Tweeling-koppe Uitstappie

Onder leiding van dr Wilcocks vertrek sowat sestig persone om vieruur (by vergissing ‘n uur te vroeg) van voor die Uitspan per lorrie. Die ongelykte het hier getref dat twee dames flou geword het voordat die top van die berg bereik is; hul moes baie sterk ondersteun word.

Hierdie toer is die tradisionele tog van dr Wilcocks met sy Sielkunde-studente wat nou oorgaan in die tradisie van die BTK – van die laaste drie jaar se Gala-week funksies is dit die enigste wat gereeld ‘n sukses was, dit is die grootste sukses van enige Gala-week nog altyd gewees. Read More

Tafelberg-Uitstappie

Deelgeneem 47 lede.

Onder dr C.J. Grobbelaar as Kaptein en mnr D.J. de Vos as gids vertrek die groep per lorries om kwart-voor-ses voormiddag uit Stellenbosch. Op Kloofnek aangekom moes die seksie wag vir die kind van Ford wat nie kon byhou nie. Omtrent negeuur gaan die tog hiervandaan al met die pyplyn aan die westekant van die berg. ‘n Panoramiese uitsig oor die Glen en Kampsbaai is so ‘n voorspooksel wat die dag gesien gaan word. Die see met sy skuimende golwe die kus ombuigend, met sy kleurverwisselinge van groen-geel tot diep-donkerblou lok die hart van die toeris en hy wil juig, hy voel hom een met sy groep – die natuur bind die mens saam en hulle is ‘n gemeenskap waarin die ontsierend, onnodige formaliteite, die selfverheffing van die saamgepakte mensebestaan oorbodig, onmoontlik is. Read More

Kommissariale verslag van Knysna Toer

Hierdie verslag word opgestel met die oog op praktiese hulp vir die toekoms.

Die bestuur het ‘n aktuele begroting van £3.5 per lid gemaak vir die toer, maar aangesien ons nie goed genoeg met plaaslike omstandighede (te Knysna) bekend was nie asook nie alle groot ondervinding met so ‘n groot toergroep nie (sewe-en-vyftig deelnemers) het ons ‘n veiligheidsruimte van 5/- per lid gelaat sodat fooie £3.10 per lid gewees het, met ‘n verhoging van ‘n ekstra kwart-spoorwegkaartjie vir volwassenes. Read More

Aan Grootrivier

(‘n Dag uit die Knysna toer)

Yl vlieswolkies het stadig na die Weste geskuif toe die eerste sonstrale die toppe van die bome raak. Ongemerk en saggies was die oorgang van duisternis na lig. Heerlik het die môre aangebreek en fris soos ‘n pas ontluikte roos. Hier en daar het reeds ‘n mossie met sy vroeë gesang sy mede bosbewoners gewek met ‘n aanhoudende “getjielp tjielp tjielp.” Weldra het die bos weerklink van blye voëlsang. Die donsige veertjies word reggeskud en uit volle bors word dié nuwe dag toegejuig. Daar sal vandag sonskyn wees, en sonskyn bring nuwe lewenslus. Read More

Die stigting van die BTK

Die Bergklim en Toerklub is ‘n natuurlike voortsetting van ‘n Bergklub wat vroeg in hierdie eeu doodgeloop het en ‘n Natural History and Geography Society wat ook nie ‘n hoë ouderdom bereik het nie. Die Klub het egter gegroei uit ‘n wesenlike behoefte wat in die Stellenbosse studentesamelewing in die laaste tyd gevoel is. Wat is die toestand tot hiertoe? Studente kom op Stellenbosch en na ‘n driejarige verblyf gaan hulle van hier weg sonder dat hulle éénmaal ‘n uitstappie in die pragtige natuurskoon om ons heen gemaak het. In die kort vakansies bly meer en meer studente op Stellenbosch omdat daar nie ‘n doelmatige organisasie is wat hulle vakansies kan help reël nie. Read More