Regshulpkliniek / Legal Aid Clinic

 Kontak ons / Contact us
Banhoekweg 44
Stellenbosch
Tel: +27 (0)21 808 3600
Faks:  +27 (0)21  887 6270
E-pos: rhkadmin@sun.ac.za
 
44 Banhoek Road
Stellenbosch
Tel: +27 (0)21 808 3600
Fax: +27 (0)21 887 6270
E-mail: rhkadmin@sun.ac.za 
 Wie ons is / Who we are
  • Prokureurs / Attorneys:

    Christian J Julius

    Monja Posthumus-Meyjes

    Nikita Roode

    Stephan van der Merwe

  • Kandidaat-Prokureurs / Candidate Attorneys

    Ashlynn Carels

    Danielle Louw

    Erika Wright

    Lisa Swanepoel

    Natalie Meyer

  • Administrasie / Administration

    Alicia Hector (Administrative Manager: Clinic and Short Courses / Administratiewe Bestuurder: Kliniek en Kortkursusse) 

    Magda Esau (Assistent / Assistant)

    Priscilla Khoaeane (Ontvangs / Reception)

Wat ons doen

Die Suid-Afrikaanse regsstelsel kan slegs doeltreffend wees as dit toeganklik is tot en geloofwaardig is in die oë van die gewone mens.

Die Regshulpkliniek, geleë te Banhoekweg 44, Stellenbosch, funksioneer as ‘n volwaardige prokureurskantoor, wat gratis regsdienste bied aan behoeftiges, terwyl daar terselfdertyd opleiding verskaf word aan finalejaarstudente en kandidaatprokureurs.

Die prokureurs en kandidaat-prokureurs verskyn in landdroshowe in ‘n wye area in die Boland.  Die Kliniek koester ook ‘n kultuur van burgerlike verantwoordelik deur die aanbieding van werkswinkels oor uitsetting, skuldverligting en gesinsgeweld. Verder voorsien die Regshulpkliniek ondersteuningsdienste aan die Ceres, Klapmuts, Worcester en Franschhoek Advieskantore.

Behoeftiges word van ‘n verskeidenheid regsdienste voorsien soos egskeidings, kontraktuele aangeleenthede, familieregskwessies en skuldverligting.

‘n Hoofspesialisasiegebied van die Regshulpkliniek is plaasuitsettings, tans een van die belangrikste regskwessies in die Boland-platteland. Verblyfsreg van werkers op plase hang hoofsaaklik af van dienskontrakte. Swak werksverhoudings lei dikwels tot ontslag, gevolg deur aansoeke om uitsetting. Uitsettings en gevolglike dakloosheid bedreig die menseregte van plaaswerkers en hul kinders – hul word swerwelinge met min hoop om weer wonings te vind en hul familielewe te hervat.

Die volhoubaarheid van die bogenoemde dienste is afhanklik van befondsers vir wie die bevordering van menseregte deur toegang tot geregtigheid belangrik is.

What we do

The South African legal system can only be effective if it is accessible and credible in the eyes of the ordinary citizen. The Legal Aid Clinic is ideally situated to extend access to justice to the poorest of the poor.

The Legal Aid Clinic, situated at 44 Banhoek Road, Stellenbosch, operates as a fully-fledged attorneys’ office, delivering free legal services to the indigent, whilst at the same time training final year law students and candidate-attorneys in the practical application of the law.

The attorneys and candidate attorneys appear in magistrate’s courts in a wide area in the Boland. The Clinic also nurtures a culture of civil responsibility holding workshops on evictions, debt relief and family violence. The Clinic also provides back-up legal services to the Ceres, Klapmuts, Worcester and Franschhoek Advice Offices.

Indigent people are assisted by staff of the law clinic with a wide variety of civil matters like divorce matters, drafting of contracts, family law and debt relief, to name but a few.

The Legal Aid Clinic has a specialized focus on farm evictions,  currently one of the most important legal issues in the Boland region.

