New book on public procurement regulation in Africa

In January Cambridge University Press published Public Procurement Regulation in Africa edited by Prof Geo Quinot (Stellenbosch University) and Prof Sue Arrowsmith (University of Nottingham). The book aims to address the shortage of scholarship in the area of public procurement regulation on the African continent and to promote future research. In the book the law governing public procurement in a number of African systems is analysed and key themes relevant to all African states are looked at. Part I discusses the regulatory regimes of nine African systems using a common framework, providing both a focused view of these African systems and an accessible comparative perspective. In Part II, key regulatory issues in public procurement that are particularly relevant in the African context are assessed through a comparative approach. The chapters consider the influence of international regulatory regimes (particularly the UNCITRAL Model Law on procurement) on African systems and provide insights into the way public procurement regulation is approached in Africa. Apart from contributions by Quinot, the book also contains chapters written by Prof Phoebe Bolton and Dr Sope Williams-Elegbe, both of Stellenbosch University. The book is one of the first major outcomes of the work done by the African Public Procurement Regulation Research Unit, established at Stellenbosch University in 2012. More information on the book is available at www.cambridge.org/9781107028326.


Nuwe boek oor staatsverkrygingsreg in Afrika

In Januarie het Public Procurement Regulation in Africa onder redaksie van Prof Geo Quinot (Universiteit Stellenbosch) en Prof Sue Arrowsmith (Universiteit van Nottingham) by Cambridge University Press verskyn. Die boek is daarop gemik om die tekort aan navorsing in die area van staatsverkrygingsreg in Afrika aan te spreek en om verdere navorsing te bevorder. In die boek word die staatsverkrygingsregstelsels van ‘n aantal Afrika-lande ondersoek sowel as sleuteltemas relevant vir alle Afrika-lande. Deel I bespreek die regulatoriese raamwerk in nege Afrika-lande in terme van ‘n gemeenskaplike struktuur, wat beide ‘n gefokusde analise van hierdie Afrika-lande se stelsels weergee en ‘n toeganklike vergelykende perspektief bied. In Deel II word sleutel regulatoriese kwessies in staatsverkryging wat van besondere relevansie vir Afrika-lande is, ondersoek deur middel van ‘n regsvergelykende metode. Die hoofstukke ondersoek die invloed van internasionale regulatoriese instrumente (soos die UNCITRAL Model Law on procurement) op Afrika-lande en verskaf insig oor hoe staatsverkrygingsreg benader word in Afrika. Buiten bydraes deur Quinot, bevat die boek ook hoofstukke deur Prof Phoebe Bolton en Dr Sope Williams-Elegbe, beide van Universiteit Stellenbosch. Die boek is een van die eerste groot produkte van die navorsing gedoen in die African Public Procurement Regulation Research Unit, wat in 2012 by die Universiteit Stellenbosch tot stand gebring is. Meer inligting oor die boek kan gevind word by www.cambridge.org/9781107028326.

Sorry, comments are closed for this post.