Ondersteuningsdienste

Eenheid vir Gestremdhede, Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling

Die Eenheid vir Gestremdhede (EG) bied ‘n reeks dienste aan studente met gestremdhede. Ons adviseur studente met gestremdhede oor die moontlike ondersteuning wanneer hulle by SU is. Ons bespreek ook toepaslike akademiese ondersteuning en verseker dat akademiese materiaal toeganklik is vir studie, toets en eksamens doeleindes is. Die EG bied ook die kurrikulêre Lei met Gestremdheid program vir studente. Kom gesels met ons oor verdere gestremdheidsverwante onsekerhede deur on by disability@sun.ac.za te kontak. Volg ons op die Eenheid vir Gestremdhede Facebook-bladhttps://www.facebook.com/sudisabilityunit/. Besoek ons by Victoriastraat 39, House Simon Nkoli Huis, Stellenbosch.

x

x

x

empty

empty tag

Watter gestremdhede ondersteun die Eenheid vir Gestremdhede?

Ons ondersteun alle gestremdhede en spesiale behoeftes, sover dit moontlik is. Ons doen ons uiterste bes om studente met gestremdhede tegemoet te kom.

Is ondersteuning of spesiale vergunnings van skool of matriek outomaties oordraagbaar?

Nee, hierdie reëlings is nie outomaties oordraagbaar nie. Wanneer jy jou akademiese loopbaan by die Universiteit begin, moet jy ʼn nuwe aansoek indien wat die riglyne van die Universiteit nakom. As jy geregistreer is, kan jy inteken by https://www.sun.ac.za/afrikaans/students/Pages/Tests-and-Exams.aspx - jy sal inligting oor toetse en eksamens onder die studies-hofie kry. Gaan na die deel wat oor ekstra skryftyd handel. Daar is dokumentasie wat jy, jou fakulteit, en jou praktisyn moet voltooi.

Sal die feit dat ek ʼn gestremdheid aanmeld, veroorsaak dat ek nie aanvaar word nie?

Jou aansoek word op meriete beoordeel en sal saam met al die ander aansoeke wat ontvang is, in ag geneem word. Jy sal jou gestremdheid en spesiale leerondersteuningsbehoeftes moet aanmeld as jy wil hê dit moet in ag geneem word wanneer jy aansoek doen.

As ek by ander universiteite ook aansoek gedoen het en ʼn beursaansoek by daardie aansoeke ingesluit het, sal die beursaansoek outomaties aan die US gestuur word?

Nee. Daar is nie outomatiese oordrag tussen universiteite nie. Vul asseblief ʼn beursaansoek in om jou US-aansoek te vergesel.

Assesseer julle mense om vas te stel of daar ʼn gebrek of ʼn spesiale behoefte bestaan?

Nee, ons doen nie assessering nie. Ons sal jou vra vir ʼn rekord of geskiedenis van jou toestand.

As ek nog nooit voorheen gediagnoseer of geassesseer is nie en ek nie seker is of ek bystand kan kry nie, wat kan ek doen?

Maak ʼn afspraak met ʼn US-voorligter by die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling. Hy of sy sal jou kan help om die pad vorentoe te bepaal.

Watter akademiese ondersteuning is beskikbaar as ek wel ʼn gestremdheid het?

Dit varieer, afhangend van jou gestremdheid en die spesifieke ondersteuning wat jy benodig. Moontlike akademiese ondersteuning sluit in dat jou doseerlokale verander kan word as hulle nie fisiek vir jou toeganklik is nie; die gebruik van sagteware wat jou tekste kan lees en skryf; aansoeke vir toets- en eksamenvergunnings; en aangepaste drukwerk.  

Watter steuntegnologie is beskikbaar om te gebruik en só toegang tot leesmateriaal te verkry?

Ons het die volgende sagteware beskikbaar: leessagteware (soos JAWS), braille-vertaalsagteware (soos Duxbury), vergrotingsagteware (soos ZoomText) en lees- en skryfsagteware (soos WYNN en Read & Write).

Ondersteun die Eenheid vir Gestremdhede studente met gestremdhede met befondsing?

Nee, die Eenheid verskaf inligting aan studente oor beurse en befondsingsgeleenthede en wanneer beursbefondsing beskikbaar gestel word.

Watter beurse is spesifiek afgestem op studente met gestremdhede?

Die Nasionale Finansiëlehulpskema vir Studente (NSFAS) bied befondsing aan studente met gestremdhede. Die skema bied befondsing vir steuntoestelle, maaltye, onderrig, vervoer, menslike ondersteuning en akkommodasie. Die organisasie Blind SA bied visueel gestremde studente befondsingsondersteuning. Jy kan die US se Beursekantoor in die Admin A-gebou op die Stellenbosch-kampus besoek vir meer inligting en ondersteuning in hierdie verband.

Afrikaans