Ondersteuningsdienste

Alle studente akkommodasie navrae, rakende voorgraadse koshuise en/of privaat geakrediteerde verblyf.

empty

empty tag

Hoe doen ek aansoek vir koshuisplek?

Koshuisaansoeke maak deel uit van die algemene aansoek vir toelating tot die Universiteit Stellenbosch. Gaan na www.maties.com om aanlyn aansoek te doen

Wanneer sluit die koshuis aansoeke?

Koshuisaansoeke sluit op 31 Julie en ongelukkig aanvaar ons geen laat aansoeke nie

Wat is die kanse om in die koshuis van jou keuse geplaas te word?

Ons ontvang gewoonlik meer aansoeke as wat daar plek beskikbaar is en daarom kan ons ongelukkig nie waarborg dat jy ‘n plek in die koshuis of ’n plek in die koshuis van jou keuse sal kry nie, koshuis plek is beperk en onderworpe aan ’n keuringsproses.         

Ek is aanvaar vir ‘n program op Tygerberg kampus, mag ek aansoek doen om verblyf op Stellenbosch kampus?

Nee, maar indien jou eerste studiekeuse onderworpe is aan uitgebreide keuring (soos ’n program in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe), mag jy ook ’n tweede studiekeuse op jou aansoek aandui. Só verseker jy dat jy steeds vir koshuisplek oorweeg word, selfs al word jy nie vir jou eerste studiekeuse aanvaar nie.

Op die aansoekvorm sal jy wel die geleentheid kry om ‘n keuse uit te oefen vir verblyf op Tygerberg kampus, sou jy aanvaar word vir ‘n program in Gesondheidswetenskappe.

Hoe ver is Tygerberg vanaf die hoofkampus op Stellenbosch?

Tygerberg kampus is 45 km vanaf Stellenbosch kampus.

Wanneer sal ek terugvoer ontvang rakende my plasing op Tygerberg kampus?

Koshuisplasings op Tygerberg kampus vind eers plaas sodra die keuringsproses afgehandel is.

Ek is aanvaar vir BAgric (Elsenburg) kan ek geplaas word in koshuis op Stellenbosch kampus?

BAgric (Elsenburg)-studente doen aansoek om koshuisplasing op Elsenburg, waar die program aangebied word.

Teen wanneer sal ek hoor of ek in ‘n koshuis geplaas is?

Die plasingsproses sal teen 31 Oktober afgehandel wees. Jy behoort teen daardie tyd te weet of jy ’n plek in die koshuis gekry het. Indien jou aansoek onsuksesvol was, sal ons dit ná 31 Oktober bevestig.

Wat is die hoof kriteria vir koshuisplasing?

Die Universiteit gebruik akademiese prestasie as hoofoorweging om koshuisaanbiedinge aan eerstejaars op Stellenbosch-kampus te maak.

Aanbiedinge in dié kategorie berus op jou graad 11-eindeksamenpunte indien jy in jou graad 12-jaar aansoek doen.

Is daar enige ander kriteria’s vir plasing?

Die Plasingskantoor oorweeg ook kriteria soos die diversiteits profiel van studente, plasing van studente met beurse (gebasseer op finansiele behoeftigheid), sportplasings, rektorsdiskresionêre plasings, studente in verlengde graadprogramme en studente met fisiese gestremdhede wat hul mobiliteit beïnvloed.

Hoe werk dit as ek koshuisplek ontvang?

Jy sal ’n reserveringsaanbod ontvang wat vra dat jy ’n aanvaardingsbedrag van R5 100 binne 30 kalenderdae betaal. Dit beteken nie dat jy in ‘n spesifieke koshuis geplaas is nie.          

Ek kan nie die aanvaardingsbedrag binne die gegewe tydsbestek bekostig nie?

Indien die Universiteit nie jou aanvaardingsbedrag teen die sperdatum ontvang nie, sal ons aanvaar dat ons jou aansoek om koshuisplasing kan kanselleer. Jou aansoekstatus op www.maties.com sal dan na “gekanselleer” verander.

Ek is in die proses om aansoek te doen om finansiële ondersteuning kan ek versoek op kwytsgelding vir die aanvaardingsbedrag?

