Ingenieurswese

Die Departement Chemiese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch dra met trots by tot die opleiding en lewering van goed afgeronde en uiters bekwame chemiese ingenieurs. Ons bied ʼn graad in Chemiese Ingenieurswese wat deur die Ingenieursraad van Suid-Afrika (IRSA) geakkrediteer word. Dit beteken dat die graad minimum vier jaar neem om te voltooi, en dat jy nadat jy toepaslike ervaring in die bedryf opgedoen het, by IRSA aansoek kan doen om registrasie as ʼn professionele ingenieur. Ons span van 20 voltydse dosente is toegewyd tot die aanbieding van ʼn interessante en verrykende leerervaring, en ontwikkel weetgierige ingenieurs met ʼn uitstekende wetenskaplike grondslag wat probleme met kreatiwiteit en innovering kan oplos. Ons streef daarna om ʼn liefde vir leer te kweek, asook ʼn passie vir wetenskap en ingenieurswese. Kyk gerus na hierdie video om meer uit te vind oor die Departement en ons fasiliteite.

Afrikaans