Opvoedkunde

Wat is SU Advantage?

SU Advantage is 'n revolusionêre aanlyn aanvullende opvoedkundige platform geskep deur die Universiteit Stellenbosch Sentrum vir Pedagogie wat die hoërskoolleerervaring aanvul. Die platform bied addisionele opvoedkundige ondersteuning en tutorskap vir leerders in graad 10, 11 en 12.

Deur kort, effektiewe inhoud te kombineer met interaktiewe opvoedkundige ondersteuning wat gefokus is op die belangrikste onderwerpe wat leerders moet verstaan om op skool te presteer, help SU Advantage vir hulle om hulle akademiese vordering te verbeter.

SU Advantage is die oplossing wat 'n leerder se akademiese reis op hoërskool kan verander en hulle kan help om hul akademiese prestasie effektief te verbeter.

Ons benadering tot leer

Innemende, kortvorm-videolesse

Ons verstaan dat vandag se leerders verkies om digitale inhoud in die vorm van bondige video's te verbruik. As sodanig is ons leermateriaal aangepas om hierdie tendens te volg.

Onderwerpgebaseerde assessering / Vasvra

Onmiddellik nadat hulle videolesse gekyk het, neem leerders deel aan 'n aanlyn vasvra om die omvang van hul aanvanklike begrip van die inhoud wat aangebied word, te meet.

Gekonsolideerde werkboek en memo-gebaseerde versoening

Leerders gebruik werkboeke om hul begrip van sleutelkonsepte te meet en om hul fundamentele begrip van spesifieke onderwerpe te verbeter.

Interaktiewe Wiskunde en Fisiese Wetenskap In-diepte Regstreekse Lesse

Vakkundiges bied regstreekse lesse aan wat daarop fokus om die konsepte waaraan leerders blootgestel word in ons videolesse en ander bykomende hulpbronne te verstewig.

Vakke

Ons maak tans voorsiening vir die onderstaande vakke in graad 10, 11 en 12. Hierdie vakke is gekies omdat dit poortvakke is wat dikwels vir universiteitstoelating vereis word:

  • Wiskunde
  • Fisiese Wetenskap
  • Engels Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Lewenswetenskap
  • Rekeningkunde
  • Ekonomie
  • Besigheidstudies
  • Geografie
  • Wiskunde Geletterdheid
  • Toerisme

Al SU Advantage se leerinhoud word uitsluitlik deur vooraanstaande vakspesialiste geskep om die akkuraatheid en betroubaarheid daarvan te verseker. Ons inhoud is:

  • CAPS-belyn
  • Ontwikkel deur vooraanstaande vakkundiges
  • Gefokus op die mees deurslaggewende onderwerpe van elke vak
  • Inhoud word elke kwartaal hersien en bygewerk
  • Geskep volgens toonaangewende pedagogiese beginsels

Beroepsvoorligtingshulpmiddels

SU Advantage is 'n vooruitskouende platform, en daarom is ons nie net daarop uit om leerders se akademiese prestasie op skool te verbeter nie, maar ons help hulle om hul toekomstige loopbane uit te stip. 

Om hierdie rede beskik SU Advantage oor 'n reeks doeltreffende beroepsvoorligtingsinstrumente. Dit sluit aanlyn aanlegtoetse in wat leerders help om te verstaan vir watter beroepe hulle meer aangepas is. 

Ons het ook SU Advantage geïntegreer met die Universiteit Stellenbosch se graadprogramaanbiedinge. Dit beteken dat leerders maklik 'n oorsig kan kry van alle kursusse wat deur die Universiteit Stellenbosh aangebied word, en direk vanaf SU Advantage kan aansoek doen. 

Leerders kan ook SU Advantage se beursafdeling gebruik om te sien watter befondsingsopsies vir hulle beskikbaar is, afhangend van die graadkursus waarin hulle belangstel.

x

Afrikaans