De Mond-Infanta Gala 1975

Halfpad teen Sir Lowry’s-pas staan ‘n vragmotor met seile oor sy bak getrek om die inhoud teen die reën te beskerm. Net toe daar ‘n groot sleepwa-affêre van voor af kom met ‘n seilskip daarop, loer een van die inhoud uit en merk droog op: “Gits, as die mense darem al met bote begin rondry, voel ek nie meer te veilig op die wa nie!” Read More

Atteqwa September 1975

Niemand het veel van hierdie toer verwag nie. Die naam was niksseggend, die toerprogram het gelyk na padstap – ‘n mens kon sommer die Klein-Karoostof ruik. Gevolglik was dit ‘n Kleine Gideonsbende van vyf-en-twintig wat Vrydagmiddag halfvyf Niek se bus-wa beman het. MAAR:

“Alles is veel voor wie met veel verwacht
het leven houdt zijn wonderen verborgen
totdat het ze, opeens tocut in hun hoogen staat.” Read More

Visrivier Canyons Julie 1975

Dit was moeilike tye – die keer toe die BTK die Canyons wou gaan stap. Maar wat, nie te lank na die bestemde tyd nie, was ons bussie gelaai en het ons die lang dag gevat.

Roelof het uitgevind (op die moeilike manier) dat dit beter sou wees om nie op jou geboortedag te verjaar nie. Dit het darem ook sy voordele – van na Van Rhynsdorp kon hy nie meer bestuur nie, want hy móés eenvoudig eers sy “Bollie” lees. Read More

Berghutkamp April 1975

“Back to normal!” En die +35 BT-Kaners wat hulle Aprilvakansie op ‘n nuttige wyse by die Berghutterrein deurgebring het, sal elkeen ‘n glimlag kry en terugdink aan Roelof wat telkens die begin van nog ‘n nuwe werkskof daarmee aangedui het. Read More