27 Maart – 03 April 1981
Nouja, van Hel-toe-ganery kom watervloede en ons begin so vier-en-twintig uur voor die toer konsentreer op dié deel van die toerprogram waar staan: LW: TOER ONDERHEWIG AAN VERANDERING!
Donderdag luister ons al van sewe-uur elke uur nuus oor die radio en stories trek rond, vergaderings word gehou en daar word rondgebel na alle oorde. Ai, waantoe nou? Maar laatmiddag versprei die goeie nuus oor die Akker: “Pak julle sakke mense.” Read More