Die Berghut leef!

“Die brand, wat op Kersdag weens weerlig naby Diepgat ontstaan het, is dieselfde dag in bedwang gebring. Dit het egter weer opgevlam. Saterdagoggend het ’n sterk noordwestewind van sowat 40km/h die brand na Vogelgatkop en Maanskynkop in die rigting van Stanford aangeblaas.” – Die Burger, 30-12-2012

Die Berghut het in die middel van hierdie verskriklike veldbrand gestaan en het dit wonderbaarlik oorleef, met minimale skade slegs aan die waterpyp.

Baie dankie aan almal wat gehelp het met die brandbestryding en al die gebede.

Gala 2012 toerprys aankondiging | tour costs announcement

En dit is minder as wat jy gedink het dit gaan wees!!

Met inskrywings vir die BTK se alombekende gala-toer en see-vakansie wat om die draai is, kondig ons met groot plesier die toerprys vir Gala 2012 aan:

  • Lede: R1100
  • Nie-Lede: R1200

Read More

Gala – son, see, berg en meer!

Die BTK se alombekende gala-toer en see-vakansie is om die draai! Ons stap vanjaar van Bettysbaai na Pearly Beach. Dis ‘n roete wat jy nie wil mis nie. Ons kombineer al die lekker van die Overberg binne een week se avontuur, pret en plesier. Die toer sluit in: ‘n dag in die Kogelberg Biosfeer Reservaat (‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied), oornag op Wortelgat en aktiwiteite op die Kleinriviermond en natuurlik die mooiste spierwit strande van die Kaap! Dis die ideale tyd om jou vel die nodige son te gee na ‘n lang jaar as ‘n Matie en seker te maak jou somervakansie begin op die regte noot. Kom maak nuwe vriende, sien ‘n stuk van ons kuslyn wat jy nie aldag sal stap nie en wees reg vir die hoogtepunt van die jaar! Read More

BTK bestuur vakature – BTK management vacancy

BTK bestuur 2012/2013 vakature

 
Die bestuur kondig hiermee ‘n vakature op die bestuur vir die termyn 2012 – 2013 aan.
 
Kosdogter / Kosknaap
Beskrywing: dit is die kosdogter/kosknaap se verantwoordelikheid om kos te beplan en te organiseer vir alle naweekuitstappies en bestuursvergaderings. Wat toere aanbetref is die bestuurslid slegs verantwoordelik vir die meng van die BTK-muesli, maar kan die kosma ondesteun in die aankoop die kos vir die toere indien dit so verkies word. Die bestuurslid moet georganiseerd wees, verkieslik `n kar hê, en `n liefde vir pick n pay kan ontwikkel! Read More

Berghut-Werksuitstappie

Op die naweek van 25 tot 26 Augustus het ‘n groep van ses BTK’ners na die voltooide BTK Berghut by Crystal Kloof net buite Hermanus gegaan. Die opgewondenheid was groot, want hierdie was die eerste keer wat BTK’ners in die nuwe Berghut sou oornag. Read More