“Ladies and gentleman it is indeed a great honour to me to address you tonight” Cheer!! Ja, dis einste die woorde van General Douglas Mac Arthur maklik ‘n groter hero onder die BT-Kaners as onder die Amerikaners, want hy gooi ons gedagtes weer “boots and all” terug binne in ‘n hoge, ja sommer ‘n baie hoge toer – die Agulhastoer van April 1951.
Vyeboom-Kleinmond September 1945
Saterdag, 22 September – Maandag, 31 September
Eienaardig-snaaks het die maan deur vliesige wasige skimwolkies geskyn toe ons Vrydagaand by die Uitspan in groepies staan en wag op bevel om voort te stryk na ons Rendezvous agter Industria waar ons soos almelewe weer koffetjies geskink en baie gou ou bekende liedjies soos: “Frü Morgens”, “Kamerad” en “Oi oi oi dis ….” laat weergalm deur die aandlug.
Porterville-Bokkeveld April 1945
Dit is eienaardig hoedat elke toer uit die staanspoor uit ‘n karakter dra wat hom vir goed onderskei van alle ander toere daarvoor of daarna. Natuurlik is dit nooit dieselfde groep mense wat elke keer gaan nie – en die omgewing en weersomstandighede bepaal ook tot ‘n groot mate die karakter van ‘n toer. So is daar byvoorbeeld nounog sprake, onder die ouer geslag, van die Groot Reëntweer van April 1941. Dit was ‘n groot toer vanweë die groot aantal toeriste – iewers in die koers van 110 – en ‘n groot reëntoer vanweë die buitengewone hoeveelheid water wat uit alle rigtings die toer benat het.
Jonkershoek Gala 1944
28 November – 05 Desember 1944
Die inleiding tot die galaweektoer was ‘n stywe kennismaking in kisklere in die komiteekamer van die Uitspan. Toe ons die volgende oggend met ‘n harde wind agter ons die kontourpaadjie in Jonkersuitstap, was dit al asof daardie stywe mense op die regopstoeltjies net daar teen die muur bly sit het, en gesellige plaasvervangers het in hulle plek saamgekom.
Du Toitskloof – Ceres – Tulbagh September 1944
Dis nie ‘n ou saak wat baie gebeur dat BT-Kaners ‘n hele toer deur lente-sonskyn kry nie. Hierdie toer het ‘n gerieflike uitsondering gekry vroeg op die reis, toe somar alles – reën, wind en hael – gelyk op die stappers afgeklim het om die gees te verseël. Ja, die vakansiegees was daar, onmiskenbaar daar, van die eerste “sittin’ tune” daar in die “dog box” op die bagasie in die Wellingtonse trein tot die laaste “quittin’ tune” voor ds Louw se huis. Van die begin tot die einde het elkeen gevoel dat hy die toer ten volle geniet – hy het eenvoudig nie ‘n fout gemaak nie.