Ondersteuningsdienste

Die Taalsentrum is ʼn lewendige bymekaarkomplek vir studente, personeel en kliënte wat hulp met taal of kommunikasie verlang. Ons vergesel jou op jou reis met taal. Ons sentrum huisves kundiges oor die aanleer van taal en taalonderrig, akademiese geletterdhede en professionele kommunikasie, vertaling, teksversorging, tolking en korporatiewe kommunikasie. Besoek gerus ons webwerf, volg ons op Facebook en Instagram of stuur ʼn e-pos na taalsentrum@sun.ac.za.

x

x

x

x

x

x

x

x

empty

empty tag

Hoekom het die Universiteit ʼn taalsentrum?

The Language Centre’s mandate is to offer language support to our students and clients, and to promote multilingualism. We do this in a variety of ways, from offering language and communication courses and academic literacies modules, to running a Writing Lab where you can get free writing tips and support, and a Reading Lab where you can learn to read better and faster. We also make available interpreting in class, and editing and translation services. During the pandemic, most of these services are available online if face-to-face contact is not advisable or possible.

Hoekom sal enigiemand meertalig wil wees?

Om meertalig te wees – wat beteken dat jy meer as twee tale kan verstaan en praat – sal nuwe wêrelde vir jou open. Meertalige mense neig om meer bewus van hul omgewing te wees en misleidende inligting makliker raak te sien. Dit lyk ook asof hulle rasioneler besluite neem, beter maniere kry om probleme op te los het, meer dinge op ʼn slag kan doen, nuwe vaardighede vinniger aanleer, beter kommunikeer en selfs beter skryf. Kortom: Meertaligheid is ʼn superkrag! Dit is ook een van die eienskappe wat die Universiteit graag wil hê jy moet hê wanneer jy graad vang.

Hoe ondersteun die Taalsentrum meertaligheid?

Die Taalsentrum bied verskeie taalkortkursusse aan. Jy kan basiese Xhosa of Afrikaans saam met ons leer, heelwat pret in die proses hê en selfs geborg word as jy gelukkig is. Kyk gerus na die oopkopmaniere wat ons Taalleerhubbied om ʼn nuwe taal aan te leer. Jy kan ook jou akademiese Engels by ons opskerp. Verder bied ons modules in akademiese geletterheid en professionele kommunikasie in sommige fakulteite aan, wat jou kan help om ‘universiteit’ te leer praat én jou help voorberei om op ʼn professionele manier te kan kommunikeer. As jy graag vir ʼn graad in tale wil inskryf, moet jy na die BA-programme in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe kyk.

Ek praat nie ‘universiteit’ nie. Kan julle daarmee help?

Die vermoë om akademiese tekste te lees en te skep en om gesprekke daaroor te hê, kom nie vanself nie. Dit is amper soos om ʼn nuwe taal aan te leer – ʼn taal wat jy nog nooit gebruik het nie. By die Taalsentrum bied ons kredietdraende akademiese geletterheid en professionele kommunikasie aan om jou te ondersteun om hierdie nuwe taal aan te leer en te gebruik – om te leer om ‘universiteit’ te praat én jou help voorberei om op ʼn professionele manier te kan kommunikeer. Ons werk saam met die fakulteite om jou te ondersteun terwyl jy jou kennis uitbou en leer hoe om te leer.

Kan julle my help met my akademiese skryfwerk?

Absoluut. Ons Skryflab is ʼn veilige ruimte waar jy met ʼn skryfkonsultant kan ontmoet en kan gesels oor jou akademiese skryfwerk. Jy kan hierheen kom soveel as wat jy wil, en ons diens is gratis. Ons bied ook akademiese geletterheid en professionele kommunikasie modules aan in die meeste fakulteite, wat jou sal help om ‘universiteit’ te leer praat én jou help voorberei om op ʼn professionele manier te kan kommunikeer.

Kan julle my help met my akademiese leeswerk?

Baie graag, ja! Ons Leeslab bied jou verskeie maniere om jou leesvaardighede te versterk, van gratis kort werksessies tot ReadTheory, ʼn aanlyn leesbegripstoepassing vir studente en wat jou leesvermoë sal opskerp, op watter leesvlak jy ook al is. Ons werk ook saam met sommige fakulteite om ons diens in party kursusse in te sluit. Sommige van hierdie dienste is ook gratis.

Kan ek kies om in Afrikaans of Engels te studeer?

Ja, jy kan. Jy sal met die fakulteit waar jy wil studeer moet seker maak hoe hul taalplan lyk, want dit bepaal die taal waarin vakke aangebied word. Jy kan ook van tolking in die klaskamer gebruik maak as dit beskikbaar is vir jou vakke. Ons bied ook akademiese geletterheid en professionele kommunikasie aan in Afrikaans en Engels om jou te help om die vaardighede waarmee jy dalk meer gemaklik in een van daardie tale is, oor te dra na jou ander vakke.

Tolking? Wat is dit?

Ons bied die opsie om simultane tolking in die klas te gebruik – dit is wanneer iemand ʼn gesproke vertaling of ʼn vertaling in gebaretaal bied van wat iemand anders sê terwyl hulle dit sê. Jou fakulteit se taalplan sal bepaal of tolking in die klas vir jou ʼn opsie sal wees. Maar jy kan altyd vra. Ons tolk na Afrikaans, Engels, Xhosa en Suid-Afrikaanse Gebaretaal – in persoon of aanlyn, afhangend van die situasie.

Wat anders bied julle?

Ons bied kortkursse in kommunikasie aan vir enigiemand wat werk en wat hul vaardighede wil opskerp, so jy hoef nie ʼn Universiteitstudent te wees om daarvoor te kan in te skryf nie. Kyk gerus na wat die Kommunikasielab aanbied – jy kan leer hoe om aanbiedings met skop te doen, leer hoe om suksesvol in die kantoor te kommunikeer, of selfs jou digitale bemarkingsvaardighede slyp. Ons bied ook ʼn uitstekende TEFL kursusaan om Engels as vreemde taal te onderrig, en jy kan ʼn IELTS-voorbereidingskursus by ons doen as jy die IELTS-eksamen moet aflê as bewys van jou taalvaardigheidsvlak in Engels.

Afrikaans