Ondersteuningsdienste

Ervaar die dinamiese, innoverende US Biblioteek deur middel van ‘n virtuele toer! Jy gaan uitstekende dienste en hipermoderne hulpbronne ontdek, en moenie ons webtuiste mis nie https://library.sun.ac.za/af-za/. Vra jou vraag en kry die antwoord in ons lys van gereelde vrae (FAQs).

empty

empty tag

Hoeveel biblioteke het Universiteit Stellenbosch?

Universiteit Stellenbosch se Biblioteek- en Inligtingsdiens het ses biblioteke. Die hoofbiblioteek, wat bekend staan as die Universiteit Stellenbosch Biblioteek, is op die Stellenbosch kampus geleë. Die ander vyf takbiblioteke is op drie kampusse geleë. Hulle is die Ingenieurs- en Bosboubiblioteek, die Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Biblioteek, die Musiekbiblioteek, die Teologie Biblioteek en die Bellvilleparkkampusbiblioteek. Lees meer oor ons biblioteke op ons webblad: https://library.sun.ac.za/af-za/Libraries/Pages/default.aspx

Is biblioteekdienste gratis?

Ja, biblioteekdienste is gratis vir alle geregistreerde studente, personeel en navorsers van die US. Besoek ons webblad om meer oor ons dienste te lees: http://library.sun.ac.za/af-za/Usingthelibrary/Pages/Undergraduate-guide.aspx

Wat is die biblioteekure?

Biblioteekure wissel na gelang van die tyd van die jaar en die verskillende takbiblioteke. Sien asseblief die biblioteekgids (Library Guide) met biblioteekure vir meer besonderhede. Die Universiteit Stellenbosch Biblioteek se ure gedurende die akademiese jaar is bv as volg:
Ma – Do: 08:00 tot 22:00
Vr: 08:00 tot 17:30
Sa: 10:00 tot 16:30
So: Gesluit

Lees meer oor die biblioteekure hier: https://libguides.sun.ac.za/hours

 

Hoe kan ek meer leer oor die biblioteekbronne?

Die biblioteek bied verskeie opleidingsgeleenthede vir studente. Party word virtueel aangebied, party in die biblioteek en ander as deel van departementele opleidingsessies. Hierdie geleenthede dek ’n wye reeks onderwerpe, insluitend hulp met werkopdragte en hoe om inligting te vind, die gebruik van verwysingshulpmiddele en datawerksessies. Raadpleeg ons opleidingskalenders hier: https://sun.ac.za.libcal.com/calendar/stb

Hoeveel boeke kan biblioteekgebruikers leen?

Die aantal boeke wat geleen mag word hang af van die vlak van studie aan die Universiteit. Voorgraadse studente kan 6 boeke vir 14 dae leen, nagraadse studente 15 items vir 30 dae en akademiese personeel 30 items vir 90 dae. Lees meer oor uitleenvoorregte op ons webblad: https://library.sun.ac.za/af-za/Usingthelibrary/borrow/Pages/default.aspx

Het die biblioteek my voorgeskrewe boeke?

Die biblioteek se reserwe-afdeling verskaf vir kort periodes toegang tot materiaal wat dikwels gebruik word. Maak gebruik van Soek Biblioteekbronne om te sien watter boeke in die biblioteek beskikbaar is: http://library.sun.ac.za/af-za/Pages/Home.aspx

Het die biblioteek Wi-Fi?

Ja, Wi-Fi is beskikbaar in al die geboue van die US se Biblioteek- en Inligtingsdiens. Lees meer oor koordlose toegang op ons webblad: https://library.sun.ac.za/af-za/Help/Pages/wireless-access.aspx

Kan ek vanaf my huis of koshuis toegang kry tot biblioteekbronne?

