Waenhuiskrans-Franskraal Gala Desember 1992

Ten spyte van die hitte, het ons op 28 November 1992, stiptelik om eenuur by die Voertuigpoel opgedaag, vol geesdrif en afwagting. Maar dit was alles tevergeefs. Daar was nie genoeg plek op die bus nie. Volgens Gerhard het te min mense op die wa gery. Na ‘n dringende beraadslaging is daar besluit om mev Hugo te gaan vra vir ‘n bussie. ‘n Uur later was ons op pad. Op Waenhuiskrans aangekom, is tente opgeslaan en kos gemaak terwyl Johan S. ‘n jukskei-bedryf uitgepak het. Ons het heerlik geëet aan Marianne se kos – net ‘n voorsmakie van wat sou volg. Daardie aand was daar net een item gewees toe Johan T. almal baie, baie welkom geheet het. Read More

Doringrivier September 1992

Hitte, dorings, uitstekende items, sonbrand, swem en nogmaals hitte: dit was alles definitief kenmerkend van die Doringrivier-toer. Weens die oorvloed inskrywings en mev Hugo se gewilligheid om vir on ‘n bussie te organiseer, kon vyftig avontuurlustige BTKaners op Saterdag, 26 September om half-sewe by die stoor bymekaar kom. Danksy Gerhard se uitstekende organisasie het ons net na sewe-uur weggekom. Dit is voorwaar ‘n prestasie om soveel mense se bagasie, kos, ensovoorts te laai en nog betyds te vertrek. Drie lekkers vir Gerhard! Read More

Oranjerivier Junie 1992

Pofadder, Pella en peanuts.

Daar was veertig. Stoere, gesonde boeredogters en Afrikanerseuns. Met gespierde bobene. Daar was ook ‘n paar Duitsers. Ook met gespierde bobene. Hulle het die Pofadder-wandelpad gepleeg. Read More

Langeberg April 1992

SATERDAG, 28 Maart:

Halfsewe word half-agt, en ons vertrek uiteindelik vanaf die Neelsie. So tussendeur al die kennismakery, geselsery, “ek moes eintlik geswot het die vakansie” word ook ‘n bietjie gesoek na die regte afdraaie.

Teen middagete se kant stop die bus en die middagbrooddames spring aan die werk met die Hawaïanbuns. Met volgepakte sakke en ‘n vermaning dat Theuns nie weer soos gewoonlik die berg moet uithardloop nie …. begin die uitstappie! Read More