Sederberge September 1976

Vrydag:
Vrydagoggend is die wa deur ‘n handjie-vol walaaiers gelaai. Die wa is toe half twee uit Stellenbosch, maar nie sonder voorvalle nie. Hendrik het sy eerste chaotiese merk op die toer gemaak deur doodluiters om kwart oor een met sy bagasie by die wa aangepiekel te kom, met voornemens om die middag nog ‘n paar dingetjies in die dorp te gaan doen, en hom rustig voor te berei vir die bus se vertrek. ‘n Dramatiese kwartier later bevind hy hom op die wa, op pad na Algerië bosboustasie in die Sederberge. Read More

Koue Bokkeveld-Visgat April 1976

Vrydag:
Opgewonde en lus vir die week wat voorlê, vertrek die bus vol BT-Kaners laat Vrydagmiddag van Stellenbosch. Gedagtig aan die wyse woorde van die liedjie:

“Wat kwel jy jou vriend oor ‘n syfer of twee?
Kom sing saam oor lente en lewe.
Die proffies het wysheid, ons laat hul daarmee
want ons het die lente, die lewe …” Read More