AgriWetenskappe
Die belangrikheid van agronomie is nie net van uiterse belang vir boere nie, maar wel vir almal. Agronomie behels die wetenskap en die tegnologie waarmee kos, brandstof en vesels produseer word, hetsy kos vir menslike gebruik asook voer vir diere. Agronomie handel veral oor gewasbestuur wat ook die bestuur van die omgewing waarin die gewas groei, insluit.
Die Departement se betrokkenheid in die wetenskap van plante is een van die mees belangrike skakels om die toenemende nood vir voedsel, brandstof en vesel in `n oorbevolkte wêreld, wat boonop die uitdagings van klimaatsverandering in die gesig staar, die hoof te bied. Daar is `n ernstige tekort aan agronome en met toenemende uitdagings sal dié aanvraag selfs toeneem.
x
x
x
x
empty
empty tag
Moet ek Fisiese Wetenskappe as vak in Graad 12 hê om Agronomie te kan studeer?
Ja, jy het beide Wiskunde en Fisiese Wetenskap nodig.
Kan ek Agronomie swot met Wiskundige Geletterdheid?
Nee, ongelukkig benodig jy suiwer Wiskunde. Met Wiskundige Geletterdheid kan jy egter oorweeg om die programme aan die Landboukollege Elsenburg, wat 10km buite Stellenbosch geleë is, te volg
Wat is die toelatingsvereistes (dus skoolvakke en relevante grade) vir die BSc Agronomie program?
‘n Minimum van 60% gemiddeld vir die NSS, 50% vir Afrikaans of Engels, 60% vir Wiskunde en 50% vir Fisiese Wetenskap word vereis.Let asseblief daarop dat daar net ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar is, en deur te voldoen aan die vereistes, waarborg ongelukkig nie ‘n plek in die program nie.
Hoeveel jaar swot ek om graad in Agronomie te behaal?
Die program duur vier jaar.
Wat is die vereistes as ek nie die NSS-kurrikulum volg nie?
Universiteitsvrystelling met Wiskunde, Fisiese Wetenskappe (beide Fisika en Chemie).
Wat is my loopbaanopsies in die studieveld?
Loopbane in die landbou is heel divers. Kyk asseblief na die Agronomie-voorlegging en ook na die Alumni Profiele vir enkele voorbeelde.
Kan ek direk na my Agronomie-graad vir `n MSc registreer?
Ja, in beginsel kan jy, maar die minimum vereistes vir jou vakke in die finalejaar kan verskil, afhangende van die instansie waar jy beplan om te registreer.
Sluit my program veldwerk in?
Ja, vanaf die 2de jaar sal jy geleidelik meer tyd in die veld deurbring. Veldekskursies vind meestal plaas tydens 3 uurlange praktiese sessies. In jou 4de jaar, sal daar van jou verwag word om `n mini-navorsingsprojek te voltooi, wat veldwerk kan insluit (afhangend van die tipe projek wat jy kies).
Waar sal ek om werk kan aanklop?
In die saad-, kunsmis- en plantbeskerming-nywerhede, by agribesighede en vele ander. Die aanvraag na agronome oortref gewoonlik die aanbod.
Wat is hidroponika of vertikale boerdery?
Hidroponiese produksiestelsels word al hoe meer belangrik namate die druk toeneem om hulpbronne soos grond, water, bemesting en die omgewing te beskerm. Grondlose kultuur (of hidroponika) is `n breë term en sluit alle tegnieke in vir die groei van plante in soliede media anders as die
grond (substraatkultuur) of `n deurlugte nutriënt-oplossing (waterkultuur). Aangesien plante nie hoef te soek na nutriënte nie, kan hulle meer energie vir biomassa-akkumulasie aanwend. Plante kan ook nader aanmekaar groei in hidroponiese stelsels omdat die wortels nie uitwaarts groei nie, maar alleenlik afwaarts. Derhalwe word hidroponiese stelsels lof toegeswaai dat hulle stewiger gewasse met hoër opbrengste in kleiner ruimtes kan lewer. Vertikale boerdery, of binnenshuise produksie, is die praktyk en proses waar gewasse in vertikale gestapelde lae geproduseer word. Vertikale stelsels word in gekontroleerde omgewings gebruik wat help om produksie te optimiseer deur verskeie tegnieke soos hidroponika, akwaponika en aeroponika.
Wat is `n kweekhuis?
`n Kweekhuis is gewoonlik `n struktuur met mure en ’n dak van glas wat gebruik word om plante te produseer. Kweekhuise word in ’n verskeidenheid vorms en groottes aangetref, maar die mees algemene struktuur bestaan uit `n plastiektonnel met oop deure en flappe. Die doel met ’n kweekhuis is om `n omgewing te skep wat meer gunstig vir plantgroei as die omgewing buite is. Dit kan binne warm bly met sonlig vir beide die plante en die lug wat dit huisves. Sonlig word vir fotosintese aangewend, maar addisionele kunsmatige beligting kan ook gebruik word. Voordele van kweekhuise sluit in: vars produkte is die heel jaar beskikbaar; `n langer groeiseisoen; beskerming teen peste en insekte en die vermoë om gewasse buite-seisoen te produseer.
Watter rol speel tegnologie in boerdery?
