Richtersveld Julie 1993

Met ‘n kadoef het die busdeur toegeklap
Veertig vrolike vriende is reg vir die stap
Borrelend, babbelend en bruisend vol lewe
Maandag 12 Julie, net na sewe.

Die lang ure van sing-e-ry en speletjies speel
Is afgewissel met die opwinding van naartjies steel
Henk het sy kans aangegryp en begin dweep
Oor sy onverbeterlike veeldoelige biodegradable seep Read More

Skoonste Kaap April 1993

Dis donker. Dis stil.
Dis vroegoggend – 3 April.
Voor die Fisikagebou, wat kan dit wees?
37 Studente vol opwinding en gees!

Kwart voor ses het ons (in BTK taal)
Soos beesmis gemaak en in die pad geval
In die bus het ons gesing en gesels
En kort voor lank was ons almal pels. Read More

Waenhuiskrans-Franskraal Gala Desember 1992

Ten spyte van die hitte, het ons op 28 November 1992, stiptelik om eenuur by die Voertuigpoel opgedaag, vol geesdrif en afwagting. Maar dit was alles tevergeefs. Daar was nie genoeg plek op die bus nie. Volgens Gerhard het te min mense op die wa gery. Na ‘n dringende beraadslaging is daar besluit om mev Hugo te gaan vra vir ‘n bussie. ‘n Uur later was ons op pad. Op Waenhuiskrans aangekom, is tente opgeslaan en kos gemaak terwyl Johan S. ‘n jukskei-bedryf uitgepak het. Ons het heerlik geëet aan Marianne se kos – net ‘n voorsmakie van wat sou volg. Daardie aand was daar net een item gewees toe Johan T. almal baie, baie welkom geheet het. Read More

Doringrivier September 1992

Hitte, dorings, uitstekende items, sonbrand, swem en nogmaals hitte: dit was alles definitief kenmerkend van die Doringrivier-toer. Weens die oorvloed inskrywings en mev Hugo se gewilligheid om vir on ‘n bussie te organiseer, kon vyftig avontuurlustige BTKaners op Saterdag, 26 September om half-sewe by die stoor bymekaar kom. Danksy Gerhard se uitstekende organisasie het ons net na sewe-uur weggekom. Dit is voorwaar ‘n prestasie om soveel mense se bagasie, kos, ensovoorts te laai en nog betyds te vertrek. Drie lekkers vir Gerhard! Read More

Oranjerivier Junie 1992

Pofadder, Pella en peanuts.

Daar was veertig. Stoere, gesonde boeredogters en Afrikanerseuns. Met gespierde bobene. Daar was ook ‘n paar Duitsers. Ook met gespierde bobene. Hulle het die Pofadder-wandelpad gepleeg. Read More