“onbekende juweel van Jonkershoek”
Kom stap saam met die BTK op Saterdag 25 Febuarie in die mooie Boegoekloof. Die roete neem mens op met kurktrekker en af met ‘n kloof wat baie min mense van weet. Al langs Boegoekloof langs na die Riviersonderend. Dis daar waar ons die mees fantastiese rivierpoele sal kry. Defnitief een vir die warm somermaande. Die kloof self se natuurskoon slaan mens se asem weg, en met wilde boegoeplantjies wat om jou groei, is dit sowaar ‘n eden om in te loop. Sodra mens by die kloof begin afsak na die rivier, suig die kloof jou in en verwelkom jou met sy grasie van skoonheid. Dis ‘n redelike lang stap van ongeveer 16-18km met ‘n steil klim aan die begin soos mens met kurktrekker opbeweeg. FIKSHEID is dus ‘n vereiste! Maar ons eindbestemming is belis die lang stap en moeite werd! Read More