Lettere en Sosiale Wetenskappe

Die Departement bestudeer die antieke kulture en tale van Noord-Afrika, die Middellandse See (insluitend Griekeland en Rome) en die Nabye Ooste (Wes-Asië) en bied modules in Antieke Kulture, Bybelse Hebreeus, Antieke Grieks, Latyn en Klassieke Regskultuur. Die studie van die Oudheid stel studente in staat om ’n kritiese afstand van hul eie konteks te neem, om ’n historiese bewustheid te ontwikkel, en om sodoende, ’n ingeligte bydrae tot die ontwikkeling van ons uiteenlopende en veranderende samelewing te maak .

empty

empty tag

Moet ek Latyn, Grieks of Hebreeus ken om hierdie vakke op universiteit te kan neem?

Ons begin van voor af en begelei jou stapsgewys tot en met die betowerende wêreld van antieke letterkunde. Indien jy egter Latyn op matriekvlak (of ‘n ekwivalente vlak) het, kan jy ons gerus kontak om uit te vind watter moontlikhede daar vir jou is.

Wat is Antieke Kulture?

‘n Vak wat aan studente die geleentheid bied om met die letterkunde, geskiedenis, mitologie, alledaagse lewe, gebruike, godsdiens, denke/filosofie, kuns en politiek van antieke mense – spesifiek die antieke Egiptenare, Nubiërs, Koesjiete, Grieke, Romeine, Mesopotamiërs en ander – kennis te maak. Universiteit Stellenbosch bied ongelukkig nie argeologie aan nie (verwys asseblief na ons webstuiste vir verdere inligting oor wat die Departement Antieke Studie aanbied en navors).

Kan ek ‘n graad in Antieke Studie doen?

Nee. Jy kan egter ‘n graad doen wat een of meer van ons vakke insluit. Daarna sou jy kon kies om ‘n Honneurs, MA of PhD in een van ons vakke te doen. Die BA in Taal & Kultuur laat studente toe om , Antieke Kulture en ‘n antieke taal of twee te kombineer. Raadpleeg asseblief die Fakulteit Lettere & Sosiale Wetenskappe jaarboek vir meer inligting oor graadvereistes en -keuses.

Wat kan ek met Antieke Kulture doen?

As jy ‘n BA-graad doen, word jy nie vir ‘n spesifieke loopbaan opgelei nie. Wat jy met die veelsydige vaardighede doen wat jy aangeleer het, is jou eie keuse – en die moontlikhede is legio. Antieke Kulture is ‘n uitstekende pasmaat vir verskeie vakke! Dit is weens die vele aspekte van antieke mense se lewens waarmee studente tydens hulle drie voorgraadse jare kennis maak. Ongeag of jou belangstelling by letterkunde, politiek, geskiedenis of sosiologie lê, sal Antieke Kulture jou ‘n unieke perspektief op mense en die wêreld gee. Buiten die lees (en verstaan!) van akademiese tekste en die slyp van jou eie skryf- en kritiese denkvaardighede, sluit van die vaardighede wat jy tydens jou studie aan ons departement sal bekom die volgende in:

Antieke Kulture is ‘n uitstekende pasmaat vir verskeie vakke! Dit is weens die vele aspekte van antieke mense se lewens waarmee studente tydens hulle drie voorgraadse jare kennis maak. Ongeag of jou belangstelling by letterkunde, politiek, geskiedenis of sosiologie lê, sal Antieke Kulture jou ‘n unieke perspektief op mense en die wêreld gee. Buiten die lees (en verstaan!) van akademiese tekste en die slyp van jou eie skryf- en kritiese denkvaardighede , sluit van die vaardighede wat jy tydens jou studie aan ons departement sal bekom die volgende in: 

  • die lees van verskillende, komplekse antieke tekste om hierdie tekste binne hul eie konteks te verstaan
  • die lees van antieke artefakte binne hul konteks
  • begrip van die resepsie en verdere ontwikkeling van antieke tekste en kuns, tegnologie, ens.
Wat kan ek met ‘n antieke taal doen? Waarom nie eerder ‘n moderne taal aanleer nie?

Waarom nie albei aanleer nie? Grieks en Latyn is twee voorsate van verskeie tale wat vandag gepraat word (veral die Romaanse tale soos Frans, Spaans, Italiaans, ens.)… selfs Engels en ander Germaanse tale het wortels in die antieke wêreld. Jy kan ook antieke Grieks, Bybelse Hebreeus en Latyn as geleenthede beskou om taal op ‘n manier te benader wat jou woordeskat kan uitbrei en jou moedertaal verbeter.

Afrikaans