Right of residence of farm workers on the farms is solely dependent on employment contracts. Bad labour relations often result in dismissals, followed by eviction applications.  Evictions and consequent homelessness are a real threat to the human rights of farm labourers and their children they become outcasts with little hope of finding homes and protecting their family life.

The sustainability of the above mentioned services is highly dependant on the generosity of funders for whom the promoting of human rights values through access to justice are important.

Regshulpkliniek Nuus / Legal Aid Clinic News

Debt order ruling shows SU’s impact on society, says Rector

The High Court ruling on Wednesday (8 July 2015) in favour of an application by the Stellenbosch University (SU) Legal Aid Clinic about emoluments attachment orders (EAOs, also known as garnishee orders) “is an illustration of SU’s endeavour to make a positive impact on society.”

So said SU Rector and Vice-Chancellor Prof Wim de Villiers in reaction to the ruling. He congratulated the Legal Aid Clinic and other participants in the case.

“We like to use our knowledge to help find solutions to societal challenges. SU took up this case in the public interest.”

Businesswoman Wendy Appelbaum, who was the driving force behind the case, welcomed the ruling. She first approached the Legal Aid Clinic in 2012 when she found out EAOs had been obtained against some of the workers on her wine farm, De Morgenzon.

“I started doing my own research and realised a great injustice was being done. The Legal Aid Clinic had been handling a lot of these cases, and it was fantastic to work with them to make it a broader case with constitutional grounds and far-reaching implications,” she said.

The Legal Aid Clinic was the first applicant in the case, along with 15 of its clients – farmworkers, cleaners and security guards from Stellenbosch and surrounds who had sought help after micro-lenders had obtained EAOs against them, seizing a large portion of their salaries.

Justice Siraj Desai of the High Court in Cape Town declared the EAOs in question “unlawful, invalid and of no force and effect”. He also found that sections of the Magistrates’ Court Act are “inconsistent with the Constitution”.

“The ruling is a great victory – not just for the applicants, but for the poor in general. It sets a precedent that will hopefully clean up the lending industry. And it focuses the state’s attention on its duty to ensure that justice is done for all,” Appelbaum said.

In his judgment, Desai raised two sets of objections. On the one hand there is insufficient “judicial oversight” over EAOs when they are issued by a clerk of the court without the involvement of a magistrate. The Magistrates’ Court Act makes provision for such a procedure, but only if debtors give their written consent. However, Desai found debtors are routinely influenced to sign forms that they do not understand, or that their signatures are blatantly forged.

He strongly criticized what he called “predatory lending practices by credit providers” and urged the Ministers of Justice and of Trade and Industry, as well as the National Credit Regulator, the Human Rights Commission and the Law Society to “take whatever steps they deem necessary to alert debtors as to their rights in terms of this judgment.”

Desai’s other main objection was that orders of this nature are often obtained in courts far removed from the applicants homes and places of work. He found that this “effectively denied” debtors the “right to approach the courts” and was also based on a misinterpretation of the Magistrates’ Court Act.

The ruling outlines the circumstances that led to the predicament of the debtors in question. They are described as “low income earners” supporting “themselves and their families on salaries of between R1 200 and R8 000 per month. They got loans to keep the pot boiling – “at interest rates of 60% per annum”.

“The individual applicants were granted the loans with the repayments at times exceeding 50% of their monthly income. The affordability assessment was either perfunctory or non-existent. These were quite obviously reckless loans and unsurprisingly the applicants defaulted on their repayments.”


Hofuitspraak oor skuldbevele wys US se impak, sê Rektor

Die Hooggeregshofbeslissing Woensdag (8 Julie 2015) ten gunste van die Regshulpkliniek van die Universiteit Stellenbosch (US) se aansoek oor besoldigingsbeslagleggingsbevele (BBB’s) “is ʼn uitbeelding van ons strewe om ʼn positiewe impak op die samelewing te maak”.

Só het prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, in reaksie op die uitspraak gesê. Hy het Regshulpkliniek en ander betrokkenes gelukgewens.

“Ons gebruik graag ons kundigheid om oplossings te help vind vir maatskaplike uitdagings. Die US het hierdie saak in die openbare belang opgeneem.”

