Lettere en Sosiale Wetenskappe

Die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch is 'n dinamiese sentrum van kundigheid wat brugwerk maak tussen plaaslike en globale taalkundige velde. Ons werk, gegrond op streng navorsing, ondersteun die studie en onderrig van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde, taalkunde en toegepaste dissiplines. Ons bied 'n wye reeks akademiese en praktykgerigte programme aan, met die klem op veeltalige onderwys en die voorbereiding van studente om uit te blink in diverse taal- en kommunikasiegebiede.

Die Departement Afrikaans en Nederlands is 'n besonder diverse sentrum van wetenskap in voortdurende dialoog en samewerking met ander nasionale en internasionale taalgebiede en beroepe. Gehalte-navorsing onderlê die diverse aktiwiteite wat rondom die Departement se gevestigde kern fokus, naamlik die studie en onderrig van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde, taalkunde en toegepaste velde. Daarbenewens bied die departement 'n besonder wye reeks akademiese sowel as praktykgerigte, veeltalige opleiding in kreatiewe skryfwerk, leksikografie, vertaling, tolking en redigering.

Voorgraadse programme

Die Departement Afrikaans en Nederlands bied twee voorgraadse strome aan: Afrikaanse Taalaanleer en Afrikaans en Nederlands. Afrikaanse Taalaanleer is vir studente wat nie Afrikaans Huistaal op skool gehad het nie, maar wat belangstel om die Afrikaanse taal en kultuur te bestudeer.

Afrikaans en Nederlands is vir studente wat Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal op skool gehad het en wat Afrikaanse en Nederlandse letterkunde en taalkunde wil studeer.

empty

empty tag

Die Departement klink interessant, maar ek ken nie eintlik veel Afrikaans nie.

As jy Afrikaans Tweede Addisionele Taal in matriek slaag, maar min of geen kennis van Afrikaans het nie, kan jy Afrikaanse Taalverwerwing 178 neem. In hierdie module sal jy jou Afrikaanse lees-, luister-, skryf- en praatvaardighede verbeter.

Ek ken ’n bietjie Afrikaans. Wat kan ek studeer?

As jy Afrikaans Eerste Addisionele Taal in matriek slaag en nie tuis Afrikaans praat nie, kan jy vir Afrikaanse Taalverwerwing 188 inskryf en in jou tweede jaar met Afrikaanse Taalverwerwing 288 voortgaan. Jy sal jou Afrikaanse lees-, luister-, skyf- en praatvaardighede verder verbeter en ook visuele media en film bestudeer.

Bied julle net taalverwerwing aan, of kan ek iets anders studeer?

Jy hoef nie Nederlands te kan skryf nie. Jy gaan ʼn bietjie Nederlands moet kan lees. As jy na die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe se Jaarboek kyk, sal jy sien dat Nederlandse letterkunde meestal as ʼn keusekomponent aangebied word. Blootstelling aan Nederlandse letterkunde sal egter jou horisonne verbreed – moenie daarvoor bang wees nie!

Watter soort werk kan ek met Afrikaans en Nederlands doen?

By die Departement Afrikaans en Nederlands leer jy om krities te dink, om taal en tekste op verskillende vlakke te ontleed en om om taal en teks in só in te span dat jy nie net jou gehoor oortuig nie, maar ook tot optrede te laat oorgaan. Dit beteken dat daar ʼn baie goeie grondslag gelê word vir beroepe soos advokaat, akteur, bemarker, databestuurder, digter, dosent, dramaturg, entrepreneur, filosoof, geskiedkundige, inhoudbestuurder, inhoudskepper, inligtingswetenskaplike, joernalis, kopieskrywer, kunstenaar, leksikograaf, maatskaplike werker, menslikehulpbronpraktisyn, musikant, omgewingskenner, onderwyser, ontwikkelingsbestuurder, politieke ontleder, projekbestuurder, prokureur, redigeerder, sielkundige, skrywer, sosioloog, taalpraktisyn, tolk, uitgewer en vertaler.

Móét ek Nederlands neem as ek Afrikaans en Nederlands wil studeer?

Jy hoef nie Nederlands te kan skryf nie. Jy gaan ʼn bietjie Nederlands moet kan lees. As jy na die Jaarboek, kyk sal jy sien dat Nederlandse letterkunde meestal as ʼn keusekomponent aangebied word. Blootstelling aan Nederlandse letterkunde sal egter jou horisonne verbreed – moenie daarvoor bang wees nie!

Afrikaans