Boegoekloof stel nie teleur

Op Saterdag 25 Febuarie het ‘n groot groep BTK-ners in die mooi Jonkershoek natuurreservaat gaan stap. Die roete sou loop op met Kurktrekkersnek en af met Boegoekloof tot in Riviersonderend met sy bergpoele. Regtig min mense weet eindlik van boegoekloof en die oopte wat dit bied. Die gewone roetine sou wees om bo Kurktrekkersnek links te draai en verder te stap met panorama. Maar draai jy regs af, stap jy net miskien ‘n nuwe avontuur raak! Read More

Oranjerivier roei

Hiermee lig ons julle graag in oor ‘n paar belangrike punte rakende die April toer vir 2012…

Vir die van julle wat nie weet nie, die BTK gaan in die April vakansie op die Oranjerivier roei!  Die toer sal plaasvind vanaf 31 Maart tot 5 April. Inskrywings sal op Maandag 12 Maart open vir lede en op Dinsdag 13 Maart vir nie-lede. Ons sou almal wat nie lede is nie aanraai om lid te word VOOR 12 Maart…ons voorspel baie belangstelling vir die toer en lede kry voorkeur. Verdere inligting oor die kostes verbonde aan die toer sal nog bekend gemaak word. Read More

Matroosberg Abseil en Kloofing

“kom versier jou naweek met avontuur”

Kom skakel bietjie jou avontuur knoppie aan en absiel saam met die BTK op die naweek van die 3 – 4 Maart in die Groothoek kloof by Matroosberg. Ons begin die Saterdag oggend vroeg opstap teen Matroosberg waar ons dan in Groothoek kloof afgaan en die avontuur tot in die rooi druk. Daar doen ons 6 abseils die dag tot ons by ons kampplek langs die stroom aankom en lekker die aand daar ontspan. Die volgende oggend maak ons gereed om nat te word, want swem is ons voorland. Ons doen 3 abseils en ons spring 2 keer van rotse af, gly so paar keer op ons boude af en spring so bietjie van klip tot klip om die water te vermy, vir eers sit ons soos reptiele op ‘n klip in die son voor ons verder in die mooi kloof afstap. Read More

Groot Winterhoek “Die Hel”

Die naweek van die 18de en 19de Februarie het ‘n klein groepie BTK’ners getoer na Poterville om bietjie die Groot Winterhoekberge te gaan verken. Vroeg die Saterdagoggend kon ‘n mens reeds die hitte van die son op ‘n mens se vel voel en almal het geweet dat ‘n warm naweek vir ons voorlê. Omstreeks 09:30 het ons begin stap vanaf die hek van die Groot Wintershoek Natuur Reservaat na die oornaghut. Read More

Boegoekloof

“onbekende juweel van Jonkershoek”

Kom stap saam met die BTK op Saterdag 25 Febuarie in die mooie Boegoekloof. Die roete neem mens op met kurktrekker en af met ‘n kloof wat baie min mense van weet. Al langs Boegoekloof langs na die Riviersonderend. Dis daar waar ons die mees fantastiese rivierpoele sal kry. Defnitief een vir die warm somermaande. Die kloof self se natuurskoon slaan mens se asem weg, en met wilde boegoeplantjies wat om jou groei, is dit sowaar ‘n eden om in te loop. Sodra mens by die kloof begin afsak na die rivier, suig die kloof jou in en verwelkom jou met sy grasie van skoonheid. Dis ‘n redelike lang stap van ongeveer 16-18km met ‘n steil klim aan die begin soos mens met kurktrekker opbeweeg. FIKSHEID is dus ‘n vereiste! Maar ons eindbestemming is belis die lang stap en moeite werd! Read More