Tafelberg – Tranquility Cracks

Sondagoggend, 13 Mei 2012, het ‘n groot groep studente gestaan en wag voor die Neelsie. Die wag was grootliks te danke aan die BTK se betroubare, blitsvinnige en byderwetse rekenaar. Uiteindelik was almal in die voertuie en soos ‘n stoet in die rigting van die Kaap gery. Een groep het Duiwelspiek gaan klim, terwyl die ander 23 Tafelberg gepak het. Daar het ook 7 internasionale studente van onder andere Iran, Frankryk, Oostenryk en Italië saamgestap. Die ongeluk het die Tafelberg groep al vroeg getref toe Magriet Muller (BTK Bestuur: Kosma) reguit Somerset-Wes toe wou ry met GPS en al. Van hier het dit ‘n reuse poging geverg om al die voertuie, insluitend twee geselskappe uit die Kaap, voor Kirstenbosch se Rycroft hek bymekaar te kry. Een voertuig is toe daar gelos en die res het om die berg tot in Kampsbaai gery. Na die woonbuurte eers goed verken is, is daar by die begin van die Pipe track gestop. Carien du Toit het wel besluit om die woonbuurte ‘n bietjie langer te verken. Read More