Wêreldwyd leef boere in die era van tegnologie. Hulle integreer tegnologie in alle aspekte van hul lewe, naamlik werk, hul sosiale lewe, die gesin, gesondheid en algemene welstand, asook wat geëet word. Die aanname van nuwe digitale tegnologie het Suid Afrikaanse boere gehelp om beter opbrengste en gehalte graangewasse te produseer, veral koring en gars. Wetenskap en tegnologie is besig om al meer belangrik te raak wat boerdery betref. Nuwe tegnologie kan verskeie aspekte van boerderystelsels verbeter soos hoe grond geboer behoort te word; hoe presies plante moet groei; hoe die arbeidsmag bestuur moet word. Daar is verskeie faktore wat die sukses van boere raak. Die aanvaarding van nuwe praktyke en tegnologie is belangrik om voedselsekuriteit te verseker. Boere moet op hoogte van sake bly oor nuwe tegnologie wat hulle sal help om gewasse meer doeltreffend te produseer.
Daar is verskeie maniere hoe tegnologie boerdery raak:
(a) Gewasgenetika. Die doel van teelprogramme is om meer produktiewe plante te vestig. Tegnologiese vorderings, soos merkergesteunde-teling, stel boere dwarsdeur die wêreld in staat om verhoogde opbrengste te bewerkstellig.
(b) Arbeid en outomasie. Meganisasie het van die grootste impakte nog op boerdery gehad. Verbeterings in boerdery-tegnologie het daartoe gelei dat meer kos met minder arbeid geproduseer kan word.
(c) Fasiliteite (soos kweekhuise). Produksie van sekere gewasse (soos tamaties en komkommers) het in die afgelope jare byna uitsluitlik in kweekhuise geskied. Hierdie stelsels bied al hoe meer gesofistikeerde tegnologie soos Wi-Fi, outomatiese nutrientstelsels, en nog talle meer, wat help om produksie te verhoog. Boere kan hierdie slim-fasiliteite met hulle selfone beheer en selfs verstellings aan toestande doen, sonder om voet in die kweekhuis te moet sit.
(d) Spesialisasie. Laastens het meer gevorderde tegnologie `n gespesialiseerde benadering tot boerdery gebring. Byvoorbeeld, die gebruik van hommeltuie maak dit moontlik vir ’n boer om op net ’n deel van ’n stuk grond verstellings aan te bring en sodoende koste en tyd te bespaar.
Watter faktore affekteer gewasproduksie?
Dié faktore kan soos volg in 3 basiese kategorieë gegroepeer word: tegnologiese faktore (boerderypraktyke, bestuursbesluite); biologiese faktore (peste, siektes, onkruid, grondbeperkings) en omgewingsfaktore (klimaat, topografie en watergehalte) om net enkeles te meld.
Hoeveel en wat is die verskillende boerderystelsels?
Die faktore wat plantgroei en ontwikkeling beïnvloed hang grootliks af van die tipe boerderystelsel.
Daar is verskeie soorte boerderystelsels:
(a) Bewerkingsboerdery: die boer plant gewasse soos groente, graan of peulgewasse.
(b) Gemengde boerdery: hier word die aanplanting van gewasse gemeng met veeproduksie op dieselfde grond. Die meeste tradisionele plase maak van dié stelsel gebruik.
(c) Bestaansboerdery: hier is die enigste doelwit om voedsel te produseer vir die boer en sy/haar gesin.
(d) Kommersiële boerdery: dié soort stelsel gebruik `n groot stuk grond om `n spesifieke gewas soos koring, katoen, ens. te produseer. Plantasies word ook soms na verwys na boomgewasboerdery.
(e) Veeboerdery: soortgelyk aan bewerkingsboerdery, maar veeboere fokus alleenlik op die grootmaak van diere en nie plante nie.
Wat is onkruiddoders en pesdoders?
Onkruiddoders word gewoonlik gebruik om skadelike plante soos onkruid of ongewenste plante te beheer. Gewoonlik is onkruiddoders gewas-spesifiek en maak slegs die spesifieke plant dood, soos Roundup wat grasse uitwis. Daar is ook onkruiddoders wat breë spektrum bied en enige plant doodmaak waarmee dit in kontak kom.
Pesdoders beskerm gewasse van verskeie skadelike organismes soos:
(a) Insekdoders wat insekte doodmaak of afweer.
(b) Onkruiddoders wat onkruide en skadelike plante doodmaak.
(c) Knaagdierdoders dood knaagdiere.
(d) Bakterisiede dood bakterieë.
(e) Swamdoders wis swamme uit.
Hoe beïnvloed boerdery praktyke en bestuur grondgesondheid?
Grondorganiese koolstof, of grondorganiese material, is die vernaamste aandrywer van grondgesondheid. Dit is die primêre faktor wat impak sal uitoefen op volhoubare gewasproduksie. Boerdery kan grondgesondheid op drie hoofwyses raak:
(a) Nutriënt sirkulering. Boere voeg gereeld nutriënte by die grond om opbrengste te verbeter, maar van dié nutriënte en kunsmisstowwe kan die mikro-organismes, wat in die grond leef, se vermoë om natuurlike verbindings (wat deur plante benodig word) te produseer, beïnvloed.
(b) Grondverlies. Een aspek van boerdery behels die bewerking van grond. Oor die algemeen is grond wat gebuk gaan onder intensiewe bewerking, meer verweer met laer vlakke van natuurlike grondvrugbaarheid. Dit veroorsaak ook dat groot hoeveelhede chemiese kunsmisstowwe gereeld toegedien moet word wat biologies onnodig, hoogs onekonomies en ekologies beskadigend is.
(c) Oorbeweiding. Boerderystelsels wat vee insluit, kan dikwels grond beïnvloed deur oorbeweiding, of waar diere groot hoeveelhede van die natuurlike weiding benut. Oorbeweiding kan tot gronderosie lei en in uiterste gevalle kan verwoestyning plaasvind.
Hoekom is landbou belangrik?
Vir talle lande is landbou die hoofbron van ekonomiese welvaart, en voorsien voedsel, inkomste en loopbane vir vele inwoners, veral in landelike gebiede.