Ondersteuningsdienste

Ons Sentrale Aansoekkantoor kan jou help met enige e-aansoek en ander aansoek verwante navrae. Hier kan jy meer inligting kry oor hoe om aansoek te doen by die Universiteit van Stellenbosch en die toelatings- en keuringsvereistes vir die beskikbare programme.

empty

empty tag

Waar kan ek aansoek doen?

Die e-aansoek is beskikbaar op www.maties.com.

Watter programme bied julle aan?

Lees op oor al die programme wat ons aan die Universiteit Stellenbosch aanbied deur "Wat kan ek studeer" te besoek. Wat kan ek studeer.

Kan ek vir meer as een program aansoek doen?

Ja, jy mag ‘n maksimum van drie programme uit enige fakulteit kies.

Wat is die toelatingsvereistes?

Elke program het sy eie vereistes. Jy kan die nodige inligting hieroor kry onder Toelatings- en keuringsvereistes op die webblad.

Moet ek die Nasionale Normtoets (NNT) skryf?

Die NNTs is net verpligtend vir aansoekers tot die Regsgeleerdheid fakulteit en School of Tomorrow studente.

Wanneer maak aansoeke oop en wat is die sluitingsdatum?

Aansoeke maak 4 April oop en sluit 31 Julie vir alle voorgraadse programme.

Wanneer kan ek aansoek doen vir koshuis verblyf?

Tydens die e-aansoek. Besoek gerus Akkommodasie vir meer inligting.

Teen wanneer kan ek verwag om terugvoer rakende my aansoekstatus te kry?

Nie later as 30 September nie.

Afrikaans