Ja, die meeste elektroniese hulpbronne wat die biblioteek voorsien, is vir geregistreerde studente en personeel van die Universiteit van buite die kampus toeganklik. Toegang kan verkry word deur in te teken via die biblioteek se webblad met jou geregistreerde US besonderhede. Lees meer oor toegang tot ons bronne op ons webblad: https://library.sun.ac.za/af-za/Help/Pages/offcampus-electronic-access.aspx

Waar vind ek tutoriale en video’s wat my meer oor die biblioteek se hulpbronne kan leer?

Opleidingstutoriale en -video’s word op die biblioteek se YouTube kanaal (https://www.youtube.com/user/SUNBibVideos) en webblad gelaai ( https://library.sun.ac.za/en-za/Learning/Pages/howto.aspx

Het ek toegang tot elektroniese boeke?

Ja, die biblioteek het baie e-boeke wat vir studente en personeel beskikbaar is. Gebruik die soekfunksie, Soek Biblioteekbronne, om e-boeke te vind: http://library.sun.ac.za/af-za/Pages/Home.aspx

Kan ek drukwerk in die biblioteek doen?

Ja, die biblioteek se rekenaars is gekoppel aan die US se ‘Secure Pull Print’-bestuurstelsel. Studente kan by enige van die multifunksie drukkers in die biblioteke dokumente druk, kopieer en skandeer deur hul studentekaart te gebruik. Sommige afdelings, soos die Leersentrum en die Navorsingsruimte, het toegewyde multifunksie drukkers. Lees meer hieroor hier: http://library.sun.ac.za/af-za/Usingthelibrary/Pages/Copy-print-scan.aspx

Is daar groepstudieruimtes beskikbaar in die biblioteek?

Ja, daar is ’n aantal vergaderlokale in die biblioteek beskikbaar. In die Leersentrum in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek is daar drie gesprekskamers wat aanlyn bespreek kan word en in die Carnegie Navorsingsruimte is daar vier seminaarkamers vir gebruik deur meester- en PhD-studente.

Is daar ruimtes in die biblioteek beskikbaar vir individuele aanlyn vergaderings?

Ja, daar is twee sodanige vertrekke beskikbaar. Die een is in die Leersentrum in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek en die ander een in die Carnegie Navorsingsruimte. Laasgenoemde word beperk tot gebruik deur meester- en doktorale studente, navorsers en akademiese personeel.

Wat is die Leersentrum (Learning Commons)?

Die Leersentrum bied ’n innoverende en stimulerende leeromgewing waar studente met gemak kan werk en waar hulp met enige tegniese kwessies byderhand is. Lees meer oor die Leersentrum hier: https://library.sun.ac.za/af-za/Learning/lc

Wat is die Navorsingsruimte (Research Commons)?

Die Carnegie Navorsingsruimte is ’n toegewyde navorsingsomgewing waar nagraadse studente en personeel gemaklik kan werk met kundige bystand byderhand indien nodig. Lees meer oor hierdie ruimte hier: https://library.sun.ac.za/af-za/Research/rc/Pages/default.aspx

Wat is ’n innovasieruimte (makerspace)?

’n Innovasieruimte is 'n samewerkende omgewing waar tegniese hulpmiddels, soos 3D-drukkers, gebruik word om nuwe voorwerpe te skep. Studente kom na innovasieruimtes om ondersoek in te stel, te bou, te skep en te peuter. Daar is meer inligting oor die Universiteit Stellenbosch Biblioteek se innovasieruimte op ons webblad: https://library.sun.ac.za/af-za/Learning/Pages/Makerspace.aspx

Wat is Spesiale Versamelings?

Spesiale Versamelings is 'n afdeling binne die biblioteek wat unieke materiaal huisves wat gespesialiseerde sekuriteit en gebruikersdienste vereis. Die afdeling se materiaal bestaan uit skaars boeke, manuskripte, foto's en/of argiefmateriaal. Lees meer oor ons Spesiale Versamelings op ons webwerf: http://library.sun.ac.za/en-za/Research/SC/Pages/About.aspx

Afrikaans