SU Law Clinic shortlisted as a finalist in the 2018 African Legal Awards

The Stellenbosch University (SU) Law Clinic has been shortlisted as a finalist in the category ‘Specialist Law Firm of the Year’ in the prestigious 2018 African Legal Awards. It becomes the first university law clinic to be shortlisted for this prestigious award.

The Law Clinic will compete for the award with other top law firms including Allen & Overy, Webber Wentzel, DLA Piper, Bowmans and Spoor & Fisher. Spoor & Fischer won the award in 2017.

The African Legal Awards recognises exceptional achievements, excellence and innovation in the legal profession in Africa.

An awards ceremony is to be hosted by Legal Week  ̶  the organisers of The British Legal Awards  ̶  and the Corporate Counsel Association of South Africa (CCASA). The awards ceremony will bring together legal communities across Africa at The Wanderers Club in Johannesburg on Friday 7 September 2018.

“Being shortlisted is a significant achievement for the Law Clinic because legal services is only one component of our business. Yet, the quality of our service offering places us on par with the best law firms in the country”, said Dr Theo Broodryk, Head of the SU Law Clinic.

“Specialist law firms are generally regarded as firms specialising in a specific field of law such as constitutional law, intellectual property law, and so forth,” he explains.

The SU Law Clinic has been involved in significant legal impact matters, such as potentially precedent-setting discrimination litigation and tampon tax proposals, and is recognised as a leader in the various fields in which it operates.

The winner of the Achievement Award, as adjudicated by the CCASA, will also be announced at the awards evening. Last year, Chief Justice Mogoeng Mogoeng, received this award.


US Regskliniek een van Afrika se mees toonaangewende regsfirmas

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Regskliniek is ʼn finalis in die 2018 Afrika Regstoekennings (2018 African Legal Awards)-kompetisie waar dit in die kategorie ‘Spesialis Regsfirma van die Jaar’ sal meeding. Die Regskliniek is die eerste universiteitsregskliniek om vir hierdie gesogte toekenning gekortlys te word.

Die ander finaliste is top regsfirmas soos Allen & Overy, Webber Wentzel, DLA Piper, Bowmans en Spoor & Fisher. Laasgenoemde het die toekenning in 2017 gewen.

Die Afrika Regstoekennings erken buitengewone prestasies, uitnemendheid en innovering in die regsberoep in Afrika.

Die geleentheid sal deur Legal Week  ̶  die organiseerders van die Britse Regstoekennings (The British Legal Awards)  ̶  en die Korporatiewe Raadsvereniging van Suid-Afrika (Corporate Counsel Association of South Africa – CCASA) aangebied word. Die toekenningseremonie sal regslui regoor Afrika op Vrydag 7 September 2018 by die Wanderers Club, Johannesburg byeenbring.

“Om op die kortlys te wees, is ʼn uitsonderlike prestasie vir die Regskliniek omdat regsdienste slegs een komponent van ons werksaamhede is. Tog plaas die gehalte van die dienste wat ons bied ons op gelyke voet met die beste regsfirmas in die land,” het dr Theo Broodryk, hoof van die US se Regskliniek, gesê.

“Spesialis regsfirmas word oor die algemeen beskou as firmas wat spesialiseer in ʼn spesifieke spesialisgebied soos grondwetlike reg, intellektuele eiendomsreg, ensovoorts,” het hy verduidelik.

Die US se Regskliniek is betrokke by wesenlike regsimpak-aangeleenthede, soos potensiële presedentskeppende diskriminasie-litigasie en voorstelle vir tampontaks. Dit word erken as ‘n leier op die verskillende gebiede waarin dit werksaam is.

Die wenner van die Prestasietoekenning, wat deur die CCASA gekies word, sal ook by die seremonie op 7 September aangekondig word. Hoofregter Mogoeng Mogoeng het die toekenning in 2017 ontvang.

Besoek www.sulawclinic.co.za vir meer inligting oor die US Regskliniek.

Sorry, comments are closed for this post.