Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Internet

Vergeet om te heraktiveer?

Dinsdag, April 3rd, 2018

Indien internet, e-pos en ander netwerkdienste gebruik, moet jy jaarliks jou gebruikersnaam heraktiveer. Indien jy nie vir 2018 heraktiveer het nie, het jou toegang op 4 April verval. Hoe nou gemaak?

  1. Jy sal nie toegang hê tot die netwerk vanaf enige van jou toestelle nie. Om te kan heraktiveer, sal jy `n kollega se PC of skootrekenaar moet gebruik. 
  2. Gaan na die volgende adres: www.sun.ac.za/useradm.
  3. Jy sal drie opsies sien:
    Sign on 
    Forgot password
    Reactivate expired username

    Kies Reactivate expired username.

4. Jy sal gevra word om aan te teken met jou gebruikersnaam en ID-nommer of pasportnommer. Sien voorbeeld onder.\

5. Nadat jy aangeteken het, sal jy `n lys opsies sien vir jou gebruikersnaam, sowel as die toepaslike kostepuntopsies. 

6. Kies die gebruikersnaam en diens wat jy wil heraktiveer en vul die korrekte kostepunt in. Die korrekte kostepunt is van uiterste belang. Indien jy onseker is watter kostepunt jy moet gebruik, maak eerder seker by jou departement se finansiële beampte. Indien jy die verkeerde kostepunt invul, sal dit veroorsaak dat jou aktivering vertraag word. 

7. Jou versoek vir heraktivering sal aangestuur word na jou kostepuntbestuurder. 

8. Sodra dit deur die kostepuntbestuurder goedgekeur word, sal jy weer toegang tot die US-netwerk hê. 

 

 

 

OneDrive for Business: Anonieme deel van lêers    

Maandag, Januarie 22nd, 2018

Informasietegnologie het onlangs ons OneDrive for Businessplatform herevalueer om te verseker dat daar nie enige sekuriteitsrisiko’s vir ons gebruikers en netwerk is nie. Na aanleiding van die evaluering het ons ʼn aantal gebruikers geïdentifiseer wat die anonieme funksie (“Anyone with the link can view and edit”) op OneDrive gebruik om lêers te deel.

Indien lêers anoniem gedeel word, is daar geen beheer of rekord van wie toegang tot die gedeelde lêers het nie. Enige persoon met die skakel het toegang en kan inhoud verander. Dit bied ʼn hoë sekuriteitsrisiko vir die Universiteit en ons gebruikers. Gevolglik is ons verplig om die anonieme deel van lêers af te skakel.

Vanaf Donderdag, 1 Februarie 2018 sal jy nie meer lêers anoniem kan deel op OneDrive nie. Dit sal steeds moontlik wees om inligting te deel met interne en eksterne gebruikers, maar met ʼn strenger vlak van sekuriteit.

Handleidings vir die beste praktyk vir deel van lêers op OneDrive is beskikbaar by www.sun.ac.za/itselfhelp onder die Office365 afdeling of direk op hierdie bladsy. Indien jy enige navrae het, kontak asb. die IT Dienstoonbank deur e-pos te stuur aan help@sun.ac.za of 808 4367 te skakel.

OneDrive: 5TB net vir jou

Maandag, Julie 31st, 2017

Sedert Junie vanjaar het alle personeel volledige toegang tot die aanlyn Office65-toepassings. Buiten Outlook e-pos, toegang tot die MS-toepassings (byvoorbeeld Word, Excel, PowerPoint, ens.) en die aflaaibare Office 2016 programmatuur, is daar een voordeel wat uitstaan bo die res – OneDrive. 

OneDrive gee vir elke personeellid en student 5TB se wolkstoorspasie. Dit beteken dat jy nou oorgenoeg spasie het om jou dokumente te stoor. Jou data sal ook beskikbaar wees vanaf enige plek, enige tyd en met enige toestel wat aan die internet verbind is. 

Wat is die voordele van wolkdienste?

  • Meer stoorspasie beskikbaar – tot 5TB op OneDrive en 50GB op Outlook.
  • Jou data is beskikbaar vanaf enige plek, enige tyd en op enige toestel. Jy sal altyd toegang tot jou data hê as jy `ʼn internetverbinding het. 
  • Jou inligting word veilig gestoor, selfs al verloor jy een van jou toestelle. 

Wat is die nadele van wolkdienste? 

  • Raak vertroud met kopiereg-regulasies. Maak seker jy weet wat jy aanlyn mag stoor en deel. US kopiereg-ooreenkomste sluit nie die stoor en deel van dokumente wat beskerm word onder kopiereg op OneDrive for businessSharePoint online of enige ander publieke stoorspasies in nie.
  • Jy is volledig verantwoordelik vir jou eie inligting.  Wees versigtig vir wie jy regte en toegang gee, aangesien dit jou inligting in gevaar mag stel as dit sigbaar is vir ander mense. 
  • Jy is verantwoordelik vir die sinkronisasie tussen aanlyn en plaaslike data. Sinkronisasie tussen aanlyn en plaaslike data moet korrek opgestel word en op `ʼn gereelde basis uitgevoer word. 
  • Hou in gedagte dat die gebruik van wolkdienste terwyl jy op kampus is, nie enigiets sal kos nie, maar as jy tuis werk sal jou eie datakostes gehef word. 
  • Dit is baie belangrik dat jy jou privaat gebruikersname, wagwoorde en inligting apart hou van jou amptelike werk om te voorkom dat jou data deurmekaar raak. 
  • Digitale identifikasie is kwesbaar as jy toegang tot die wolk het vanaf enige rekenaar. Moenie rekenaars of toestelle wat jy nie vertrou nie, toelaat om jou wolkdienste te gebruik nie. 

Wat as ek OneDrive personal, Dropbox of ander wolkopsies gebruik? 

Jy kan aanhou om dit te gebruik, maar dis baie belangrik dat jy hierdie opsies slegs vir persoonlike data gebruik.

OneDrive for business en SharePoint online is beskikbaar onder die US MS lisensieooreenkoms vir stoor en deel van institusionele data. Stoor en deel van institusionele data word nie toegelaat op Dropbox, OneDrive personal of enige ander wolkstoorspasie nie. 

Hoe kry ek toegang tot my OneDrive spasie?

Alle personeel het reeds outomaties toegang tot OneDrive. Jy hoef net op Office365 aan te teken met jou e-posadres en wagwoord. Dis ook beskikbaar op die portaal deur op die Office365 skakel te kliek of Office365 in die soekveld in te tik.

BELANGRIK:

  • Wanneer jy wolkgebaseerde dienste gebruik, is dit geweldig belangrik dat jy jou privaat-gebruikersname en werk-gebruikersname, wagwoorde en data apart van mekaar gehou word. Moet nooit dieselfde gebruikersnaam vir jou privaat en werk-eposrekeninge, -stoorspasie en -toepassings gebruik nie.
  • US kopiereg-ooreenkomste sluit nie die stoor en deel van dokumente beskerm onder kopiereg op OneDrive for businessSharePoint online of enige ander publieke stoorspasies in nie.

Indien jy enige navrae het, laat weet ons asseblief deur `n versoek aan te meld op ServiceNow of ons Dienstoonbank te kontak by 808 4367. Vir meer inligting oor die Office365 pakket, raadpleeg asseblief ons FAQs of kyk na die Office365 opleidingsvideos.

(English) Alternative facts, fake news or lies?

Woensdag, Maart 1st, 2017

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) Inetkey for staff and students

Vrydag, Februarie 24th, 2017

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.