Natuurwetenskappe

Die Menslike Lewenswetenskappe graadprogram is 'n propvol program wat teorie en praktiese werk insluit, met Fisiologie as die hoofvak. In die Fisiologie teorie-modules sal jy leer hoe die sistemiese, metaboliese en sellulêre komponente van die liggaam funksioneer en hoe dit verband hou met siektetoestande soos MIV, Alzheimer se siekte, Diabetes, ens. In die praktika sal jy dan hierdie teorieë toepas deur gebruik te maak van die nuutste, hoë-tegnologiese leerinstrumente vir studente.

Vir meer inligting besoek: http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/science/physiologicalsciences/

empty

empty tag

Wat studeer jy in Fisiologie?

Fisiologie is die studie van die menslike liggaam en al sy geïntegreerde biochemiese stelsels en bane wat die menslike liggaam laat funksioneer.

Watter vakke moet ek op die hoërskool neem om aanvaar te word vir die Menslike Lewenswetenskappe graadprogram?

Die BSc Menslike Lewenswetenskappe- program bied twee strome: naamlik die stroom Biologie; en die stroom Biologie met Sielkunde.Die volgende hoërskoolvakke is nodig vir toelating tot die onderskeie twee strome:

Stroom 1: Biologie
Spesifieke toelatingsvereistes:
• Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) - 4
• Fisiese Wetenskappe - 4
• Wiskunde - 6 (As jy Wiskunde 114, 144 en Fisika 114, 144 gaan neem) OF Wiskunde - 5 (As jy Wiskunde (Bio) 124 en Fisika (Bio) 134, 154 gaan neem)

Stroom 2: Biologie met Sielkunde
Spesifieke toelatingsvereistes:
• Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) - 4
• Fisiese Wetenskappe - 4
• Wiskunde - 5

Beide hierdie strome kan lei tot ’n honneursprogram in Fisiologiese Wetenskappe. Indien jy toepaslike keusemodules neem, lei stroom 1 ook tot ’n honneursprogram in Anatomie, Biochemie of Genetika. Stroom 2 lei ook tot ’n honneursprogram in Genetika of Sielkunde. Vir meer inligting, kyk na die Fakulteit Natuurwetenskappe Jaarboek (Deel 5) by:
http://www.sun.ac.za/english/Documents/Yearbooks/Current/2021-Natuurwetenskappe.pdf

Wat behels 'n graad in Menslike Lewenswetenskappe (Biologie; of Biologie met Sielkunde)?

Vir hierdie twee strome benodig jy die volgende vakke om die graad te voltooi:

Stroom 1: Biologie
1 ste jaar: Biologie, Chemie, Wiskunde, Fisika, Wetenskap in Konteks
2 de jaar: Biochemie, Biometrie, Genetika, Fisiologie, plus Anatomie of Mikrobiologie
3 de jaar: Fisiologie, plus een van die volgende: Anatomie of Biochemie of Genetika

Stroom 2: Biologie met Sielkunde
1 ste jaar: Biologie, Chemie, Wiskunde, Fisika, Sielkunde, Wetenskap in Konteks
2 de jaar: Biochemie, Biometrie, Genetika, Fisiologie, Sielkunde
3 de jaar: Genetika (2 modules), Fisiologie (4 modules), Sielkunde (3 modules) OF Genetika (4 modules), Fisiologie (2 modules), Sielkunde (3 modules)

Fisiologie is ook by die Sportwetenskap-graad ingesluit. Indien jy die tweede 3 jaarsopsie in die stroom Biologie met Sielkunde, met 4 Genetika- modules kies, kan jy aansoek doen vir nagraadse studies in Genetiese Berading.

Is die Menslike Lewenswetenskappe-graadprogram 'n goeie alternatief as jy wag op toelating vir medies?

Ja, dit is 'n goeie alternatief, maar SLEGS as jy in Fisiologiese Wetenskappe belangstel, aangesien daar GEEN waarborg is dat jy vir medies gekeur sal word nie. Jy kan enige ander program volg waarin jy geïnteresseerd is voordat jy weer vir medies aansoek doen Daar word slegs ‘n klein hoeveelheid studente vir medies gekeur na die 1 ste jaar van BSc, en slegs as jy al jou vakke met onderskeiding slaag. Jy kan ook weer vir medies aansoek doen nadat jy jou BSc-graad verwerf het, maar weereens sal jy jou graad met onderskeiding moet slaag om in aanmerking vir keuring te kom. Raadpleeg die Fakulteit Natuurwetenskappe se Jaarboek (Deel 5) vir meer besonderhede: http://www.sun.ac.za/english/Documents/Yearbooks/Current/2021-Natuurwetenskappe.pdf

Watter tipe werksgeleenthede is daar na voltooiing van die graad?

Daar is baie werksgeleenthede vir studente wat die Menslike Lewenswetenskappe-graad voltooi, insluitend, maar nie beperk tot die volgende opsies:

  • Studente kan in die navorsingsveld bly en óf vir 'n mediese navorsingsonderneming werk, óf met nagraadse studies voortgaan om eendag vir ‘n Universiteit te werk en sodoende voort te gaan met hul navorsing en ook die geleentheid te kry om ‘n dosent te wees.
  • Met 'n BSc Lewenswetenskappe-graad kan jy in die farmaseutiese industrie werk.

Ander nagraadse opsies en beroepe:

  • Sielkunde (Klinies, Voorligting)
  • Onderwys (NOS - Nagraadse Onderwys Sertifikaat)
  • Joernalistiek (Mediese / Leefstyljoernalis)
  • LLB (Patentprokureur)
  • MBA
Watter soort navorsing doen die Departement van Fisiologiese Wetenskappe en hoe kan ek deel word daarvan?

