Genadendal-Elgin April 1938

Wie kan hom meer ideale omstandighede voorstel as dié waaronder ons Donderdagmiddag ons toer begin het. Met die lorrie al kreunend onder ‘n vrolike klomp BTKaners is ons van Die Uitspan weg, oor Hels-hoogte en deur die fraaie Banhoek-Vallei. Die skoonheid van daardie deel was meer treffend as gewoonlik as gevolg van die opgeruimde gevoel wat in ons geheers het. Die vrolike BTK-liedjies het wyd en syd oor die boorde en plantasies weerklink. Dit was nie eers nodig om met mekaar kennis te maak nie – die omgewing het onwillekeurig kameraadskap geskep.

Read More

Rooi-Els Kamp

02 – 06 Desember 1937

In vrolike stemming wag twintig BT-kaners voor die Uitspan tot alles in gereedheid is, sodat die lorrie hulle na Steenbras kom vervoer. Daar aangeland, begin ons dadelik aanstap om sodoende nog voor sononder by die kampplek te kom. Die lorrie moes egter omdraai om met die motorpad by Rooi-Els te kom. Tant Elsie Grobbelaar, ons kampmoeder, sou ons dan ook eers daar ontmoet.

Read More

Tafelberg-Uitstappie

Dit was ‘n sonnige oggend toe die BT-Kaners vanaf Stellenbosch vertrek het, om hulle weer te verlustig in die wye natuur, na benoude weke van spanning by die boeke.

Met soveel lewenslus het hulle begin klim, dat dit nie gelyk het of die eksamens hulle aangetas het nie. Later het die son, egter, net warm begin word, en toe ons eindelik die middag bo aanland, was almal seker bly. En wat ‘n gesig vanaf die kruin van Tafelberg! Nie een van die wat daar was, sal seker gou die sonsondergang vergeet nie.

Read More

Toerliedjies

Dit was op die Knysna-toer, September 1930, terwyl ons in twee motorbote tussen die bosse en bome aan die walle van Keurboomsrivier deurgly, dat die eerste fondamentsteen vir ‘n versameling van ons eie toerliedjies gelê is. Die wanklinkende geluide van “Intervarsity”-liedjies in hierdie omgewing van natuurskoon en -prag het gemaak dat ons ou voorsitter en staatmaker, Jan Klopper, sy misnoeë oor sulke misplaatste voetbalentoesiasme duidelik te kenne gegee het. Read More