Me Wendy Appelbaum, ʼn sakevrou en die dryfveer agter die saak, het die uitspraak verwelkom. Sy het die Regshulpkliniek in 2012 genader toe daar BBB’s teen van die werkers op haar wynplaas, De Morgenzon, bekom is.

“Ek het my eie navorsing begin gedoen en besef hier vind ʼn groot onreg plaas. Die Regshulpkliniek was reeds besig met ʼn klomp sake, en dit was fantasties om met hulle saam te werk om dit ʼn wyer saak met grondwetlike gronde en verreikende implikasies te maak,” het sy gesê.

Die Regshulpkliniek was die eerste applikant in die saak, tesame met 15 van sy kliënte – plaaswerkers, skoonmakers en veiligheidswagte van die omgewing wat om hulp aangeklop het nadat mikroleners hofbevele teen hulle bekom het om beslag te lê op ʼn groot deel van hul salarisse.

Regter Siraj Desai van die Hooggeregshof in Kaapstad het die betrokke BBB’s Woensdag “onwettig” en “ongeldig” verklaar. Hy het voorts ook bevind dat sekere bepalings van die Wet op Landdroshowe strydig met die Grondwet is.

“Die uitspraak is ʼn groot oorwinning – nie net vir die applikante nie, maar vir die armes in die geheel. Dit stel ʼn presedent wat hopelik die leningsbedryf gaan skoonmaak. En dit vestig die staat se aandag op sy plig om geregtigheid vir almal te laat geskied,” het Appelbaum gesê.

In sy uitspraak het Desai twee stelle besware geopper. Enersyds was daar nie voldoende geregtelike oorsig oor die betrokke BBB’s nie omdat die bevele deur klerke van die hof bemiddel is sonder ʼn besluit deur ʼn landdros. Die Wet op Landdroshowe het tot nou toe wel voorsiening gemaak vir so ʼn prosedure mits skuldenaars daartoe instem, maar Desai het bevind die skuldenaars is beïnvloed om vorms te teken wat hulle nie behoorlik verstaan het nie, of dat hul handtekening blatant vervals is.

Hy het hom sterk uitgespreek teen wat hy “roofdieragtige leningspraktyke deur kredietverskaffers” genoem het, en gesê die Ministers van Justisie en van Handel en Nywerheid, asook die Nasionale Kredietreguleerder, die Menseregtekommissie en die Regsvereniging moet “alle nodige stappe neem om skuldenaars in kennis te stel van hul regte ingevolge hierdie uitspraak”.

Desai se ander hoofbeswaar is dat bevele van hierdie aard dikwels verkry word van howe ver van skuldenaars se woon- of werkplekke. Dit belemmer hul se reg om die howe te nader, en berus boonop op ʼn waninterpretasie van die Wet op Landdroshowe.

Die uitspraak skets die omstandighede wat daartoe gelei het dat die applikante in die knyp beland het. Hulle word beskryf as mense met ʼn “lae inkomste” wat hul families op salarisse van “tussen R1 200 en R8 000 per maand” onderhou. Hulle het lenings gekry om die pot aan die kook te hou – teen “rentekoerse van 60% per jaar”.

“Lenings is toegestaan sonder inagneming van die aansoekers se geldelike posisie en verpligtinge. In sekere gevalle het hul terugbetalings meer as 50% van hul maandelikse inkomste beloop. Dit was roekelose lenings, en is dus nie verbasend dat die aansoekers agter geraak het met hul terugbetalings nie,” het Desai gesê.

Hy voer aan ʼn “skuldenaar sal dalk toegee dat hy agter geraak het, maar dit is hoogs onwaarskynlik dat hy sal instem tot onbekostigbare premies wat van sy salaris verhaal moet word, en dat die saak beslis moet word in ʼn hof waartoe hy nie toegang het as hy die ongenaakbare voorwaardes van sy beslagleggingsbevel wil betwis nie”.

