2023 Top Academic Achiever Prize Announcement | 2023 Top Akademiese Presteerder-prys Aankondiging

The alumni of the Faculty annually fund various bursaries for financially needy and academically deserving students. However, until 2020, exceptional academic achievement has never been recognised specifically. In 2020, the Law Faculty Trust first introduced a prize (amounting to R200 000, which approximately covers the tuition cost of a legal qualification) to an academic top achiever.*

Following the 2023 academic year, we can now announce the fourth recipient of this award: Roald Furstenberg. Roald Furstenberg obtained his LLB (cum laude) from Stellenbosch University. He is busy completing his articles of clerkship at Themis & Hayes Incorporated. Congratulations, Roald!

* [All LLB programmes, i.e. LLB (four years), LLB (three years), LLB (two years) and BAccLLB, qualify. Students are considered for the prize when all the requirements for graduation are met, and all compulsory law subjects (weighted average), as set out in the last two years of the LLB (four years) program, are taken into account (with the exception of Law of Civil Procedure as it falls in the final year of the BCom and BA (Law) programs). Furthermore, the programme must be completed in the minimum period.]

(Afrikaans volg)

Die alumni van die Fakulteit befonds jaarliks verskeie beurse vir finansieel behoeftige en akademies waardige studente. Alhoewel, tot 2020 is uitsonderlike akademiese prestasie nooit spesifiek erken nie. In 2020 het die Regsfakulteitstrust vir die eerste keer ‘n prys (ten bedae van R200 000, wat ongeveer die onderrigkoste van ‘n regskwalifikasie dek) bekendgestel wat aan ‘n akademiese toppresteerder gegee word.*

Na die 2023 akademiese jaar kan ons nou die vierde ontvanger van hierdie toekenning aankondig: Roald Furstenberg. Roald Furstenberg het sy LLB (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy is besig om sy klerkskap by Themis & Hayes Incorporated te voltooi. Baie geluk, Roald!

* [Alle LLB-programme, dit wil sê LLB (vier jaar), LLB (drie jaar), LLB (twee jaar) en BRekLLB, kwalifiseer. Studente word vir die prys oorweeg wanneer hulle aan al die vereistes vir graduering voldoen en alle verpligte regsvakke (met geweegde gemiddelde), soos uiteengesit in die laaste twee jaar van die LLB (vier jaar)-program, word in ag geneem (met die uitsondering van Siviele Prosesreg omdat dit in die finale jaar van die BCom en BA (Regte)-programme plaasvind). Verder moet die program in die minimum tydperk voltooi word.]

Sorry, comments are closed for this post.