Die naweek van die 18de en 19de Februarie het ‘n klein groepie BTK’ners getoer na Poterville om bietjie die Groot Winterhoekberge te gaan verken. Vroeg die Saterdagoggend kon ‘n mens reeds die hitte van die son op ‘n mens se vel voel en almal het geweet dat ‘n warm naweek vir ons voorlê. Omstreeks 09:30 het ons begin stap vanaf die hek van die Groot Wintershoek Natuur Reservaat na die oornaghut. Read More
Boegoekloof
“onbekende juweel van Jonkershoek”
Kom stap saam met die BTK op Saterdag 25 Febuarie in die mooie Boegoekloof. Die roete neem mens op met kurktrekker en af met ‘n kloof wat baie min mense van weet. Al langs Boegoekloof langs na die Riviersonderend. Dis daar waar ons die mees fantastiese rivierpoele sal kry. Defnitief een vir die warm somermaande. Die kloof self se natuurskoon slaan mens se asem weg, en met wilde boegoeplantjies wat om jou groei, is dit sowaar ‘n eden om in te loop. Sodra mens by die kloof begin afsak na die rivier, suig die kloof jou in en verwelkom jou met sy grasie van skoonheid. Dis ‘n redelike lang stap van ongeveer 16-18km met ‘n steil klim aan die begin soos mens met kurktrekker opbeweeg. FIKSHEID is dus ‘n vereiste! Maar ons eindbestemming is belis die lang stap en moeite werd! Read More
Rockhopper
Op Saterdag 11 Febuarie het ‘n groepie van 20 brawe BTK’ners besluit om die reënweer aan te durf en in die Bainskloofberge te gaan stap. Na twee agtereenvolgende hittegolwe wat die Kaap so direk uit die oordeelsdag getref het, was koue weer die laaste van ons bekommernisse. Geluk sou dit egter hê dat dit juis die dag van die uitstappie van álle dae moes reën! Na ‘n demokratiese stemming voor die Neelsie se ingang is daar tog besluit om aan te gaan met die uitstappie. Read More
2012 is hier
2012 gaan ‘n opwindende jaar wees vir die BTK. Die Berghut word uiteindelik gebou; daar word klomp nuwe uitstappies beplan wat nog nooit van te vore gedoen is nie; ons spog met ‘n splinternuwe webtuiste; groot dinge gaan met die rotsklim gebeur en nog vele meer.
Gewone ledegeld is R100 en rotsklim lidmaatskap kos R200.
Daar kan vanaf Maandag, 6 Februarie, daagliks tussen 13:00 en 14:00 by die BTK kantoor op die vierde vloer van die Neelsie ingeskryf word.
BAAAIE DANKIE!!
My liewe BTK vriende!
Good morning to UUU
Good morning to UUU
We’re ALL in our places with bright shining faces
Good morning to UUU!!
Nog ‘n BTK gala is weereens verby en behoort reeds aan die verlede, maar is weereens BAIE helder en duidelik in my geheue gevestig en sal dus nog vir ‘n geruime tyd deel van my herinneringspakket bly.
Soos gewoonlik het die kontak met die natuur sowel as die intense kontak met sulke wonderlike en unieke jeugdiges my siel aangeraak en dan word dit mos deel van ons menswees. Die intense natuurbelewenis het beslis OOK ‘n BAIE sterk invloed op die kontak met ons mede BTKaners en DIT maak ook daarvan ‘n baie DIEPER en INTENSER lewenservaring. Al die BAIE grappies met ‘n lekkerlag daarby sowel as die singery, “dansery” en “massage garage”is ALLES maar net ‘n MIDDEL tot ‘n DOEL waarvan ons die vrugte eers in die verre toekoms sal SIEN en hopelik sal kan PLUK!