Gala ’76 sal nog lank in die BTK onthou word as die toer waarop die wa amper afgebrand het. Slegs die een-en-negentig toerlede sal egter ooit ten volle die wonderlike verligting in daardie “amper” besef. Read More
Sederberge September 1976
Vrydag:
Vrydagoggend is die wa deur ‘n handjie-vol walaaiers gelaai. Die wa is toe half twee uit Stellenbosch, maar nie sonder voorvalle nie. Hendrik het sy eerste chaotiese merk op die toer gemaak deur doodluiters om kwart oor een met sy bagasie by die wa aangepiekel te kom, met voornemens om die middag nog ‘n paar dingetjies in die dorp te gaan doen, en hom rustig voor te berei vir die bus se vertrek. ‘n Dramatiese kwartier later bevind hy hom op die wa, op pad na Algerië bosboustasie in die Sederberge. Read More
Koue Bokkeveld-Visgat April 1976
Vrydag:
Opgewonde en lus vir die week wat voorlê, vertrek die bus vol BT-Kaners laat Vrydagmiddag van Stellenbosch. Gedagtig aan die wyse woorde van die liedjie:
“Wat kwel jy jou vriend oor ‘n syfer of twee?
Kom sing saam oor lente en lewe.
Die proffies het wysheid, ons laat hul daarmee
want ons het die lente, die lewe …” Read More
De Mond-Infanta Gala 1975
Halfpad teen Sir Lowry’s-pas staan ‘n vragmotor met seile oor sy bak getrek om die inhoud teen die reën te beskerm. Net toe daar ‘n groot sleepwa-affêre van voor af kom met ‘n seilskip daarop, loer een van die inhoud uit en merk droog op: “Gits, as die mense darem al met bote begin rondry, voel ek nie meer te veilig op die wa nie!” Read More
Atteqwa September 1975
Niemand het veel van hierdie toer verwag nie. Die naam was niksseggend, die toerprogram het gelyk na padstap – ‘n mens kon sommer die Klein-Karoostof ruik. Gevolglik was dit ‘n Kleine Gideonsbende van vyf-en-twintig wat Vrydagmiddag halfvyf Niek se bus-wa beman het. MAAR:
“Alles is veel voor wie met veel verwacht
het leven houdt zijn wonderen verborgen
totdat het ze, opeens tocut in hun hoogen staat.” Read More