Die Rektor se verwelkoming:

Prof Wim de Villiers

Welkom, toekomstige Maties!

Hierdie Opedag-webtuiste bied aan jou die geleentheid om te sien waaroor die Universiteit Stellenbosch (US) gaan. Blaai deur hierdie bladsye, en gaan op ’n virtuele toer om te sien wat ons geriewe bied.

Om op ’n loopbaan ná skool te besluit kan oorweldigend wees, maar jy sal hier al die inligting vind wat jou nodig het om jy te kalmeer en jou opgewonde te maak oor die lewe op ons kampusse.

’n Kwalifikasie van ons instelling sal vir jou wêreldwyd deure open en jou met uitgebreide netwerke van kundiges verbind. Maar hier sal jy baie meer as akademiese kennis van ’n hoë gehalte kry. Universiteit gaan ook daaroor om professioneel en persoonlik te groei en om vriende langs die pad te maak. By die US sal jy dit in oorvloed ervaar – vra maar ons alumni!

forward together,
sonke siya phambili,
saam vorentoe

Onthou, ons is in die top 1% van die wêreld se universiteit. Ons is inklusief, innoverend en fokus daarop om die samelewing positief te beïnvloed. Ons het ook vennootskappe met van die wêreld se voorste hoëronderwysinstellings.

Ons sien uit daarna om van jou te hoor en kan nie wag om jou aanstaande jaar op ons kampus te verwelkom nie.

Prof Wim de Villiers
Rektor en Visekanselier

Afrikaans