Indien jy op grond van behoeftigheid finansiële bystand ontvang, kan jy van die aanvaardingsbedrag vrygestel word en, sodra jy ‘n bewys van finansiële steun het, vir plasing oorweeg word indien plekke beskikbaar is.

My reserveringaanbod is gekanselleer wat doen ek?

Stuur asseblief ‘n epos na info@sun.ac.za of skakel die Kontak en Kliëntedienssentrum by 021 808 9111.

Teen wanneer sal ek weet in watter spesifieke koshuis ek geplaas is?

Plasing word gewoonlik in September gedoen. Die koshuis waarin jy geplaas word, sal op www.maties.com onder jou aansoekstatus verskyn en ‘n bevestigingsbrief sal dan aan jou gestuur word. Indien jy op enige stadium nie meer in ’n koshuisplek belang stel nie, kanselleer asseblief jou aansoek deur ‘n e-pos te stuur. info@sun.ac.za.

Ek is nie in my voorkeur koshuis geplaas nie kan ek versoek om geskuif te word?

Koshuisplek is beperk en daarom kan ons ongelukkig nie waarborg dat jy ’n plek in ’n koshuis van jou keuse sal kry nie. Ons streef daarna om in al ons koshuise diversiteit te bevorder en studente uit verskillende agtergronde eweredig oor koshuise te versprei. Daarom volg ons die riglyne van die koshuisplasingsbeleid en kan ons ongelukkig geen oorplasings of verskuiwings na ander koshuise oorweeg nie.

Kry ek voorkeur indien enige van my familielede by US studeer het?

Die Universiteit behandel oud-Maties se studentekinders dieselfde as alle ander studente en verleen nie voorkeur op grond van alumnistatus nie.

Ek wil graag geallokeer word in ‘n enkelkamer wat is die moontlikheid?

Daar is GEEN enkelkamers vir eerstejaars beskikbaar nie, behalwe in Majuba en Metanoia.

Kan ek my motor kampus to bring, is daar parkering beskikbaar by die koshuis?

Daar is baie min parkeerplek op kampus. Senior studente kry voorkeur met die toekenning van parkeerplek by koshuise en in strate.

Wat gebeur as ek nie koshuisplek kry nie?

Indien jy teen 31 Oktober nog nie ’n gereserveerde of bevestigde plek in ’n koshuis gekry het nie, was jou aansoek om koshuisplasing onsuksesvol. Jy sal aan die begin van November bevestiging hiervan ontvang. Jy sal nou op die waglys kan registreer. Hou asseblief ingedagte dat ’n plek in ’n koshuis of ’n koshuis van jou keuse nie op hierdie stadium gewaarborg kan word nie. Plekke is baie beperk en daarom beveel ons sterk aan dat jy ook privaatverblyf oorweeg. www.maties.com > akkommodasie > privaat verblyf

Waar doen ek aansoek vir die waglys vanaf 1 November?

Gaan na www.maties.com en klik op “Waglys”. Dit is die enigste plek waar jy op die waglys kan registreer of deregistreer.

Wat is PSO?

Studente wat nie in koshuise woon nie, word outomaties aan ‘n Privaatstudenteorganisasie- (PSO-) wyk toegeken. PSO-wyke neem aan al die Universiteit se aktiwiteite op kulturele, sosiale én sportvlak deel en word ook saam met koshuise by klusters ingedeel. Hou in gedagte dat privaat wyke nie verblyf verskaf nie, maar sorg dat PSO studente by alle universiteitsaktiwiteite inskakel.

Ek beoog om liewer privaat te woon is daar enige ander opsies beskikbaar?

As jy dus inligting oor privaat verblyf wil hê, besoek die webtuiste http://www.sun.ac.za/english/maties/accommodation/private-accommodation vir meer inligting oor privaat geakkrediteerde verblyf. 

Ek het my reservering/koshuisplek gekanselleer is my deposito terugbetaalbaar?

Indien jy voor of op 31 Oktober kanselleer, sal jy die volle koshuisaanvaardingsbedrag terugontvang. Indien jy ná 31 Oktober kanselleer, sal die Universiteit jou ’n kansellasiefooi vra. Indien jy later as ’n week ná die beskikbaarstelling van die NSS-resultate aan die begin van die studiejaar kanselleer, sal jy ongelukkig die volle aanvaardingsbedrag verbeur.

Afrikaans