Prof Jacques du Plessis en Prof Gerhard Lubbe, die redakteurs van en bydraers tot die werk ‘n Man van beginsel: die lewe en nalatenskap van J.C. de Wet ontvang die Toon van den Heeverprys vir Regswetenskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Die prys word toegeken vir oorspronklike regskundige werke in Afrikaans; en/of vollengte artikels of ‘n artikel van hoogstaande gehalte in Afrikaans wat in geakkrediteerde regstydskrifte verskyn het; en/of baanbrekende regsuitsprake in Afrikaans.
Die pryse sal tydens bekroningsplegtighede op Stellenbosch op 27 Junie oorhandig word.