Keerom Junie 2012 Skets

Keerom, Junie 2012, ‘n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman

Dinsdag, 12 Junie:

Of jy nou hiernatoe gery, ge-hitch-hikehet, dalk selfs ‘n draai in Robertson gemaak het of al die pad van Israel af gestap, soos Hugo Minnaar, het, jy is by toerleier Christiaan Rabie se huis en jy kan uiteindelik jou asem uitblaas na die (hopelike) afgehandelde eerste semester. Jy stap verby die vuur wat lekker knetter, en soos wat jy in die huis kom hoor jy net orals die vrolike gelag van studente, jy weet nie by watter geselskap om aan te sluit nie. Read More

Berghut-Werksuitstappie

Op die naweek van 25 tot 26 Augustus het ‘n groep van ses BTK’ners na die voltooide BTK Berghut by Crystal Kloof net buite Hermanus gegaan. Die opgewondenheid was groot, want hierdie was die eerste keer wat BTK’ners in die nuwe Berghut sou oornag. Read More

Victoriapiek Daguitstappie

Op Saterdag, 18 Augustus 2012, het die son geskyn en die voete laat juk na ‘n lang week van gure weer en reënbuie. By Jonkershoek se hek het 19 ywerige studente hulself reggemaak vir ‘n heerlike dag in die berg. Die doel was om die hoogste piek in Jonkershoek, Victoriapiek (1591m bo seëspieel) op die kerfstok te kry. Read More

Van Huisdans tot Helderberg

Weereens het die BTK hul toebroodtjies gepak, game poeier gemors en koffie in flesse gegooi om nog ‘n mooi dag op ‘n berg te spandeer. Hierdie keer was dit die groottoon van Somerset-Wes wat aan die voete van die BTK sou deurloop. Read More