Die Departement Fisiologiese Wetenskappe onderneem ondersoekende navorsing om die gesondheidsuitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, beter te verstaan. Ons het verskeie navorsingsgroepe onder leiding van uitstekende hoofondersoekers wat ‘n verskeidenheid siektetoestande ondersoek (sien tabel hieronder). Die grondrede hiervoor is om ’n dieper begrip van die onderliggende meganismes wat die aanvang van patofisiologiese toestande dryf, te verkry, en om uiteindelik nuwe terapeutiese intervensies te kan ontwerp..

Die verskillende navorsingsgroepe sluit in:

Navorsingsgroepe Hoofondersoekers
Kardio-Onkologie navorsingsgroep Dr B Sishi
Kardio-Metaboliese navorsingsgroep Prof F Essop
Spiernavorsingsgroep Prof K Myburgh
Neuro-navorsingsgroep Prof B Loos
Kankernavorsingsgroep Prof A-M Engelbrecht
Geïntegreerde Metaboliese Navorsingsgroep Dr T Nell
Kliniese Hemoreologie en Bloedstollingsgroep Prof R Pretorius

Om deel te word van een van hierdie navorsingsgroepe, moet studente ten minste 'n honneursgraad in die Departement Fisiologiese Wetenskappe voltooi.

 

Watter nuwe BSc-graadprogramme is beskikbaar?

Daar is twee nuwe strome in die BSc-program beskikbaar wat Fisiologie as hoofvak het:

1. Stroom Toegepaste Medisinale Chemie;
2. Stroom Biomediese Wiskundige Wetenskappe

Stroom: Toegepaste Medisinale Chemie
Spesifieke Toelatingsvereistes

  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste addisionele Taal) – 4
  • Fisiese Wetenskappe – 4
  • Wiskunde – 6

Verdere Studiemoontlikhede

  • Hierdie stroom lei tot ʼn honneursprogram in Fisiologiese Wetenskappe of in Chemie. Vir meer besonderhede oor toelating tot die honneursprogram wat jy oorweeg, raadpleeg asseblief die betrokke honneursprogram se uiteensetting in die hoofstuk “Nagraadse Programme” van die Fakulteit Natuurwetenskappe se Jaarboek (Deel 5).

.

1 ste jaar (140 krediete)
Verpligte Modules

Biologie 124(16), 154(16)
Chemie 124(16), 144(16)
Wiskunde 114(16), 144(16)
Fisika 114(16), 144(16)
Wetenskap in Konteks 178(12)

 

2 de jaar (144 krediete)
Verpligte Modules

Biochemie 214(16), 244(16)
Biometrie 212(16), 242(16)
Chemie 214(16), 234(16), 254(16), 264(16)
Fisiologie 214(16), 244(16)

 

3 de jaar (128 krediete)
Verpligte Modules

*Plantkunde 354(16)
**Patentereg 314(16)
Chemie 314(16), 324(16), 344(16), 364(16)

 

*Diversiteit in plantvorm en -funksie
**Regsaspekte van patent- en innovasiebestuur

Stroom: Biomediese Wiskundige wetenskappe

Spesifieke Toelatingsvereistes

  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste addisionele Taal) – 4
  • Fisiese Wetenskappe – 4
  • Wiskunde – 6

Verdere Studiemoontlikhede

  • Hierdie stroom lei tot ʼn honneursprogram in Fisiologiese Wetenskappe of Wiskunde.
  • Hierdie stroom lei ook tot ʼn Nagraadse Diploma in Ingenieurswetenskap, wat verder kan lei tot ʼn Meestersgraadprogram in Ingenieurswetenskap en ʼn PhD in Biomediese Ingenieurswese in die Fakulteit Ingenieurswese.

Vir meer besonderhede oor toelating tot die honneursprogram wat jy oorweeg, raadpleeg asseblief die betrokke honneursprogram se uiteensetting in die hoofstuk “Nagraadse Programme” van die betrokke fakulteit se Jaarboekdeel.

1 ste jaar (140 krediete)
Verpligte Modules

Toegepaste Wiskunde 144(16)
Biologie 124(16)
Chemie 124 (16), 144(16)
Rekenaarwetenskap 114(16), 144(16)
Wiskunde 114(16), 144(16)
Wetenskap in Konteks 178(12)

 

2 nd year (minimum 133, maximum 144 credits)
Compulsory Modules
(credits =112)

Biochemie 214(16), 244(16)
Biometrie 212(8), 242(8)
Fisiologie 214(16), 244(16)
Wiskunde 214(16), 244(16)

plus
Keusemodules
(krediete = minimum 16, maksimum 32)
Kies een of twee modules uit die onderstaande lys.

Toegepaste Wiskunde 214(16), 244(16)
Rekenaarwetenskap 214(16), 244(16)
Wiskunde 278(32)

3 de jaar (128 krediete)
Verpligte Modules
(krediete = 80)

Fisiologie 314(16), 334(16), 344(16), 364(16)
Fisiologie 374(16)

plus
Keusemodules
(krediete = 48)
Kies modules ter waarde van 48 krediete uit die onderstaande lys.

Toegepaste Wiskunde 324(16), 354(16)
Wiskunde

314(16), 324(16), 344(16), 365(16)

Wiskunde 378(32)

 

Kontak ons

http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/science/physiologicalsciences

Afrikaans