Jongste nuus oor die Universiteit Stellenbosch Biblioteek se Opknappingsprojek

Hierdie is die jongste nuus oor die voortgesette opknappingswerk by die Universiteit Stellenbosch Biblioteek na aanleiding van ons vorige kommunikasie.

Die bestaande fasiliteite en infrastruktuur word opgeknap om in kliënte se behoeftes te voorsien en ’n moderne estetiekvir die US Biblioteek te skep, terwyl die integriteit van die bestaandegebou behoue sal bly. Die hooffokus van die projek is om aan kliënte gerieflike en doeltreffende ruimtes te bied en terselfdertyd benutting van die Biblioteek te vergemaklik.

Ons kondig met genoeë aan dat die projek met rasse skrede vorder, ondanksenkele vertragings veral as gevolg van Covid-19.

 Fase Een

Ten spyte van die uitdagings, is fase een van die projek gedeeltelik afgehandel.

Die studentetoilette op die onderste vlak is voltooi en is reeds in gebruik (sien foto’s hieronder).

Voltooide toiletgeriewe op die onderste vlak van die US Biblioteek

Die kliëntedienstoonbank, die reserwe-afdeling en verwante personeelwerkareas op die boonste vlak is ook opgeknap en is vanaf 22 November 2021 operasioneel. Sien foto’s hieronder.

Die kliëntedienstoonbank en reserwe-afdeling
Opgeknapte studie-areas op die boonste vlak met nuwe meubels

Die studie- en rekenaarareas op die boonste vlak is bykans voltooi. Die netwerk moet nog in hierdie ruimtes aangelê word en sal na verwagting teen einde Januarie 2022 afgehandel wees.

 Fase Twee

Hierdie fase sluit die opknapping van die studentetoilette op die boonste vlak, die leesarea en sekuriteitshek in. Die werk hieraan vorder en sal na verwagting teen middel Maart 2022 voltooi wees.

Voortgesette werk word in die sentrale deel van die boonste vlak gedoen. Nuwe vloere sal voltooi word, rakke moet weer aanmekaargesit en boeke en gedrukte vaktydskrifte  in die rakke gepak word.

 Fase Drie

Die oorblywende bouwerk sal opknapping van die ingangsportaal, toegangsbeheer en  ‘n nuwe Tattle Tape-sekerheidstelsel insluit.

Werk sal begin 2022 voltooi wees.

Tydens al die boufases sal deurlopende werk aan plafonruimtes en dienste vir data-aktivering plaasvind.

Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat tydens hierdie projek veroorsaak word. Wees egter gerus dat jy ná die projek toegang sal hê tot gerieflike en doeltreffende ruimtes.

Kontak Delene Pretorius vir verdere besonderhede oor die projek.

22 November 2021

Foto’s: Lindsay Main; Bronwyn Bruton