SU Annual Human Rights Lecture/US Jaarlikse Menseregtelesing

MEDIA INVITATION

Auditor-General keynote speaker at SU Annual Human Rights Lecture

The Auditor-General of South Africa, Mr Thembekile Kimi Makwetu, will be the speaker at the Annual Human Rights Lecture of the Faculty of Law at Stellenbosch University.

Date:              29 August 2019

Time:             18:15 for 18:30 (Kindly use this link for live streaming.)

Venue:           JC de Wet Hall, Old Main Building, Faculty of Law, c/o Victoria and Ryneveld Street

RSVP:            Ms Yolandi Filander on (021) 808 4853 or via yolandi@sun.ac.za

Theme:          Accountability for Public Resources: The Role of the Auditor-General

The Office of the Auditor-General of South Africa is one of the Chapter 9 state institutions responsible for supporting constitutional democracy in terms of section 181 of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996. It plays a critical role in safeguarding the health of South Africa’s public finances.

“Wasteful expenditure, financial mismanagement and corruption divert vital resources from the realisation of all the rights in the Bill of Rights, and undermine public confidence in the institutions of constitutional democracy,” says Professor Sandra Liebenberg, HF Oppenheimer Chair in Human Rights Law, at Stellenbosch University’s Law Faculty.

In his most recent report, the Auditor-General identifies an absence of accountability as the most significant cause of unsatisfactory local government audit outcomes. According to Liebenberg, the deterioration of municipal accountability for financial and performance management holds profound implications for local government – most notably its ability to deliver affordable services to all South Africans in a sustainable manner. “These services are part of the socio-economic rights that the State is constitutionally obliged to fulfil in terms of the Bill of Rights,” Liebenberg says.

Significant amendments to the Public Audit Act 25 of 2004 entered into force on 1 April 2019, which give more teeth to the Auditor-General’s office. These amendments empower the Auditor-General to refer suspected material irregularities arising from an audit to a relevant public body for investigation, as well as to take appropriate binding remedial action to ensure that losses suffered by the State are recovered where possible.

During the 2019 Annual Human Rights Lecture, Mr Makwetu will address the theme of “Accountability for Public Resources: The Role of the Auditor-General”. The lecture is hosted by Professor Sandra Liebenberg and Professor Nicola Smith, the Dean of the Faculty of Law, with the support of the law firm Webber Wentzel.

Mr Makwetu is a qualified chartered accountant and holds a Bachelor of Social Science degree from the University of Cape Town, as well as a Bachelor of Accounting Science Honours (Honours BCompt) degree from the University of Natal (now UKZN). Over the course of his career, Mr Makwetu has worked at Standard Bank, Nampak, Liberty and Metropolitan Life. He was the director in Deloitte’s forensic unit before his appointment as Deputy Auditor-General at the office of the Auditor-General of South Africa under Terence Mncedisi Nombembe, who held the position from 2006 to 2013. On 1 December 2013, Mr Makwetu was duly appointed as the new Auditor-General of South Africa for a seven-year term.

CONTACT DETAILS

Liaise with Professor Sandra Liebenberg at 082 2023452 or via sliebenb@sun.ac.za for more information.

PROGRAMME: THURSDAY, 29 AUGUST 2019

18:00 – 18:15              Photo session

18:15 – 18:30              Tour of lecture venue

18:30 – 18:45              Formal commencement of proceedings: welcoming by Dean Nicola Smit; introduction of Mr Makwetu and theme by Professor Sandra Liebenberg

18:45 – 19:30              Annual Human Rights Lecture – Mr Makwetu

19:30 – 19:45              Questions and answers

19:45 – 20:00              Note of thanks and closure – Professor Sandra Liebenberg

20:00 – 21:00              Refreshments


MEDIA UITNODIGING

Ouditeur-Generaal hoofspreker by US Jaarlikse Menseregtelesing

Die ouditeur-generaal van Suid-Afrika, mnr Thembekile Kimi Makwetu, sal vanjaar die spreker wees by die Jaarlikse Menseregtelesing van die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Regsgeleerdheid.

Datum:          29 Augustus 2019

Tyd:                18:15 vir 18:30 (Gebruik gerus hierdie skakel vir die regstreekse uitsending.)

