Biblioteekgids vir Navorsingsdatabestuur

Sukkel jy met sekere aspekte van die bestuur van jou navorsingsdata? Het jy ’n behoefte aan meer inligting oor die bestuur van navorsingsdata aan Universiteit Stellenbosch sodat jy jou data meer effektief kan bestuur of sodat jy die Universiteit se studente en navorsers beter kan ondersteun? Indien wel, is die biblioteekgids vir navorsingsdatabestuur jou antwoord. Hierdie aanlyn inligtingsbron is pas deur die Biblioteek en Inligtingsdiens gepubliseer en verskaf ’n oormaat van inligting wat verband hou met verskillende aspekte van die bestuur van navorsingsdata. Die volgende onderwerpe word gedek:

  1. Die beplanning van databestuur
  2. Die skep en versamel van data
  3. Dataprosessering
  4. Data-analise
  5. Die publiseer van data
  6. Die Navorsingsdatabestuur (NDB) Avontuurspeletjie
  7. Die beheer van navorsingsdatabestuur by Universiteit Stellenbosch
  8. Navorsingsdatadienste aangebied deur die Biblioteek en Inligtingsdiens

Indien jy daarin geïnteresseerd is om jou vaardighede ten opsigte van navorsingsdatabestuur te verbeter of om beter ondersteuning vir navorsingsdatabestuur te bied, kliek hier vir toegang tot die biblioteekgids vir navorsingsdatabestuur.