Hy het beslis van die respondente – spesifiek al die mikroleners behalwe een wat nie die aansoek teengestaan het nie, en hul regsfirma wat gebruik is om skuld in te vorder – moet die applikante se regskoste dra. Die regsfirma Webber Wentzel het pro bono opgetree.

Me Odette Geldenhuys van Webber Wentzel het verduidelik slegs die Grondwetlike Hof kan wetgewing ongrondwetlik verklaar, en dus moet Desai se uitspraak dat sekere artikels van die Wet op Landdroshowe ongrondwetlik is, vir bevestiging verwys word.

Desai het uitgewys “miljoene mense landswyd is weens misbruik van die BBB-stelsel in ʼn soortgelyke situasie vasgevang”.

Geldenhuys het benadruk dat nie alle BBB’s nou eensklaps ongeldig is nie. “Die hof het nie ʼn probleem met BBB’s as sodanig nie – net as dit misbruik word en onregmatig bekom is. As jy ʼn BBB teen jou het, vat al jou dokumente na ʼn prokureur of advieskantoor of regshulpkliniek toe sodat hulle kan kyk of daar ongerymdhede is.”

Me Mathilda Rosslee, Koördineerder van die Regshulpkliniek se Finansiële Geletterdheidsprojek, sê sy en haar kollegas hanteer “baie sulke sake”. Sy alleen het jaarliks gemiddeld 163 skuldverwante sake op haar lessenaar.

“Ons gaan wel ook proaktief te werk deur opleiding in skole en op plase aan te bied oor geldsake. Ons glo dat kennis mense bemagtig, en dat ons sodoende ʼn toename van hierdie probleme kan teenwerk,” het sy gesê.

Die US se Regshulpkliniek funksioneer as ’n volwaardige prokureurskantoor wat gratis regsdienste bied aan behoeftiges, terwyl daar terselfdertyd opleiding verskaf word aan finalejaarstudente en kandidaatprokureurs. Sy prokureurs en kandidaatprokureurs verskyn in landdroshowe dwarsoor die Boland, en die Regshulpkliniek verleen ook ondersteuning aan advieskantore in Ceres, Klapmuts, Worcester en Franschhoek. Die Regshulpkliniek bied voorts werkswinkels aan oor uitsetting, skuldverligting en gesinsgeweld.

“Die Suid-Afrikaanse regsstelsel kan slegs doeltreffend wees as dit toeganklik en geloofwaardig is in die oë van gewone mens. Ons dra hiertoe by deur bystand te verleen aan diegene wat regshulp benodig maar dit nie kan bekostig nie,” het mnr Kruger van der Walt, Direkteur van die Regshulpkliniek, gesê.

Legal Aid Clinic brings application in respect of Emoluments Attachment Orders

On 24 November 2014, the Legal Aid Clinic, University of Stellenbosch and fifteen impoverished people with Emoluments Attachment Orders (EAOs) brought an application at the High Court, Western Cape Division, Cape Town, for orders [inter alia]: Condoning the applicant’s non-compliance with the Uniform Rules relating to time-periods, forms and service; and Declaring: the words “the…

Die Regshulpkliniek open deure in Worcester

Op 20 Maart 2013 het die Regshulpkliniek van die Universiteit van Stellenbosch ‘n kantoor in die Mediese Fakulteit van dié Universiteit se Ukwanda-Gesondheidsentrum te Worcester geopen. Die Regshulpkliniek se doel met die opening van ’n kantoor in Worcester is om behoeftige persone van die platteland toegang te bied tot kwaliteitregsdienste. Aanvanklik sal prokureurs van die Stellenbosch-kampuskliniek…

Regshulpkliniek bied werkswinkel op Robertson aan

Op Vrydag 2 Maart 2012 het Marion Hattingh, Chris Julius en Ina-Marie Booysen van die Regshulpkliniek ‘n werkwinkel oor verblyfsekerheid en die pligte van plaaslike owerhede tydens uitsettings aangebied. Die werkswinkel is die vyfde wat die afgelope ses maande aangebied is in die Kaapse Wynland-streek en is gemik op die opleiding van alle munisipale amptenare…