Lokaal:          JC de Wet saal, Ou Hoofgebou, Fakulteit Regsgeleerdheid, h/v Victoria en Ryneveld Straat

RSVP:            Me Yolandi Filander by (021) 808 4853 of via yolandi@sun.ac.za

Tema:            Verantwoordingspligtigheid vir Openbare Hulpbronne: Die Rol van die Ouditeur-Generaal

Die kantoor van die ouditeur-generaal van Suid-Afrika is een van die staatsinstellings verantwoordelik vir die ondersteuning van grondwetlike demokrasie ingevolge artikel 181(1) van hoofstuk 9 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. Dit speel ’n noodsaaklik rol in die beskerming van die welstand van Suid-Afrika se openbare finansies.

“Verkwistende besteding, finansiële wanbestuur en korrupsie keer noodsaaklike hulpbronne weg van die verwesenliking van al die regte vervat in die Handves van Regte, en ondermyn openbare vertroue in die instellings van grondwetlike demokrasie,” sê professor Sandra Liebenberg wat die HF Oppenheimer-leerstoel in Menseregte in die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die US beklee.

In sy mees onlangse verslag, identifiseer die ouditeur-generaal ’n afwesigheid van verantwoordings-pligtigheid as die belangrikste oorsaak van die onbevredigende uitkomste van oudits van plaaslike regering. Volgens Liebenberg, hou die agteruitgang van munisipale verantwoordingspligtigheid vir finansiële en prestasiebestuur verreikende gevolge in vir plaaslike regering – veral vir dié sfeer van regering se vermoë om bekostigbare dienste aan alle Suid-Afrikaners op ’n volhoubare wyse te lewer. “Hierdie dienste maak deel van die sosio-ekonomiese regte uit wat die staat grondwetlik verplig is om aan te voldoen ingevolge die Handves van Regte,” meen Liebenberg.

Beduidende wysigings tot die Wet op Openbare Oudit 25 van 2004, wat op 1 April 2019 in werking getree het, gee groter slaankrag aan die kantoor van die ouditeur-generaal. Hierdie wysigings bemagtig die ouditeur-generaal om vermoedelik materiële ongerymdhede wat uit ’n oudit voortgespruit het, na ’n toepaslike openbare liggaam vir ondersoek te verwys, sowel as om die gepaste bindende remediërende aksie te neem om te verseker dat verliese wat die staat gely het, verhaal kan word waar moontlik.

Gedurende die 2019 Jaarlikse Menseregtelesing, sal mnr Makwetu die rol van die ouditeur-generaal in die verantwoordingspligtigheid vir openbare hulpbronne aanspreek. Die lesing word deur professor Sandra Liebenberg en professor Nicola Smith, die dekaan van die US se Fakulteit Regsgeleerdheid, aangebied met die ondersteuning van die regsfirma Webber Wentzel.

Mnr Makwetu is ’n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester met ’n BSocSc-graad van die Universiteit van Kaapstad, asook ’n honneursgraad in Rekeningkundige Wetenskap (Hons. BCompt) van die Universiteit van Natal. Deur die loop van sy loopbaan het mnr Makwetu by Standard Bank, Nampak, Liberty en Metropolitan Life gewerk. Hy was die direkteur van Deloitte se forensiese eenheid voor sy aanstelling as adjunk-ouditeur-generaal in die kantoor van die ouditeur-generaal van Suid-Afrika onder Terence Mncedisi Nombembe, wat van 2006 tot 2013 die pos van ouditeur-generaal beklee het. Mnr Makwetu is op 1 Desember 2013 as die nuwe ouditeur-generaal van Suid-Afrika vir ’n termyn van sewe jaar aangestel.

KONTAKBESONDERHEDE

Vir meer inligting, skakel professor Sandra Liebenberg by (021) 808 9076 of kontak haar per e-pos by sliebenb@sun.ac.za.

PROGRAM: DONDERDAG, 29 AUGUSTUS 2019

18:00 – 18:15              Fotosessie

18:15 – 18:30              Toer van lesinglokaal

18:30 – 18:45              Formele aanvang van verrigtinge: verwelkoming deur dekaan Nicola Smit; bekendstelling van Mnr Makwetu en tema van lesing deur professor Sandra Liebenberg

18:45 – 19:30              Jaarlikse Menseregtelesing – Mnr Makwetu

19:30 – 19:45              Vrae en antwoorde

19:45 – 20:00             Bedankings en afsluiting – professor Sandra Liebenberg

20:00 – 21:00             Verversings


 

Sorry, comments are closed for this post.