Kleinmond Gala 1960

25 November – 5 Desember 1960

Die nagmerrie-eksamens het al reeds geskiedenis geword, en ‘n uitbundige klomp gestewel en genekdoekdes laat twee tamaai HOEKSTEEN-busse se wiele soos dameskoshuis-fietse s’n lyk – pap!! Almal is B.T.K.-gereed en Danie het selfs sy Sederberg-pleister- pêts verruil vir ‘n sierlike rooi-met-wit-kolletjies-lappie wat Marcil met sorg daar vasgemanoever het.

Read More

Sederberge September 1960

Met “wie wil saam die Sederberge met ons klim” op ons lippe en in ons harte, het die wiele onder ons begin draai en is ons vort. Ja, ‘n lewenslustige klomp kakies met rooi behangseltjies het die ou akker vir ‘n sorgvrye week agtergelaat ………..

Read More

Knysna April 1960

14 – 23 April 1960

Die half-drie en half-vier busse vertrek Donderdag saam-saam kort voor half-vyf vol BT-Kaners, koshuistoebroodjies en ook slaapgeriewe vir die reis soos komberse, lugmatrasse en ander BT-Kaners. Voor ligdag die volgende oggend kom ons by ons kampplek kort duskant Wildernis aan. Ons kon ons darem van buite met die vuurtjie en van binne met koffie probeer opwarm.

Read More

Kleinmond Gala 1959

21 – 30 November 1959

Half-drie se kant Saterdagmiddag bondel ‘n opgewonde klomp met eksamen-verby gesigte en skoon kakieklere in die busse in, en weg na oom Erwee se plaas – so betyds dat selfs Truida amper laat gekom het! En – al het die mans dit nie besef nie – was dit goed dat ons nie te laat op Monteith gekom het nie. Hulle het toe tyd gehad om stewige, diep sleës te bou, want die Magtige Konings met ‘n profetiese blik en die beleid “Prevention is better than cure”, het sommer die eerste aand met geweld probeer om ‘n algemene soort hartkwaal wat reeds in sommige gevalle ongeneeslik posgevat het, te voorkom.

Read More

Boland Oktober 1959

25 September – 03 Oktober 1959

Anders as gewoonlik het die toer hierdie keer nie begin met die gedreun van vertrekkende motore en die gegalm van liedjies uit volgepropte busse nie, maar met ‘n klomp BT-Kaners wat streep-streep op die welbekende pad na Jonkershoek aangestap het. Na die eerste paar treë kon fanatieke versamelaars dan ook hul eerste stempel by Coetzenburg-poskantoor kry! Read More