KURSUS – DIE NUWE MAATSKAPPYWET NA EEN JAAR

Registrasies vir hierdie kursus sluit op 13 Julie 2012.

Hierdie daglange kursus is gemik op regspraktisyns, ouditeure en sakemense met ‘n behoefte aan ‘n ontleding van die ervaring met die nuwe Maatskappywet sedert die inwerkingtrede daarvan op 1 Mei 2011. Dit word in Afrikaans aangebied.

Die program behels :

‘n paneelbespreking oor praktiese probleme met aktes van oprigting en ander aspekte met Pierre le Roux (Werksmans Stellenbosch), Richard Stevens (US) en Philip Sutherland (US); David Butler (US, oor geskilbeslegting onder die nuwe wet); Fran du Plessis (LDP Stellenbosch, oor die likiditeits- en solvensietoets); Johan Latsky (DLA Cliffe Dekker Hofmeyr Johannesburg, oor fundamentele transaksies); Andreas van Wyk (US, oor eerste regspraak oor ondernemingsredding)

Plek
STIAS, Maraisstraat,  Stellenbosch
Datum
Vrydag 20 Julie 2012
Kursusfooi
R2000-00 per persoon (sluit middagete en kursusmateriaal in)

Navrae en registrasie (laastens 13 Julie):

Eileen Ferrier
Tel:    (021) 808 3561
E-pos: eferrier@sun.ac.za
Faks:  (021) 882 8235 

Sorry, comments are closed for this post.