Lettere en Sosiale Wetenskappe

Ons fakulteit bestaan uit 18 departemente. Dié departemente val in drie groepe, naamlik tale, kunste en sosiale wetenskappe. Die taaldepartemente sluit in Afrikatale, Afrikaans en Nederlands, Antieke Studie, Engels, Algemene Taalwetenskap, en Moderne Vreemde Tale. Die kunste sluit in Drama, Musiek, en Visuele Kunste, en die sosiale wetenskappe bestaan uit Geografie en Omgewingstudie, Geskiedenis, Inligtingwetenskap, Joernalistiek, Filosofie, Politieke Wetenskap, Maatskaplike Werk sowel as Sosiologie en Sosiale Antropologie. Hierdie departemente bied gesamentlik die verskillende vakke aan waaruit jou graadprogram sal bestaan. Jou vakke sal jou toerus vir die kennisekonomie en ’n werkplek wat op soek is na gegradueerdes wat oor generiese denk-, skryf- en navorsingsvaardighede beskik, in spanne kan werk en deur kritiese, betrokke burgerskap tot die samelewing kan bydra.

BA in Development and Environment: Leer meer oor hoe gemeenskappe in samewerking met die natuurlike omgewing deur middel van ekonomiese en sosio-ekonomiese ontwikkelingsprosesse werk.

BA (Music): Kombineer opleiding in musiek met die opsie om kundigheid op te doen in ’n taal, sosiale wetenskap of wiskunde en dus verskaf dit die ideale basis vir ’n loopbaan in onderwys, musiekwetenskap of musiek-joernalistiek.

BA in Law: Hierdie program lê die grondslag vir gevorderde regstudie, terwyl dit jou terselfdertyd insig in menslike gedrag en sosiale kwessies gee. Dit bied ook toegang tot die nagraadse LLB-program.

BA in Political, Philosophical and Economic Studies (PPE): Hierdie program ontwikkel jou vaardigheid in kritiese en kreatiewe denke en rus jou toe met kennis van politieke en ekonomiese stelsels. Dit is gerig op mense wat belangstel in loopbane in bestuur, die NRO- sektor, belegging-bankdienste, navorsingsinstitute, die staatsdiens, joernalistiek, politiek en die akademie.

BMus: Bied gespesialiseerde opleiding om jou voor te berei as musiekonderwyser, uitvoerende kunstenaar (solis, begeleier, orkesspeler of dirigent), musiek-tegnoloog, musikoloog en komponis.

B in Data Science: In die Geoinformatika fokusarea leer jy hoe om datawetenskap konsepte op ruimtelike data toe te pas. Met behulp van geoberekening word geo-instrumente ontwikkel om op ‘n berekende manier met geografiese data te werk, met die fokus op kode, reproduseerbaarheid en modulariteit. Geovisualisering help om ingewikkelde idees te kommunikeer omdat dit die kragtige medium van die kaart gebruik met noue integrasie met ander elektroniese multimedia.

B in Social Work: Rus jou toe as ’n professionele maatskaplike werker en stel jou in staat om by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe te registreer.

BA in Visual Arts and Design: Het ʼn wye reeds kreatiewe en opvoedkundige toepassings en berei jou voor vir beroepe in die skeppende bedrywe. Die program het drie strome, naamlik Beeldende Kunste, Visuele Kommunikasie- ontwerp, en Kreatiewe Juweliers- en Metaalontwerp. Die strome maak dit moontlik om te kwalifiseer as ‘n beeldende kunstenaar, grafiese en visuele kommunikasie-ontwerper, juweliersontwerper en juweliersvervaardiger en/of kuns- en ontwerpteoretikus. 

BA in Drama and Theatre Studies: Rus jou toe vir ’n loopbaan in die teater-, radio-, film- en TV-bedryf, as akteur, regisseur, draaiboekskrywer, tegnikus, bestuurder, resensent of navorser.

BA in the Humanities: Bied toegang tot ’n verskeidenheid loopbane deur jou te leer hoe om analities en krities te dink, lees en skryf, probleme te identifiseer, doeltreffend te kommunikeer en op veranderende sosiokulturele eise en omstandighede te reageer.

BA in Human Resource Management: Die ontwikkeling van menslike kapitaal is noodsaaklik vir ekonomiese vooruitgang. Menslike hulpbronbestuurders gebruik hulle kennis van Bedryfsielkunde (’n hoofvak) om werknemers te ontwikkel en te bestuur. 

BA in International Studies: Met opleiding in ekonomiese en politieke kwessies sowel as tale soos Frans, Duits en Chinees is hierdie program jou sleutel tot ’n opwindende loopbaan op toerismegebied, in die mediabedryf, internasionale organisasies, die sakewêreld of die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking. 

BA in Language and Culture: Berei jou voor vir taal- en kultuurverwante beroepe, wat insluit die onderwys, die uitgewers- en boekbedryf, joernalistiek en die media, die diplomatieke diens, toerisme, die vertaalbedryf en die musiek- en teaterwêreld.

x

x

x

x

Afrikaans