AgriWetenskappe

Die Universiteit Stellenbosch se Departement Landbou-ekonomie is byna 'n eeu gelede gestig en was die eerste sodanige departement in Suid-Afrika. Hier beoog ons om Afrika se voorste Landbou-ekonomie-departement te wees wat wêreldwyd erken word as uitnemend, inklusief en innoverend, en waar ons kennis bevorder om ons studente en die breër samelewing te dien. Ons is trots daarop om professionele persone en toekomstige leiers te gradueer wat gesog is deur plaaslike en internasionale organisasies wat 'n verskil maak in die landbou-, voedsel- en veselsektore.

empty

empty tag

Wat is Landbou-Ekonomie?

Landbou-ekonomie is die studie van hoe hulpbronne toegewys word, produksie bestuur en geoptimaliseer word en goedere en dienste binne die landbousektor versprei word. Dit behels die ontleding van ekonomiese faktore wat landbouwaardekettings beïnvloed, insluitend produksie, verbruik en die impak van beleid op landbouaktiwiteite en markte.

Waarom nie suiwer ekonomie van handel nie?

Die wêreld van voedselproduksie is interessant, belangrik en dinamies. Voedsel is anders in dié sin dat dit deur mense verbruik word (dit word nie net verbruik nie, maar word deel van ons biologiese struktuur); dit word sonder 'n dak oor die 'fabriek' geproduseer (met ander woorde in 'n riskante omgewing) en is 'n sensitiewe kommoditeit t.o.v. handeldryf. Voorts kan 'n landbou-ekonoom tegnies enige werk verrig wat suiwer ekonome kan doen, maar nie andersom nie.

Wat is die opsies?

In ons Departement bied ons driejaar- en vierjaargraadopsies aan. BAgric Agribesigheidsbestuur (fokus hoofsaaklik op bestuur) BScAgric Landbou Ekonomiese Analise (fokus hoofsaaklik op ekonomie) BScAgric Landbou Ekonomiese Analise en Bestuur (het 'n gekombineerde fokus op bestuur en ekonomie) BScAgric Landbou-ekonomie met Voedselwetenskap (kombineer voedselwetenskap met landbou-ekonomie gefokus op ekonomie) BScAgric Landbou Ekonomiese Analise en Bestuur met Voedselwetenskap (kombineer voedselwetenskap met landbou-ekonomie fokus op ekonomie en bestuur)

BAgric Agribusiness Management (focuses mainly on management)

BScAgric Agricultural Economic Analysis (focuses mainly on economics)

BScAgric Agricultural Economic Analysis & Management (has a combined focus on management and economics)

BScAgric Agricultural Economics with Food Science (combines food science with agricultural economics focused on economics)

BScAgric Agricultural Economic Analysis & Management with Food Science (combines food science with agricultural economics focus on economics and management)

Wat is die belangrikste verskille tussen hierdie opsies?

Die BScAgric-opsies is almal vierjaargrade, en BAgric en BCom (aangebied deur die EBW fakulteit) is driejaargrade. Wiskunde is in alle gevalle 'n toelatingsvereiste. Al die opsies vereis dat dieselfde modules in landbou-ekonomie voltooi moet word, sodat die kern nie verander nie. Die vierdejaarmodules in landbou-ekonomie wat in die vierde jaar van die BScAgric-programme aangebied word, word vir die BAgric- en BCom-studente op honneursvlak aangebied. Alle grade vereis dat twee volledige hoofvakke na die finale jaar deurgevoer moet word, en die opsies hier verskil (verwys na die jaarboek). Die BScAgric-studente kan 'n produksie-georiënteerde wetenskap soos agronomie met landbou-ekonomie neem; die BCom- en BAgric-opsies is beperk tot vakke in handel, bestuur of ekonomie as hoofvakke in kombinasie met landbou-ekonomie.

Loopbane?

'n Landbou-ekonoom beskik oor verskeie vaardighede en bevoegdhede in wetenskap, besigheid, finansies en ekonomie en kan dus op verskeie terreine aangewend word. Van die meer algemene werkgewers is die regering (provinsiaal en nasionaal), handelsbanke, landboubesighede, produsente-organisasies (Vinpro, Graan SA, Aartappel SA, ens.), Uitvoerders en logistieke maatskappye, en groot boerderybedrywighede. Jy kan meer besonderhede in ons brosjure vind.

Wat behels dié poste?

Ons gegradueerdes werk vir verskeie maatskappye regoor die landbouvoorsieningsketting in verskeie omgewings. Die meeste van ons werk as landbou-ekonome vind plaas op 'n rekenaar wat aangevul word deur veldbesoeke, raadsaalbesprekings en navorsing. Jy kan meer besonderhede in ons brosjure vind.

What do our jobs entail?

Navorsing, markanalise, verkryging, evaluering en bestuur van kredietaansoeke, studiegroepe, verkope en bemarking, logistieke en vervoerbeplanning en -bestuur, menslike beroepsbestuur, strategiese beplanning en bestuur, bankwese, beleggingsanaliese, handel en tersiëre onderrig.

Kan jy nagraads vir al die opsiess vir al die programme?

Ja. Nadat jy die BCom- of BAgric-graad voltooi het, kan jy vir ons BAgric Hons inskryf. en kan dan vorder na MAgric, wat 'n navorsingsgraad is. Nadat jy die BScAgric-graad voltooi het, kan jy vir die MScAgric-graad inskryf. Dit is 'n gestruktureerde meestersgraad wat een jaar kursuswerk bevat, gevolg deur die navorsingskomponent.

Erkenning oorsee?

Uit al die studie-opsies en -terreine word ons studente aan 'n wye verskeidenheid internasionale universiteite aanvaar. Europa, Noord-Amerika en Australië is gewilde bestemmings. Wat werk betref, is studente in alle lande suksesvol, maar veral ook in Afrika.

Afrikaans