Berghut watertenk-installasie

Vriende,

Die Berghut se water is aangelê en die 1500 liter tenk is geinstalleer en vol! Die oorloop word teruggegooi in die stroompie waaruit dit geneem is!

Die pype se opneem was maklik. Ons het die onderste klofie se paadjie verby die poele gebruik. Die tenk se opdra was egter baie moeilik en ongemaklik. Ons het die nuwe voorgestelde kontoerpad se roete gebruik. Ons het baie gesukkel, maar die manne sien kans vir ‘n tweede tenk van 1500 liter in Februarie wanneer die US weer begin. Die keuse van die grootte van die tenk was korrek. Groter sou dit nie tussen die bome deur gemaak het nie. 1000 liter sou nie makliker wees nie, want dit is dieselfde deursnit as die 1500 liter. Die 500 liter sou baie makliker wees want hy is net 80cm in deursnit maar is te klein.

Baie dankie aan Isak Bosman, MD Greyling, Reinhardt Venter, Hugo Minnaar, Daniel Schoonwinkel, Jacobus Stander, Charl Ellis en Johannes Leuvennink.

Groete
André

Klik hier vir nog foto’s van die uitstappie.

Welkom by die BTK se nuwe tuisblad

Die nuwe bestuur het dit goed gedink om die BTK se website op te gradeer. Saam met die nuwe tuiste is daar ook nuwe inligting en features waarmee ons hoop om u ervaring so lekker as moontlik te maak.

Stuur asseblief enige voorstelle na btk@sun.ac.za.

Berghut Werksuitstappie

Maak geskiedenis en kom wees deel van ‘n span wat die waterpyp gaan aanlê na ons toekomstige berghut.

Op Saterdag die 26ste November, die Saterdag na die Gala, gaan ons na die berghut terrein, 10km buite Hermanus. Ons gaan om water vanuit die rivier na die terrein aan te lê wat benodig word vir die bouwerk. Na baie beplanning gaan bouwerk volgende jaar begin. Dit sal die eerste werk wees wat gedoen word op die terrein. Read More

Bainskloof

Die weer vooruitsigte het nie baie goed gelyk met die aanvang van die Bainskloof naweek van 15 en 16 Oktober nie. Saterdagoggend was dit bewolk en koud en die moontlikheid van reënerige naweek het al hoe meer ‘n realiteit geword. Die groep van 10 het 07:00 die Saterdagoggend by die Neelsie bymekaar gekom en van daar is ons met twee voertuie deur na Bainskloof net buite Wellington. Soos wat ons Bainskloof pas op gery het, het ons deur die wolk lyn beweeg en ‘n mens kon skaars 20 meter voor jou in die pad sien. Read More

Tafelberg Kabelkarretjie

Dit was ‘n winderige Sondag oggend toe 20 opgewonde BTK’ners by Tafelberg sou opstap. Daar is eers gevrees dat die beloofte gratis kabelkarretjie rit nie sou gebeur nie, weens die wind. Die beamptes by die karretjie gesê het die wind gaan heeldag waai (alhoewel dit soos ‘n briesie gevoel het) en dat die karretjie nie sou ry nie. Min wetende dat moeder natuur te werke sou gaan… Read More