einde van die maand `n onwelkome verrassing kry.

Privaatheid en sekuriteit  is nog `n “cloud” tammeletjie. Daar is veiligheidsmaatreëls om gebruikers te beskerm in plek, maar die vlak van sekuriteit en privaatheid wat nodig is, is nogsteeds `n grys area. Tegnies gesproke kan die “cloud”-diensverskaffer enige tyd toegang kry tot sy kliënt se informasie en ook data verander of verwyder. Fisiese beheer oor private “cloud”-toerusting bly steeds meer sekuur as toerusting  wat nie op die perseel en onder iemand anders se beheer is nie.

Kliëntedata sal ook nie noodwendig in dieselfde datasentrum of selfs op dieselfde “wolk” bly nie. Dit opsigself veroorsaak vrae  op `n regsvlak oor die jurisdiksie van data.

Ongelukkig is “clouds” ook tot `n mate weerloos teen bedreigings en kriminele  sal poog om nuwe wyses te kry om hierdie weeloosheid uit te buit.  Vele onderliggende uitdagings en risikos kom te voorskyn as data bedreig word.

Kies dus versigtig watter diens jy jou kosbare inligting aan wil toevertrou en maak seker dat dit altyd beskikbaar sal wees as jy dit nodig het.

(SOURCES: Regan Januarie (IT User Services), http://www.ahimajournal-digital.com), www.wikipedia.org)

Wat is die “cloud”?

Vrydag, Augustus 31st, 2012

Die nuuste gonswoord die afgelope paar maande is “cloud computing”, maar wat is hierdie sogenaamde”cloud” waarvan almal praat?

“Cloud computing” is die gebruik van rekenaarbronne (harde- en sagteware) verskaf as `n diens oor `n netwerk (gewoonlik die internet) Met ander woorde, dis `n netwerk van rekenaars wat op so `n manier opgestel is dat dit `n spesifieke diens kan huisves wat sagteware en inligting aan gebruikers kan verskaf.

Webwerwe en bediener-gebaseerde toepassings loop op spesifieke rekenaars of bedieners. Wat `n “cloud” egter anders maak is dat dit een gemeenskaplike, virtuele rekenaar gebruik wat onafhanklik loop van ander rekenaars of spesfieke bedienerkonfigurasies.

Om  T. Grance en W. Jansen (Guidelines on Security and Privacy in Public Cloud Computing) aan te haal – “The common characteristics most (clouds) share are on-demand scalability of highly available and reliable pooled computing resources, secure access to metered services from nearly anywhere, and dislocation of data and services from inside to outside the organization.”

Met vinniger breëband-internet word die behoefte om sagteware te loop op jou rekenaar of op jou maatskappy se webwerf al minder noodsaaklik. Baie van die sagteware wat jy elke dag gebruik is alreeds web-gebaseer. Die “cloud” neem dit net nog `n vlak hoër.

Voorstaanders van die  beweging na “cloud computing” beweer dat dit maatskappye sal help om toepassings vinniger aan die gang te kry, beter te bestuur en natuurlik laer onderhoud. Dit sal IT ook in staat stel om hulpbronne vinniger aan te pas en verander om te voldoen aan wisselende en onvoorspelbare besigheidsvereistes.

Eindgebruikers kry toegang tot die “cloud” deur middel van `n webblaaier of `n toepassing op jou rekenaar of selfoon, terwyl besigheidsagteware en gebruikers se data gestoor word by `n afgeleë ligging.  Aan die basis van “cloud computing” lê die filosofie van saamgesmelte infrastrukture en gedeelde dienste.

Hou asseblief in gedagte dat “cloud”-berging NIE aanbeveel word vir institusionele of akademiese inligting (sien definisies onder) aanbeveel word nie.  Indien jy wel besluit om van die “cloud” gebruik te maak, gebruik dit eerder vir persoonlike inligting of inligting wat nie krities is nie.

In terme van die konsep Informasie Bestuursbeleid, is die volgende informasie-kategorieë en sensitiwiteitskategorieë  gedefinieer:

Die twee oorkoepelende kategorieë is:

a)      Akademiese informasie  is informasie bestaande uit akademiese inhoud (insluitende biblioteek-en, leermateriaal en navorsingsuitsette)

b)     Institusionele informasie is die informasie wat die Universiteit as organisasie, personeel, studente en ander belanghebbendes ingesluit, besit of die kurator van is, asook enige informasie wat nie geklassifiseer kan word as akademiese inligting nie.

Vier kategorieë van inligtingsensitiwiteit, in volgorde van sensitiwiteit, is gedefinieer:

a)      Konfidensiële informasie is informasie wat vertroulik verskaf is en gebruik word en slegs toeganklik mag wees of gedeel word met gemagtigde persone op `n nodig-om-te-weet basis.

b)     Persoonlike informasie is `n spesifieke tipe Konfidensiële Informasie en word gedefinieer as informasie wat gebruik kan word om `n individu te indentifiseer of informasie oor `n identifiseerbare individu en informasie wat gedefinieer word deur die relevante wetgewing as persoonlike informasie.

c)      Operasioneel sensitiewe informasie (verstek-sensitiwiteit) is informasie wat operasioneel van dag-tot-dag deur die Universiteit gebruik word en geklassifiseer word as sensitief afhangende van die omvang en implikasie swat die bekendmaking daarvan die Universiteit  se beeld of werking kan beinvloed.

d)     Publieke informasie word algemeen gepubliseer of vir die publiek.

SOURCES: http://www.makeuseof.com/tag/cloud-computing-work-technology-explained/ & http://en.wikipedia.org/wiki/Cloud_computing

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.