Knysna-Plettenbergbaai-Keurbooms April 1937

“Ons gaan nou sonder sorg op toer,
Wat sal ons langer in boeke boer?
Weg na die velde wat ons trek
En weer nuwe lewe in ons wek.”

So voel ‘n toeris voor ‘n naderende toer, as die boeke-kennis hom begin oormeester en hy met verlange uitsien na die “wydheid van die velde” en die “blou van hemel bo”, wat van hom weer mens gaan maak. Read More

Die Wemmershoekkamp Maart 1937

Omtrent dertig jolige BTKaners het Donderdagmiddag van die Uitspan vertrek, per lorrie, na Wemmershoek. Die Toergees is sommer daar en dan in die lorrie gebore toe ons begin het met “Morgen muss Mein Schatz verreisen”. Na die vrolike rit oor ‘n lekker stamperige pad het ons mnr Du Toit se plaas bereik waar ons sou kamp. Read More

Franschhoek-Genadendal-Hermanus April 1936

Eindelik het die lang verwagte dag aangebreek waarna menige ou toeris met intense verlange uitgesien het en die nuwelinge met hoopvolle verwagting. Op Donderdagmiddag het ‘n string BT-Kaners belaai met toerbenodighede getou na die Uitspan vanwaar die tog sou begin. Die vyf-en-vyftig stuks versier met oulap se rooi om die nekke en op die koppe het vrolik hier weggetrek – voorwaar ‘n heterogene spul wat eens in die kookpot van die toer moes saamgesmelt word. Ons Kaptein dr Koertze wat die uitbundige klomp moes in toom hou het hom meesterlik van sy taak gekwyt en meer dan een toeris vir altyd gewen. Lank lewe ons Kaptein!

Read More

Paasnaweek – Du Toitskloof

Met oë wat vonkel van verwagting en vrolike harte het +28 BT-Kaners Donderdagmiddag hulle na die stasie begewe met die heerlike vooruitsig om in Du Toitskloof vir die naweek te gaan kamp. Die rooi nekdoekies en rooi kêppies het somar ‘n band van samehorigheid geskep en die nuwelinge laat besef dat hulle toeriste is.

Read More