Opvoedkunde

Die navorsingsfokus van die Departement Opvoedkundige Sielkunde is gemik op die opvoedkundige sielkundige ontwikkeling van menslike potensiaal in skole en gemeenskappe. Die uiteindelike doel is om toepaslike inklusiewe skool- en gemeenskapsgebaseerde opvoedkundige sielkundige programme sowel as gespesialiseerde programme te ontwikkel en te implementeer. Dit bied geleenthede vir optimale ontwikkeling en selfaktualisering.
Meer inligting oor die volgende programme kan gevind word by ‘Studiemoontlikhede – Nagraadse Programme’:
- MEd Opvoedkundige Ondersteuning
- MEd Opvoedkundige Sielkunde
- Loopbaanmoontlikhede vir die Opvoedkundige Sielkundige
